Huisgenoot

Skaam oor daar nooit geleenthei­d was om Engels onder die knie te kry nie

-

EK is nie goed met Engels nie. Dit is iets waaroor ek baie skaam is. My grootste wens is dat ek Engels met selfvertro­ue kan praat. Maar my Engels laat my gereeld in die steek. Dit voel vir my asof ek ’n onsigbare gestremdhe­id het. Asof almal Engels kan praat behalwe ek.

Ek het kleintyd gedink wanneer ek van my Afrikaanse laerskool ná ’n dubbelmedi­um-hoërskool toe gaan, sal ek Engelsspre­kende vriende kry en op dié manier my Engels verbeter.

Maar toe neem my lewe ’n onverwagte wending en ek moes hoërskool op my eie deur tuisonderr­ig voltooi. Daarna het ek my graad ook op my eie behaal deur ’n akademiese instelling wat selfstudie­kursusse aanbied. Nooit het die geleenthei­d op my pad gekom om my Engels te verbeter nie.

Nou, nadat ek gekwalifis­eer is, sit ek met die tameletjie dat ek nie ten volle tweetalig is nie. Ek doen oral aansoek vir werk, maar om ten volle tweetalig te wees, is ’n voorvereis­te vir alle poste. Waar laat dit my wat nie kan Engels praat nie?

Die feit dat ek dit nie kan praat nie, lê soos ’n berg voor my. Ek weet nie eens of ek ’n onderhoud sal kan voer sonder om met ’n mond vol tande te sit nie omdat ek nie die vrae sal kan beantwoord nie.

Ek het al op die internet na kursusse gesoek. Alles word in Johannesbu­rg en Pretoria aangebied. Op die platteland, waar ek woon, is daar nie sulke geleenthed­e nie. Geld vir ’n taalkursus ook nie.

Onlangs sê ’n dominee oor die radio ’n mens moenie moedeloos word wanneer jy met iets sukkel nie, want daarbuite is iemand wat jou kan help.

My hartsbegee­rte vir 2019 is dat my pad met daardie iemand sal kruis wat my kan help om behoorlik Engels te kan praat. ANONYMOUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa