Huisgenoot

TV-FLIEKS / 7-13 FEB

-

KYKNET SUSTERS

Komedie. Ná haar dood keer drie susters terug na hul tuisdorpie, Douglas, om hul ma se oorskot te gaan haal. Haar testament bepaal dat haar kroos haar as by hul strandhuis strooi, maar eers moet hulle saam die langpad aandurf. Met Quanita Adams en Leah.

SATERDAG 9 FEBRUARIE 20:00 & SONDAG

10 FEBRUARIE 14:30 2018. 95 MIN. O13 E.TV HOME SWEET HELL

Komedie. Don Champagne het die perfekte lewe – ’n suksesvoll­e ondernemin­g, die volmaakte vrou, kinders en huis. Maar die kaartehuis stort in duie toe sy vrou uitvind hy knyp die kat in die donker met ’ n oulike jong verkoopsme­isie. Sy doen boonop alles in haar vermoë om hul storieboek­lewe voort te sit. Met Katherine Heigl en Patrick Wilson.

SATERDAG 9 FEBRUARIE 22:35 & MAANDAG

11 FEBRUARIE 23:00 2015. 98 MIN. 16SNGT KYKNET BOESMAN, MY SEUN

Drama. Ná sy ma se dood konfrontee­r ’ n seun sy outokratie­se pa. Die konflik tussen die twee is dié van ’n pa wat gedryf word deur die oorlewing van “die volk”, terwyl sy seun anders ingestel is en teen sy verstikken­de omgewing vasskop. Met Marius Weyers en Ian Roelofs.

SONDAG 10 FEBRUARIE 20:00 2019. 73 MIN. O13GT M-NET REVOLT

Aksie. ’ n Amerikaans­e soldaat wat aan geheueverl­ies ly, word in ’n oorloggete­isterde land in ’n sel langs ’n Franse dokter aangehou. Die aarde word deur robotte uit die buitenste ruim binnegeval, maar dié twee baklei terug. Met Lee Pace, Bérénice Marlohe en Jason Flemyng.

SATERDAG 9 FEBRUARIE 21:00 2017. 87 MIN. 16GT E.TV GET HARD

Komedie. ’ n Miljoenêrs­akeman word aan bedrog skuldig bevind en tronkstraf opgelê. Die regter gee hom ’n maand om sy sake in orde te kry. Hy weet hy sal nie op sy eie in die gevangenis oorleef nie en druk dan op ’n sakeman se knoppie om hom voor te berei vir sy lewe agter tralies, al weet die sakeman niks van misdaad nie. Dié twee smee dan ’n spesiale band. Met Will Ferrell en Kevin Hart.

SONDAG 10 FEBRUARIE 20:00 2015. 100 MIN. 16T M-NET FATHER FIGURES

Komedie. Die ma van tweelingbr­oers het hulle grootgemaa­k met die idee dat hul pa dood is toe hulle jonk is. Toe hulle ontdek dis als ’ n leuen, besluit hulle om hul pa te gaan soek. Maar in die proses ontdek hulle baie oor hul ma. Met Owen Wilson en Ed Helms.

SONDAG 10 FEBRUARIE 20:05 2017. 113 MIN. 16T

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa