Huisgenoot

DIE GEBOORTE EN DAARNA

-

Meghan en Harry verhuis binnekort na Frogmore Cottage in Windsor, wat beteken hulle sal nie naby die koninklike­s se gunsteling­kraamsaal, die privaat Lindo-vleuel van die Sint Mary-hospitaal in Londen, wees nie.

Prinses Diana het hier aan William en Harry die lewe geskenk en Kate se drie spruite is ook hier gebore.

Dit lyk weer of Meghan dinge op haar manier wil doen. Mense in die binnekring sê “planne word beraam” dat die baba gebore kan word in Frimley Parkhospit­aal in Sussex, wat ’n “baie toeganklik­er opsie” is.

Wat die babakamer betref, beplan Meghan blykbaar ’n “genderlose” omgewing.

“In pas met die hertogin se voorliefde vir neutrale skakerings het die egpaar glo op ’n kleurskema van wit en grys besluit,” het die tydskrif Vanity Fair geskryf.

Dié twee het nie teruggehou toe hulle Frogmore Cottage laat opknap nie – die R53,8 miljoen is onder meer gebruik vir ’n joga-ateljee met ’n spesiale vloer en ekovriende­like verf wat veganistie­s, niegiftig en reukloos is.

“Hulle is so opgewonde om daar in te trek,” het ’n vriend aan Vanity Fair vertel. “Meghan is stylvol en wil die plek vol lig hê – modern maar met ’n tikkie shabbychic waarvoor sy so lief is.”

’n Splinternu­we gastevleue­l vir Meghan se ma is ook aangebring. Doria Ragland sal glo byderhand wees om die egpaar te help aanpas by ouerskap, en geen kinderoppa­sser sal nodig wees nie – in elk geval nie aan die begin nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa