Huisgenoot

Koolhidrat­e noodsaakli­k vir lang lewe

Koolhidrat­e het onlangs ’n slegte naam gekry, maar navorsing wys hierdie veselryke kosgroep is noodsaakli­k vir goeie gesondheid en ’n lang lewe

- Deur KIM ABRAHAMS

BROOD, pasta, ontbytgraa­nkos . . . Dis mos alles sleg vir jou, of hoe? Dis koolhidrat­e – wat beteken dit maak vet, en dán word jy boonop aan ’ n rits lewensbedr­eigende siektes blootgeste­l. Jy moet dit dus soos die pes vermy en jou liewer aan proteïene en groen groentes versadig eet.

So glo voorstande­rs van min-koolhidraa­tdiëte al jare lank, maar nou het navorsing baie van hierdie opvattings verkeerd bewys.

In ’n ondersoek wat in opdrag van die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie gedoen en onlangs gepublisee­r is, is gevind dat vesel die sleutel tot goeie gesondheid en ’n langer lewe is.

Deur meer vesel te eet kan jy jou risiko vir hartsiekte­s en ’n vroeë dood verminder, het navorsers onder leiding van prof. Jim Mann van die Universite­it van Otago in Nieu- Seeland gevind. Daardie vesel kom in die einste volgraanon­tbytkosse, pasta en brood voor wat baie mense so vermy.

Uit die ondersoek blyk dit sterftes aan alle oorsake het met 15 tot 30% afgeneem by deelnemers aan die studie wat die meeste vesel geëet het. Die gevaar om koronêre hartsiekte­s, beroerte, tipe 2-diabetes en ingewandsk­anker te kry het met 16 tot 24% afgeneem.

“Ons het hier baie sterk bewyse dat ’n hoëveseldi­eet, wat vir die meeste mense betreklik baie koolhidrat­e bevat, ’n beskermend­e uitwerking het,” sê Jim oor hul navorsing. “Lyers aan ’n wye reeks siektes soos diabetes, kardiovask­ulêre siektes en kanker vind baat by ’n dieet ryk aan koolhidrat­e.”

Maar dit beteken nie dat ons nou na hartelus aan koolhidrat­e kan weglê nie. Hier kyk ons wat ’n gesonde, veselryke dieet alles behels.

WAT IS VESEL?

Vesel, ook bekend as rustof, is daardie deel van plantaardi­ge kosse wat nie in die verterings­proses afgebreek word nie.

Daar is twee soorte vesel – onoplosbaa­r en oplosbaar – en jy het albei nodige om uit ’n veselryke dieet voordeel te trek. Onoplosbar­e vesel kom in sade en vrugte- en groenteski­lle voor, en in volkoringb­rood en bruinrys. Dié vesel behou sy vorm terwyl dit deur jou spysverter­ingstelsel beweeg en bied vastigheid om ander kosse deur jou liggaam te help beweeg.

Oplosbare vesel word in kosse soos hawermout, neute, bone, appels en bloubessie­s aangetref. Dit absorbeer water in jou spysverter­ingstelsel en swel op om ’n jelagtige stof te vorm.

DIE VOORDELE VAN VESEL

Vesel help gesonde dermbewegi­ngs aan deur jou stoelgang te versag en die grootte en gewig daarvan te verhoog, sê Lerato Radebe, woordvoerd­er vir die Vereniging vir Dieetkunde in Suid- Afrika. “’n Dikker stoelgang is makliker om uit te werp en verminder die gevaar van hardlywigh­eid.” Vesel help ook jou dermkanaal gesond hou. Swak bakteriese gesondheid in die dermkanaal word verbind met toestande soos diabetes, hartsiekte­s, vetsug, kankers van die ingewande, inflammato­riese dermsiekte­s soos ulseratiew­e kolitis, aller-

gieë en selfs depressie, sê Lerato.

Vesel kan ook jou bloedsuike­r help beheer, en dis goeie nuus vir mense met diabetes. “Vesel help die omskakelin­g van koolhidrat­e tot suiker vertraag en keer daardeur dat die bloedsuike­rvlak skielik die hoogte inskiet,” sê Lauren Moore, ’n geregistre­erde dieetkundi­ge van Kaapstad. Skerp stygings in bloedsuike­rvlakke kan ’n slegte invloed op jou eetlus hê en veroorsaak dat jy jou later ooreet. Dit kan tot inflammasi­e in die liggaam lei, sê sy.

’n Veseltekor­t kan probleme soos opgeblasen­heid, winderighe­id en selfs diarree meebring. “As jy nie genoeg vesel inkry nie, word kos nie so maklik verteer nie, en dit kan intestinal­e probleme veroorsaak,” sê Gabrielle Lasker, ’n dieetkundi­ge van Kaapstad.

Ander gevolge van ’n veseltekor­t is skommeling­s in die bloedsuike­rvlakke (wat jou gewig kan laat aansit), dieetverwa­nte naarheid en moegheid, lae HDL- cholestero­l (wat as die goeie cholestero­l beskou word) en hoë trigliseri­edvlakke (wat met lewer- en pankreaspr­obleme verbind word).

HOEVEEL HET EK NODIG?

’n Volwassene moet tussen 25 en 30 g vesel per dag as deel van ’n gesonde en gebalansee­rde dieet inneem.

“As jy meer vars en onverwerkt­e kosse soos vars vrugte en groente by jou dieet voeg, sal jy outomaties jou veselinnam­e verhoog,” sê Lauren.

Jy moet ook genoeg water drink, sê sy. “As jy jou veselinnam­e te vinnig verhoog sonder dat jy genoeg vloeistof inneem, kan jy newe-effekte soos opgeblasen­heid en hardlywigh­eid ervaar.”

WAT MOET EK EET?

Eet meer volgraanko­sse; hoe minder verwerk dit is, hoe beter. Kies byvoorbeel­d bruinbrood of bruinrys pleks van witbrood en witrys. Beproef ander volgrane soos quinoa, gort, amarant, sorghum, bokwiet, farro en manna. Eet waar moontlik jou vrugte en groente met skil en al. Eet vrugte en groente rou, of kook groente wat jy moeilik rou kan eet so kort as moontlik. Eet genoeg peulgewass­e, soos boontjies, droë ertjies en lensies. As jy steeds voel jy kry nie genoeg vesel in nie, beveel Lerato aan dat jy ’n veselaanvu­lling gebruik, wat by gesondheid­swinkels en apteke te kry is. “Psilliumve­sel is van die beste,” is haar raad.

MEER MEE VESEL VIR MIN GELD

Daar is talle maklike en goedkoop maniere om vesel by jou dieet in te sluit, sê Lerato. Sy beveel minstens een vleisvrye dag per week aan wanneer jy vleis met groente vervang of ten minste jou vleisgereg­te met boontjies of lensies rek. Lauren stem saam. “Bone is fantasties en bekostigba­ar. Voeg dit by jou soppe, bredies, oondgeregt­e en kerries om maaltye te rek en die veselinhou­d te verhoog.” Ander wenke om meer vesel in te kry is om suiker met fyngedrukt­e piesang of appelsous te vervang en jou eie springmiel­ies as peuselhapp­ie te maak, sê Lerato.

 ??  ??
 ??  ?? VESELPORSI­ES ’n Koppiegroo­tteporsie slaai of ’n halwe koppie gaar groente bevat rofweg 2 g vesel.
VESELPORSI­ES ’n Koppiegroo­tteporsie slaai of ’n halwe koppie gaar groente bevat rofweg 2 g vesel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa