Huisgenoot

Serena bly'n wenner

-

SY IS dalk by die Australies­e Ope uitgeskake­l, maar Serena Williams en haar pragtige gesin het beslis die beste van hul tyd Doer Onder gemaak. Die 37-jarige het onlangs in die kwarteinds­tryd van die toernooi ’n verpletter­ende nederlaag teen Karolina Pliskova (26, foto onder) van Tsjeggië gely. Dit het verhoed dat sy haar 24ste Grand Slam-titel wen en Margaret Court (76) se rekord ewenaar.

Lojale aanhangers het die nederlaag aan ’n enkelbeser­ing toegeskryf wat hulle gemeen het deur beamptes geïgnoreer is, maar Serena het dit in die onderhoud ná die wedstryd afgemaak. “Ek dink nie dit het iets met my enkel te doen gehad nie. Ek dink net Karolina het uitstekend­e mokerhoue ingekry. Ek het ’n paar foute gemaak, maar sy het regtig baie goed gespeel,” het sy aan verslaggew­ers gesê.

Die tennisster het tyd gekry vir ontspan terwyl sy in Australië was. Sy is saam met haar man, Alexis Ohanian (35), en hul eenjarige dogter, Alexis, deur Melbourne se strate sien stap. Serena lyk beslis soos ’n wenner aan die liefdesfro­nt . . .

‘Ek’t ’n paar foute gemaak; sy het baie goed gespeel’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa