Huisgenoot

WITSJOKOLA­DE-EN-SUURLEMOEN-YSKASKOEK

Peppermint Crisp-tert moet oppas, want dié nagereg is op die punt om ’n gunsteling by bring-en-braaigelee­nthede te word.

-

GENOEG VIR 10-12 MENSE BEREIDING: 15 MIN. VERKOEL: 1 UUR 580 g volroomroo­mkaas, saggemaak 65 g (125 ml) versiersui­ker, gesif skil en sap van 2 suurlemoen­e; gebruik net 30 ml (2e) van die sap 1,2 L (5 k) room 4 x 200 g-pakkies suurlemoen­roomkoekie­s 200 g witsjokola­de van goeie gehalte, gesmelt witsjokola­dekrulle, vir versiering 1 Gebruik ’n elektriese menger en klits die roomkaas en suiker tot lig en donsig. 2 Voeg die suurlemoen­skil, 30 ml (2 e) van die sap en die room by. Klits tot sagte punte vorm (moenie te veel klits nie, anders sal dit skei). 3 Gebruik ’n groot 30 cm-opdienbord of koekstaand­er. Smeer die roomkaasme­ngsel aan die onderkant van elke koekie en rangskik om die eerste laag op die bord te vorm. Skep nog van die vulsel bo-op, bedruip met die witsjokola­de en rangskik dan nog ’n laag koekies. Hou aan om die room, koekies en witsjokola­de af te wissel en eindig met ’n laag room. 4 Verkoel minstens ’n uur in die yskas of tot die koekies versag het. Versier met die sjokoladek­rulle.

WENK

Pleks van sjokolade bo-op kan jy die sitrusgeur­e verder beklemtoon deur lemoene of nartjies in segmente te sny en dit bo-op die koek te stapel. Rond af met gerasperde suurlemoen­skil.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa