Huisgenoot

So lyk Meghan se swangerska­pstyl

Die hertogin benut elke kans om met haar babamagie te pronk – ons kyk na haar styl in dié tyd

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

SY’S op die oomblik die beroemdste swanger vrou op die planeet, en elke keer wanneer sy haar voet in die openbaar sit, word sy met valkoë deur modekenner­s, aanhangers én haters dopgehou. Meghan baai behoorlik in al die aandag en laat nie ’n geleenthei­d verbygaan om haar groeiende babamagie ten toon te stel in spogkraamd­rag wat g’n gewone mens al gesien het nie.

Ons bekyk die swangerska­pstyl van die 37-jarige hertogin wat vasbeslote is om dinge op haar manier te doen.

THE DAD MEG THE MOM, HARRY HARRY MAMMA MEG EN PAPPA

Haar man sal ’n “fantasties­e” pa wees, het Meghan tydens ’n uitstappie in Birkenhead gesê.

Die prins is heeltemal op sy gemak met kinders en speel graag met sy broer, William, se kroos: prins George (5), prinses Charlotte (3) en prins Louis (9 maande).

Nes Harry kom Meghan uit ’n gebroke huis en sal dit ’n invloed uitoefen op haar mawees, het Michelle Zelli, ’n lewensafri­gter van Londen, aan The Express gesê.

“Haar ouers se egskeiding toe sy ses was, sal beslis ’n uitwerking hê. Maar haar sterk ma stel vir haar die perfekte voorbeeld van hoe om ’n wonderlike, liefdevoll­e, aanmoedige­nde en moderne koninklike ma te wees.

“As sy dogters het, sal sy hulle ook lei om sterk, onafhankli­ke en meelewende mense te wees wat die weg vir hul generasie baan.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa