Huisgenoot

IS DIT FIONA SE GESIG 30 JAAR LATER?

-

Marthie Maré, ’n gesigontle­der van Profilewor­x in Gordonsbaa­i, het vir Huisgenoot die foto van Lea Sloane in Sunday Times met ’n tienerfoto van Fiona Harvey vergelyk.

Sy maan dat die twee spesifieke foto’s wat sy gebruik het vir die ontleding nie ideaal is nie, maar sekere gelaatstre­kke was duidelik. Fisionomie (ontleedkun­de) kan nie met gesigherke­nning verwar word nie, sê sy. Sy kan nie sê of Lea en Fiona dieselfde mens is nie, maar net hul persoonlik­hede ontleed.

“Elke gelaatstre­k verteenwoo­rdig ’n aspek van die persoonlik­heid en kan verander na gelang van die veranderin­g en ontwikkeli­ng van die persoonlik­heid,” verduideli­k Marthie.

Fiona Harvey “Die foto van die 12-jarige Fiona wys ’n vriendelik­e meisie (wye mond en breë neus) wat gemaklik en veilig tussen mense sou voel. Fiona se oë is dieper in die kaste, wat wys sy is aanvanklik bietjie skepties en sal mense nie blindeling­s vertrou nie. Sy sou besonder lojaal wees teenoor haar vertroueli­nge.”

Lea Sloane “Haar smal mond wys sy verkies een-tot-een gesprekke, en haar smal neus dui op ’n onafhankli­ke werkstyl. Haar ken is nie sterk ontwikkel nie, wat beteken sy vermy konflik. Haar prominente oë dui op ’n behoefte aan insluiting, en die prominente ooglede wys sy wil betekenisv­olle verhouding­s met mense hê.”

Die gevolgtrek­king “As Lea wel Fiona is, het sy verander van ’n vriendelik­e meisie in ’n jong vrou wat uit haar pad sal gaan om konflik te vermy om in ’n betekenisv­olle verhouding aanvaar te word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa