Huisgenoot

WIE KAN AANSOEK DOEN?

-

> Jy moet ’n Suid- Afrikaanse burger of permanente inwoner wees.

> Jy en die kind moet in Suid-Afrika woon.

> As jy nie die kind se ma of pa is nie, moet jy bewys lewer dat jy die kind se primêre versorger is.

> Jy kan ’n beëdigde verklaring deur ’n polisiebea­mpte indien; ’n verslag deur ’n maatskapli­ke werker; ’n beëdigde verklaring deur die biologiese ouer; of ’n brief deur die hoof van die kind se skool.

> Jy moenie reeds geld ontvang vanaf ’n ander bron om vir die kind te sorg nie.

> Jy moet aan die verdienste­toets voldoen (lees meer oor die verdienste­toets hiernaas).

> Daar is geen beperking op die getal kinders waarvoor jy om toelaes kan aansoek doen nie – mits jy almal van hulle se biologiese ouer is. Maar as jy nie die biologiese ouer of wettige aanneemoue­r is nie, mag jy vir hoogstens ses kinders aansoek doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa