Huisgenoot

Sepiester hoop karakter help ander

Hennie Jacobsb hhoop sy karakter k in 7de Laan se nuutste stryd sal ander se hart en lewe verander

- Deur CYRIL BLACKBURN Foto’s: LUBABALO LESOLLE

DIE noodlot het sy geliefde sepiekarak­ter al meer as net ’n paar keer met ’n stewige vuishou bygedam.

Hy weet van min ander karakters wat soveel katastrofe­s soos Diederik Greyling van die SABC2-sepie 7de Laan deurgemaak het, vertel die akteur Hennie Jacobs met ’n glimlag oor die rol wat hy reeds ’n dekade lank vertolk.

Diederik moes al ’n dwelmversl­awing oorkom, teen kanker veg en ’n vliegtuigo­ngeluk oorleef. Boonop het Amorey (Kristen Raath) die stomme man met ’n gebroke hart voor die kansel gelos en ou Diedie – soos sepiekyker­s goedig na die gewilde karakter verwys – het al die een liefdestel­eurstellin­g ná die ander beleef.

En net toe hy eindelik liefde in die arms van Olivia (vertolk deur Nadia Herbst) vind en tot trou kom, kom nog ’n slag: “Diederik word positief getoets vir MIV, ” verklap Hennie (38).

Van al die storielyne wat hy deur die jare heen in dié sepie vertolk het, was hy veral skrikkerig oor die jongste een, bieg hy.

“Ek was maar skepties toe ons draaiboeks­krywers aanvanklik vir my vertel wat hulle vir die karakter beplan. Ek was bang dit het ’n invloed op my kinders se lewe. Hulle is nog op laerskool, en soms is dit vir jong kinders moeilik om feit van fiksie te onderskei.

“Maar hoe meer ek oor die kwessie gedink het, hoe meer het ek besef dit is belangrik om die storie te vertel. Ons kan potensieel lewens verander, want MIV/ vigs is nie ’n doodsvonni­s nie, en jy hoef nie alleen daarmee te worstel nie.”

Sy kassiekara­kter het immers ook sy eie lewe heeltemal verander, vertel die akteur. “Hoe meer ek en Diedie saam deur sy moeilike tye wroeg, hoe meer verstaan ek waardeur mense gaan. Ek verstaan MIV/vigs beter as ooit tevore. Ek het meer meegevoel met ander; veral dié wat daagliks daarmee wroeg.

“Dis tog wat ek as akteur wil bereik – ek wil mense se harte verander. Myne inkluis.”

DIT WAS dr. Alexa Welman (vertolk deur Carina Nel) wat die skoknuus oor sy MIV-toets met Diederik gedeel het in die episode wat op 28 Januarie uitgesaai is. ’n Dag nadat die karakter met Olivia getroud is ná ’n blitsroman­se, sou die paartjie na Australië emigreer om daar ’n nuwe lewe saam te begin.

Maar toe moes Diederik mediese toetse ondergaan vir polis- en lewensvers­ekering en die skokdiagno­se is gemaak. Hier moes hy hoor hy het moontlik MIV opgedoen toe hy destyds as dwelmversl­aafde ’n besmette naald gebruik het.

Kykers is langer as ’n week aan ’n lyntjie gehou oor wat met Diederik skort. En selfs ná die nuus bekendgema­ak is, jok die karakter steeds vir geliefdes oor sy diagnose. Selfs die stomme Olivia word nog heelpad in die donker gehou.

Dís wat hom die swaarste getref het, sê

Hennie vandag in die 7de Laan-ateljee in Highlands in Johannesbu­rg: “Dit breek my hart dat die karakter dit nodig ag om daaroor te jok – veral vir sy vrou.” Tog moet hy bieg, vertel Hennie, ook sy “regte vrou”, soos hy tergend verwys na sy vrou, Marissa (42), met wie hy 10 jaar getroud is, was aanvanklik ietwat geskok. “Ons noem dit die ekskuus-oomblik – ek moes ’n tweede keer verduideli­k wat ek nou weer in die Laan gaan deurmaak,” sê hy en grinnik.

Maar die impak van dié storielyn op hul eie lewe was verreikend.

“Ek het elke dag tydens die verfilming van die eerste tonele meer en meer besef watter uitwerking so ’ n diagnose op iemand se lewe het. En daarmee saam hoe belangrik dit is om jou nie van ander te vervreem nie.

“Hierdie soort ding gebeur regtig. Ons vertolk nou wel fiksie, maar MIV/vigs is ’n werklikhei­d en ’n regte uitdaging vir baie mense. Êrens sit iemand wat ook alleen hierdeur wroeg, en dis belangrik dat hulle vandag weet daar is hoop. Altyd.”

Sy aanvanklik­e vrese om hierdie “ingewikkel­de storielyn” te vertolk het soos mis voor die son verdwyn, sê die akteur. Tog het hy en Marissa ’n afspraak met hul kinders, Tali (6) en Nua (9), se skoolhoof gemaak en verduideli­k hulle is bekommerd dat die kinders geboelie kan word weens die karakter wat hy vertolk. Dit was eintlik nie nodig nie, want die skool het ’n geenboelie­beleid: Hulle wou net seker maak die personeel hou ’n ogie.

“Die 7de Laan-span is wonderlik; ons is baie geheg aan mekaar. Die hoofdraaib­oekskrywer, Hanli Rolfes, en haar span, asook die ander akteurs en almal wat by die sepie betrokke is, het baie sorgsaam met die storielyn omgegaan. Dis nie asof iemand eendag sê jy moet iets doen sonder dat jy ’n keuse daarin het nie.

“Ek het veilig gevoel omdat die draaiboeks­krywers deeglike navorsing gedoen het om die storie empaties én feitelik korrek te vertel. Maar dit was ook vir my belangrik dat my kinders verstaan dis steeds net ’n storie.”

Hanli sê die span 7de Laan-skrywers probeer om stories te vertel wat dramaties en relevant is: “Dit was beslis tyd om ’n storie te vertel oor hierdie siektetoes­tand wat so ’n groot invloed op die wêreld het.

“Ons was opgewonde toe ons besef ons kan dié geleenthei­d gebruik om die stigma rondom MIV af te breek en ons kykers werklik op te voed. Dis hartseer maar waar dat sommige mense steeds glo hulle kan danksy hul ouderdom, geslag, ras of seksuele oriëntasie nie vigs kry nie – en dis nie waar nie.”

Die span skrywers het onder meer saam met dr. Sindisiwe van Zyl, MIV-spesialis, gewerk om die feite agtermekaa­r te kry. En Hanli is vol lof vir Hennie se vertolking: “Elke toneel is met toewyding, insig en hart aangepak. Ek reken hy moet bekroon word vir dié werk.”

Hennie erken dié storielyn waarvoor hy eers so skrikkerig was, het hom nou as akteur heeltemal verander.

“In die verlede het ek talle uitdagende storielyne vertolk. En ja, dis vir enige akteur opwindend, en hierdie een was vir my ’n besonder wonderlike uitdaging.

“Maar geen ander storie het my al voorheen so lank bygebly nie; niks het my al soveel introspeks­ie laat doen en my so verander nie. Ja, ek is meer empaties as voorheen, maar ek het ook besef hoe veroordele­nd ons as mense kan wees – en watter ongeloofli­ke negatiewe invloed dit eindelik het op die persoon wat die kruis moet dra.

“Ek het in my lewe al verskeie kere die uitdrukkin­g ‘be kind to one another’ gehoor, maar nou verstaan ek dit ten volle.”

HENNIE sien uit daarna om kykers se terugvoer oor die skoksepiew­ending te hoor. En ja, hy verwag ook kommentaar van ’n paar suurknolle . . . “Dis dalk nie wat mense wil sien wanneer hulle die kassie aanskakel nie. Maar ons moes aan ’n manier dink om dié belangrike storie te vertel. Ek dink ons het dit reggekry deur kykers uit hul gemaksone te haal terwyl hulle steeds veilig in hul eie huis is,” vertel hy.

Oor die toekomspla­nne vir Diederik in die Laan wil hy nie nou veel uitwei nie. Ja, die karakter sal sy lewe lank met die siektetoes­tand moet leef, en hy wat Hennie is, het nog geen planne om die Laan te verlaat nie.

Die akteur, wat ook ’n sanger is en in teaterstuk­ke soos Manne en Stomp te sien was, dink ’n oomblik na voor hy sê: “Watter wonderlike plek is dit nie, dié bedryf waarin ek is. Ons kan die verhoog, die televisie en selfs musiek gebruik om ’n invloed op mense se lewe uit te oefen. Ek hoop dis presies wat met die jongste storielyn gebeur.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Hennie en sy vrou, Marissa, is 10 jaar getroud en het twee dogters, Nua en Tali. REGS: Sy jongste rol in die Laan sal sekerlik die grootste impak nog hê – en boonop hopelik kykers inlig oor kwessies soos MIV/vigs.
BO: Hennie en sy vrou, Marissa, is 10 jaar getroud en het twee dogters, Nua en Tali. REGS: Sy jongste rol in die Laan sal sekerlik die grootste impak nog hê – en boonop hopelik kykers inlig oor kwessies soos MIV/vigs.
 ?? FACEBOOK/7DE LAAN ?? HOOFFOTO: Ja H Jacobs se karakter MIV is in onlangs 7de Laan, by Hennie Diederik rik, gediagnose­er. LINKS: Die karakters Di Diederik (Hennie) en Olivia (Nadia He Herbst) kort ná Diederik die diagnose ge gekry het.
FACEBOOK/7DE LAAN HOOFFOTO: Ja H Jacobs se karakter MIV is in onlangs 7de Laan, by Hennie Diederik rik, gediagnose­er. LINKS: Die karakters Di Diederik (Hennie) en Olivia (Nadia He Herbst) kort ná Diederik die diagnose ge gekry het.
 ?? DINO CODEVILLA ??
DINO CODEVILLA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa