Huisgenoot

Alec pleit skuldig

-

Nadat hy eers heftig ontken het dat hy vuisgeslaa­n het oor ’n parkeerple­k, sing Alec Baldwin nou ’n ander deuntjie.

Wojciech Cieszkowsk­i (49) het die akteur van aanranding en teistering beskuldig nadat Alec hom glo in die gesig geslaan het tydens ’n rusie oor ’n parkeerple­k in Manhattan, New York.

Alec het aanvanklik die bewerings ontken en gesê dis “uiters verdraai”. Maar tydens ’n onlangse hofverskyn­ing het die ster van 30 Rock skuldig gepleit op die mindere van die twee klagtes.

Hy is voorwaarde­lik vrygelaat, wat beteken as hy weer aanjaag, word hy deur tronkstraf in die gesig gestaar. Die hof het hom ook gelas om woedebestu­ursklasse by te woon.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa