Huisgenoot

‘ANDER VROU’ EIS ONDERHOUD

-

V My man het ’n buite-egtelike verhouding gehad waaruit ’n seun gebore is. Die ma was in daardie tyd ongetroud. Sy het later getrou en ná ’n maand geskei. Sy wou nie gehad het ons moet die kind sien nie, maar sy soek wel onderhoud. Baie vroue buit mans so uit. Het die mans dan geen sê in die saak nie? Hierdie vroue kry elke keer hul sin en die mans moet betaal. Sy het al twee ander buite-egtelike kinders by verskillen­de getroude mans gehad.

D in K A

Al wonder ’n mens oor die motiewe van ’n vrou wat by die een ná die ander getroude man swanger raak, moet die belang van die kind altyd die swaarste weeg.

Om daardie rede word mans wetlik verplig om hul kinders te onderhou, of hulle nou binne of buite die huwelik verwek is.

Indien jou man enigsins twyfel of hy die pa is, kan hy ’n vaderskaps­toets laat doen.

As julle nie geld hiervoor het nie, kan hy ’n toets by die Nasionale Gesondheid­slaborator­iumdiens ondergaan.

Skakel die Departemen­t van Gesondheid by 011-489-9470 of 021-417-9328 hieroor.

Indien hy wel die pa is, moet hy na ’n onderhouds­beampte by jul naaste landdrosho­f gaan om deur die regte kanale te bepaal hoeveel onderhoud hy vir die kind moet betaal.

Vertel die onderhouds­beampte op ’n nieveroord­elende manier van die omstandigh­ede waarin die kind grootword sodat reëlings getref kan word dat ’n welsynswer­ker in die toekoms ’n oog oor al die kinders in hierdie gesin se welstand kan hou.

Maak ook seker jy en jou man besoek jul huisdokter om vir seksueel oordraagba­re siektes getoets te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa