Huisgenoot

ATJAR-EN-FETA-OMELETTE

Ons voeg ’n knippie bakpoeier by die eier vir ’n ligter tekstuur.

-

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 20 MIN.

OMELETTE

6 eiers

5 ml (1 t) bakpoeier

125 ml (½ k) melk

sout en vars gemaalde swartpeper

VULSEL

30 ml (2 e) botter

1 rooi-ui, in skyfies gesny

80 ml ( k) atjar

2 fetakaaswi­ele, gekrummel

VIR VOORSIT

ekstra atjar (opsioneel)

1 Omelet Klits die eiers en bakpoeier goed saam. Voeg die melk by en klits tot gemeng. Geur met die sout en vars gemaalde peper.

2 Vulsel Verhit die helfte van die botter in ’n groot kleefvrye pan. Giet die helfte van die omeletmeng­sel in die pan. Pak die helfte van die ui boop, gevolg deur die helfte van die atjar en die helfte van die fetakaas. Plaas ’n deksel op die pan en braai 5 min. oor matige hitte.

3 Vou die omelet toe en braai nog 2-3 min. of tot die eier gestol is.

4 Skep die omelet uit die pan en verdeel in 2 gelyke dele. Bak nog ’n omelet met die res van die eier en vulsel.

5 Vir voorsit Sit die omelette voor saam met die ekstra atjar (indien gebruik). (Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa