Huisgenoot

SANGER JOE FOSTER VERLIEF EN VERLOOF

Ná ’n jare lange worsteling met sy seksualite­it het Joe homself aanvaar en liefde gevind by Ziechfried Paul, ’n onderwyser van Centurion

-

Ek is gay. Ek was in ’n “normale huwelik”. Ek het geglo dis hoe dit moet wees. Niemand verdien die wroeging waardeur jy gaan omdat jy “anders” is nie. RIAN STEYN

Joe, seëninge vir die pad vorentoe. Dit vat ’n man om te erken jy is gay. Jy het ’n blink toekoms. Stap dit in liefde saam met jou vriend. Basta met wat mense sê. GERA VAN NIEKERK

Ek het gay vriende. Hulle is ongeloofik­e mense. Die belangriks­te is om te wees wie jy is en jou nie te kwel oor wat ander mense sê en dink nie. JEANETTE FOUCHE DREYER

Mense moet ophou om mekaar te oordeel. Elke mens het die reg om te wees wie hulle wil wees. Maak nie saak wat jou ras, geloof of seksuele oriëntasie is nie. SHERÉ VENTER

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa