Huisgenoot

BILTONGEIE­RS MET SPANSPEK EN ROKET

Vir ’n vars ontbyt maak ons ’n vinnige spanspeksl­aai saam met gekookte eiers en biltong.

-

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 10 MIN.

EIERS

6-8 eiers

125 ml (½ k) biltongpoe­ier

5 ml (1 t) vars gemaalde swartpeper

2,5 ml (½ t) sout

SLAAI

1 groot of 2 kleiner spanspekke, gehalveer en ontpit

100 g vars roketblare

1 fetakaaswi­el, opsioneel

1 Eiers Plaas die eiers in ’n kastrol en bedek met water. Bring tot kookpunt en laat 3 min. (sagte eiers), 4-5 min. (middelslag-eiers) of 6-7 min. (harde eiers) stadig prut. Kraak die eiers sodra dit klaar gekook is en bedek met koue water om af te koel.

2 Meng die biltongpoe­ier, peper en sout goed en strooi op ’n bord. Dop die eiers af en rol in die biltongmen­gsel.

3 Slaai Skil en sny die spanspek soos verkies. Sprinkel die roketblare en feta (indien gebruik) oor en meng liggies. Versprei die slaai op ’n bord. Pak die biltongeie­rs tussen-in en sit dadelik voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa