Huisgenoot

DIE MARKLE-MODE-INVLOED

-

Haar skoonsuste­r, Kate, is nie die enigste een wat ’n groot invloed uitoefen op wat mense dra nie.

’n Paar jeans van die handelsnaa­m Outland Denim wat Meghan verlede jaar gedra het, het gesorg dat die maatskappy se verkope met ’n ongeloofli­ke 640% styg.

Dit het die eienaar, James Bartle, in staat gestel om nog 46 naaldwerks­ters aan te stel – almal vroue wat slagoffers van sekshandel en gedwonge arbeid was.

“Dis ’n groot ding om uit hul situasie te kom en die volgende oomblik jeans vir ’n prinses te maak,” het James aan People-tydskrif gesê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa