Huisgenoot

JESS EN CHANNING RAAK VRYERIG

-

Hulle het dit heel goed reggekry om die kollig te ontwyk nadat die skindersto­ries oor ’n romanse verlede Oktober die ronde begin doen het.

Maar as jy die skoot hoog deur r het, is dit moeilik om altyd diskreet eet te wees, het Jessie J en Channing g Tatum pas weer geleer.

Hulle is gesien waar hulle op ’n n sypaadjie soen en liefderik in me- ekaar se oë kyk. Kort daarna het Jessie (30) in ’n wagtende motor r gespring.

Jessie het verlede jaar tydens ’n konsert, wat Channing ook byge- - woon het, onthul sy sal dalk nooit t eendag kinders kan hê nie.

“Ek het vier jaar gelede uitgevind ek kan nooit kinders hê nie,” het sy haar aanhangers vertel.

Nou kan die sangeres, wat al voorheen vertel het sy is broeis, darem die skattige Everly, Chan- - ning se vyfjarige dogter by sy eksvrou Jenna Dewan, lekker bederf.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa