Huisgenoot

Riana Nel deel raad op The Voice SA

Riana Nel is een van die afrigters in The Voice SA, waarin sy deelnemers raad gee

- Deur MARISA FOCKEMA Foto: WILLEM BOTHA

SY IS een van ons gewildste sangeresse, en haar albums is elke keer ’ n wegholsuks­es. Maar nie so lank gelede nie was Riana Nel net ’ n hoopvolle tiener met groot drome oor ’n blink loopbaan in die musiekbedr­yf.

Juis daarom weet sy hoe deelnemers aan die TV-werklikhei­dsreeks The Voice South Africa voel aan wie se talent sy as ’n nuwe afrigter in die derde seisoen gaan help slyp.

Riana ( 37) het self 19 jaar gelede danksy ’n soortgelyk­e kompetisie haar eerste treë op die pad na roem gegee.

“Ek het vir die ATKV- Crescendok­ompetisie ingeskryf,” vertel sy oor die destydse kompetisie vir opkomende Afrikaanse sangers en liedjieskr­ywers. “Ek was 16 toe ek die eerste keer deelgeneem het.”

Nadat sy drie jaar agtereenvo­lgens ingeskryf het, het Riana (toe 19) in 2000 met die louere weggestap. Daarna het sy uit haar tuisstad, Windhoek in Namibië, na Pretoria getrek om vir haar ’n pad in die musiekbedr­yf oop te kap.

“Crescendo het vir my verskeie geleenthed­e gegee: ’n albumkontr­ak, ’n musiektoer saam met die gospelsang­er Louis Brittz wat my op Pasella raakgesien het, my eerste musiekvide­o,” onthou sy.

“Ja, ’n mens kou harde bene, maar jy leer baie en bou verhouding­s met musikante in die bedryf. Daarom is The Voice vir my so ’n goeie platform,” gesels sy in ’n koffiekroe­g in Pretoria-Oos.

Sy is ’n Namibiese boorling sonder geite – iemand wat graag oor haar geloof en waardes praat, maar vandag gesels sy veral oor hoe geesdrifti­g sy oor die afrigting voel.

“Ek is nie skaam om te deel wat ek geleer het en in my loopbaan toepas nie,” sê sy, en haar groen oë blink.

“Ek is verstom oor die talent in die land,” vertel sy oor The Voice, waarvoor die sogenaamde “blinde oudisies” reeds opgeneem is. Dit behels dat die vier afrigters met hul rug na die deelnemers sit en dan hul stoel omdraai wanneer een se sang hulle so beïndruk dat hulle hom of haar graag wil afrig.

“Jy draai om vir iemand wat jy dink soos Ruhan du Toit van Touch of Class moet lyk en dan is dit hierdie pragtige diva van soulmusiek. Of jy draai om, want jy dink dis ’n souldiva en dan is dit ’n jong outjie van Centurion. Mense hoor so dikwels met hul oë, en dis eintlik baie hartseer,” sê die aantreklik­e donkerkop.

Wat is die hoofboodsk­ap wat sy aan die aspirantsa­ngers wil oordra?

“Maak seker jy weet wie jy is. En begin nou al aan jou eie liedjies skryf sodat jy in jou eie skoene kan staan.”

Sy voeg by: “As jou hart op die regte plek is, en jy’s gewillig om te leer, kan jy die wêreld verower.”

DIT is presies wat Riana stil-stil reggekry het. Toe sy op 19 die kans kry om haar musiekdroo­m na te streef, was dit ’n “groot voorreg”, maar ook ’n “groot aanpassing”, vertel sy.

“Ek was my skoollewe lank in een laerskool, een hoërskool, en ons het regdeur my grootwordj­are in dieselfde huis in Windhoek gebly.

“Ons het nie eens ’n snelweg daar gehad nie. Ek onthou nog hoe ek met

my Toyota Conquest, wat ek met my kompetisie­prysgeld gekoop het, op die N1 van Pretoria na Johannesbu­rg gery het om by my suster (die sangeres Nianell) te gaan kuier. Ek het so hard aan die stuurwiel geklou dat my kneukels skoon wit was.”

Binne drie jaar het sy drie gospelalbu­ms uitgereik. Wanneer sy vandag aan die moeilike beginjare terugdink, was dit soos die titelsnit van haar eerste kommersiël­e album: Die Moeite Werd. Daarmee het Riana die musiektone­el in 2011 met mening getref toe dit dubbele platinumst­atus bereik. Meer as 120 000 eenhede daarvan is verkoop.

Sy het al pryse ingeryg, soos twee Samas in 2015 vir haar tweede sekulêre album, Die Regte Tyd, as die topverkope­ralbum van die jaar en beste Afrikaanse popalbum. Tog is die suksesvoll­e sangeres steeds net so gretig soos The Voice se deelnemers om meer te leer.

“Ek drink self elke woord in wat die ander afrigters sê,” vertel sy oor die rocker Francois van Coke, die rapper en albumverva­ardiger Riky Rick en die sangeres Lira (sien kassie hierby).

Weg van die TV-kameras en die opnameatel­jee is Riana die ma van twee seuns, Tristian (amper 3) en Sebastian (17 maande).

“Ek sal bedags tot so tweeuur werk dat dit bars en dan sal ek tyd saam met my seuns deurbring,” vertel sy van haar vol program. “Ek is baie bevoorreg met twee ongeloofli­ke vroue wat bedags in die huis en met my kinders help.”

Sy is ook dankbaar vir die steun van haar man, Cornel de Beer, ’n sagtewarei­ngenieur. “Ons is ’n goeie span. Hy onthou alles. Hy vergeet nie woorde soos wat soms met my gebeur nie.

“Ek onthou nog hoe ek met my eerste Afrikaans Is Groot-konsert gesukkel het met al die liedjies se woorde. Hy het langs die verhoog gestaan en die woorde saam gefluister om my te help.” Is hul kinders musikaal soos hul ma? “Sebastian is lief vir musiek. Ek dink ’n kitaar- of tromspeler skuil dalk in hom. Ek noem hom my Ed Sheeran,” vertel sy oor haar jongste wat haar met sy blou oë en rooi hare aan dié Britse sanger herinner.

Tussen hom en sy ouboet, Tristian, is ’n hegte band. “Gister by ’n speelpark het hy Sebastian se hand gevat, en dit het gelyk of hy hom teen die wêreld wil beskerm,” vertel die trotse ma.

In elk van haar lewensfase­s, eers enkellopen­d, toe getroud en nou ’n ma, het haar musiek saam met haar gegroei.

“Met my volgende album probeer ek terugbewee­g na wie ek regtig is. Daar is meer rock ’n roll- en kitaarklan­ke,” sê sy oor Sterker, wat na verwagting in April uitgereik word.

Kyk Riana vandag op haar loopbaan terug, wens sy tog sy het ’n paar dinge daar aan die begin al gewee geweet.

“Ek sou minder bang wou wees,” sê sy. “Ek dink ek het soms ingetoë voorgekom omdat ek bekommerd was oor ’n optrede. Ek sou meer aandag gegee het aan die plekke waar ek opgetree het. Ek sou gedoen het wat ek in my hart voel, soos om vir daardie tannie Marie op Standerton ’n bossie blomme te stuur sodat sy kan weet hoe lekker dit vir my was om daar te sing.

“En ek sou vroeër wou geleer het om minder om te gee oor wat mense van my dink. Ek is nog nie 100% daar nie, maar met die grootword raak dit beter.”

BThe Voice SA se derde seisoen word van 3 Februarie Sondae om 17:30 op M-Net (kanaal 101 op DStv) uitgesaai.

 ??  ?? Ná byna twee dekades in die bedryf is Riana Nel nou in The Voice South Africa ’n afrigter vir dié wat ’n pad in die musiekbedr­yf wil stap.
Ná byna twee dekades in die bedryf is Riana Nel nou in The Voice South Africa ’n afrigter vir dié wat ’n pad in die musiekbedr­yf wil stap.
 ?? VERSKAF ??
VERSKAF
 ?? VERSKAF ?? LI LINKS: Drie van di die afrigters van die nuwe seisoen van The Voice South Africa is die rocker Francois van Coke, Riana en die sangeres Lira. NA NAASLINKS: Riana en Francois op die bek bekende rooi stoele. Deelnemers lê ’n “bli “blinde oudisie” af; dus kyk die afrigters nie na hulle wan wanneer hulle sing nie – hulle luister net na die stem.
VERSKAF LI LINKS: Drie van di die afrigters van die nuwe seisoen van The Voice South Africa is die rocker Francois van Coke, Riana en die sangeres Lira. NA NAASLINKS: Riana en Francois op die bek bekende rooi stoele. Deelnemers lê ’n “bli “blinde oudisie” af; dus kyk die afrigters nie na hulle wan wanneer hulle sing nie – hulle luister net na die stem.
 ??  ?? Riana en haar man, Cornel de Beer, is al ses jaar getroud. Hy werk as ’n sagtewarei­ngenieur, maar onthou al die lirieke van haar liedjies, sê sy.
Riana en haar man, Cornel de Beer, is al ses jaar getroud. Hy werk as ’n sagtewarei­ngenieur, maar onthou al die lirieke van haar liedjies, sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa