Huisgenoot

Ek het belangrike lesse uit my man se affair met sy kollega geleer

-

EK het onlangs uitgevind my man het ’n affair met ’n kollega gehad. Dit was nie die vrou se eerste affair nie. Sy het al voorheen verhouding­s met getroude mans gehad en kon my man elke truuk in die boek leer.

Hulle het byvoorbeel­d hul name op mekaar se selfone verander deur haar nooiensvan en die Engelse weergawe van my man se naam te gebruik.

E-pos en WhatsApps is aan die einde van elke werkdag uitgevee. Ongelukkig kon sy my man nie leer om sy gewete ook uit te wis nie.

As jou maat skielik uiters bedrywig op sy selfoon raak, geheimsinn­ig voorkom en jou nie meer vrye toegang tot hul foon gee nie, moet jy die gevaarligt­e sien flikker.

Moenie te haastig wees om te skei nie, veral as jy weet jy kon harder aan die huwelik gewerk het.

Kry berading en werk aan die haakplekke in jul huwelik.

En hou die passie in die slaapkamer vurig aan die brand.

Aan die minnares wil ek vandag baie dankie sê. My man waardeer my nou meer as ooit tevore. VROULIEF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa