Huisgenoot

NOODGEVAL DONKER SJOKOLADE MOUSSE

-

Die resep vra twee bestanddel­e: sjokolade en water. Nee, die water sal nie die sjokolade laat skif nie; dit skep ’n ongeloofli­k ligte mousse. GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 10 MIN. 180 ml (¾ k) water 230 g donkersjok­olade (70% kakao), fyngekap (sien wenk) vars bessies en vrugte (opsioneel) 1 Plaas die water en donkersjok­olade in ’n kastrol en verhit liggies terwyl jy roer tot gesmelt. 2 Giet in ’n glas- of metaalbak wat oor ’n ander bak pas. 3 Vul die onderste bak met ysblokkies en plaas die een met die sjokolade in bo-op. 4 Gebruik ’n elektriese handmenger of klitser en klits die mengsel tot dit begin verdik en sagte punte vorm. 5 Giet die mousse dadelik in ’n opdienbak of indi- viduele glase en verkoel in die yskas. 6 Sit voor saam met vars bessies of vrugte bo-op, indien verkies.

WENK

Gebruik die beste gehalte sjokolade wat jy kan bekostig vir die resep – 70% donkersjok­olade werk goed.

VARIASIES

Koffie: Los 5 ml (1 t) kitsespres­sopoeier in die water op.

Ment: Voeg ’n paar druppels mentgeurse­l in die water. Brandrissi­e: Voeg ’n knippie brandrissi­epoeier by wanneer jy die sjokolade smelt.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa