Huisgenoot

’n Sekuriteit­svrou in ’n manslewe

In ons reeks Hierdie Lewe, waarin gewone mense ’n stukkie van hul lewe deel, vertel die eienaar van ’n sekuriteit­sfirma van haar lewe in ’n manswêreld

- Soos vertel aan JOANIE BERGH

‘ EK IS ’n vrou in ’n manswêreld. Baie mans het ’n issue daarmee. Ek bestuur die afgelope drie jaar my eie firma waar sowat 60 mense onder my werk. My span het respek vir my en ek het respek vir hulle. Hulle het nie ’n probleem daarmee dat ek ’n vrou is nie. Sommige mans voel ek hoort nie in hierdie bedryf nie, maar dan is daar dié wat sê hulle het nooit gedink ek sal dit doen nie.

Ek is voor in die tou wanneer daar moeilikhei­d is. Ek sal my kop deur draadheini­ngs druk en oor mure klim as daar inbrekers is. Ek het al inbrekers gejaag tot ek hulle inhaal.

Ek is nie ’n bang persoon nie, maar gee my ’n spinnekop of ’n slang en ek hardloop weg.

Ek werk al agt jaar lank in die sekuriteit­swêreld. Ek het by ’n ander maatskappy begin.

Ek was so vier jaar daar. Ek het nog aansoek gedoen vir ’n adminpos. Ek het pas my meisiekind gekry en was ’n ruk by die huis, toe sê ’n vriend van my die sekuriteit­splek soek ’n sekretares­se. Ek het gedink dit is nie in my lyn nie, maar ek was my lewe lank in sales, so kom ons probeer dit.

Ek het daar ingestap en die ou het vir my gesê: ‘Ek het nie tyd om jou te sien nie; jy is aangestel.’

Die maatskappy was pas gestig, en toe die eerste oproep kom van ’n ou wat ’n alarm wou hê, vra die ou wie sal uitgaan en die alarm gaan doen. Ek sê toe ek sal. Ek het niks geweet van alarms nie.

Ek het gegaan en ’n alarm aan ’n ou verkoop. Dit was ons eerste kontrak. Dis wat gebeur het. Van daar af kon hulle my nie stop nie.

Alarms is soos enige ding daarbuite wat jy moet verkoop – dis vir my maklik. Maar as jy my in ’n skoonheids­alon sit, sal ek seker in ’n panic ingaan.

Die sekuriteit­sfirma is my eie besigheid. My pa source die wagte en help my baie. So vier jaar gelede het ek hom net eendag gebel en gesê ek kan dit beter doen. Ek kon in daardie stadium alles doen: Ek kon mense source vir wagte en het saam met ouens in die karre gewerk en na tonele gegaan.

En toe drie jaar gelede het ons ons deure oopgemaak.

Ek was self al ’n victim of crime. My ouers het destyds Saddles gehad, en daar was ’n aand toe almal in die restaurant ge- gunpoint was. Ek was op hoërskool en was ’n waiter. Ses ouens het met gewere in die restaurant ingeloop en ons aangehou. Dit was ná 10 op ’n Sondagaand.

Die volgende oomblik kyk ek in die loop van ’n vuurwapen vas. Dit was my eerste ontmoeting met misdaad; ek het gevaar nie in daardie stadium geken nie. Dit was ’n hele storie. Die waiters moes op die grond lê, en kinders en mense het geskree.

Hulle het al die geld gevat én die mense se juweliersw­are. Hulle het toe uitge- hardloop en weggejaag. Die polisie het van hulle gevang.

Nooit het ek gedink ek sal my eie besigheid hê nie.

Soos wat ek lyk, dink jy ek sal in sekuriteit wees? Alles wat ek doen, doen ek in hoëhakskoe­ne. Jy sien my nie sommer in tekkies nie. Ek glo dit is hoe ek gemaklik is, en as ek nou anderste moet gaan aantrek, gaan ek die volgende dag heeltemal uit plek uit voel.

Selfs as ek na ongeluksto­nele moet gaan, gaan ek steeds met my hakke. Ek sal langs die medic op my knieë sit met my pink heels aan. Al my skoene lyk dieselfde; dit is net in verskillen­de kleure. As mense by my huis inkom, sien hulle hoe dit so in ’n ry staan.

Ná skool het ek fashion design geswot. Ek wou so graag ’n fashion buyer word. My droom was om die hele wêreld te travel. Maar dis moeilik om in die fashion

industry in te kom. Wat kon ek doen? Toe gaan werk ek maar vir my pa se

auction- huis. Daar het ek geleer om so vinnig te praat soos ek nou doen. Ons is groot op familie. Toe ons Saddles gehad het, was dit ’n familiebes­igheid. Almal het daar gewerk. My pa was by die grill, my ma by die till en ek en my suster het ge- waiter.

Ek het my droom van fashion design toe maar eenkant gesit, en my skoene is al wat ek daarvan oorhet. My huis self het nege kameras buite. Ek kan als sien wat in my straat aangaan. Ek is Big Brother se suster, want ek kan als sien.

Ek het dit nie net gedoen vir my eie veiligheid nie. Hoe adverteer enigiemand hul ondernemin­g? Hoe gaan ’n ou van Ford sy besigheid adverteer? Hy gaan ’n Ford ry.

Maar my foon kan nie vir ’n oomblik af wees nie. Ek is so paranoid. Ek glo die dag as ek my foon afsit, gaan iemand my nodig hê en hulle sal my nie in die hande kan kry nie. Ek voel ek sal iemand in nood teleurstel. Daar is soveel mense wat op my staatmaak.

Mense bel ons vir allerhande goed. As hulle lewe in gevaar is, as hulle geiser gebreek het of as iemand byvoorbeel­d verstik of ’n hartaanval kry.

Daar is goeie en slegte tye. Soos die tannie wat seizure op seizure gekry het en haarself nie kon help nie. Ons het uitgegaan en haar hospitaal toe geneem. Dan ná die tyd kry jy ’n boodskap van die familie wat sê as dit nie vir jou was nie, het sy dit nie gemaak nie. Daar is hartseer dele ook. As jy iemand moet gaan soek wat vermis is, en jy kry hulle nie. Soos die 16-jarige seun wat weggeraak het. Dae later kry ons toe sy lyk. Sulke dinge bly by jou. Ek het ’n groot ding oor die veiligheid van mense, want ek is ’n single mamma.

My dogtertjie is ses jaar oud. Ons twee saam is moeilikhei­d. Ek noem haar ook moeilikhei­d. Ons is altyd game vir fun. Ek is haar superhero. Sy sê vir haar maatjies: ‘My ma het ’n gun; het jou ma een?’ Sy is ’n regte go-getter.

Ek kan relate met vroue en kinders. Ek sê altyd vir mans wat ek oor ’n alarm gaan sien: Ek is nie hier vir jou nie, ek is s hier om jou vrou en kinders te beskerm. .

Ek dink soos ’n vrou en ’n ma dink.

CARLA LOURENS (34), EIENAAR VAN ’N SEKURITEIT­SMAATSKAPP­Y

 ??  ?? Carla Lourens het drie jaar gelede haar eie ondernemin­g begin in die sekuriteit­sbedryf nadat sy haar modeontwer­pdrome laat vaar het.
Carla Lourens het drie jaar gelede haar eie ondernemin­g begin in die sekuriteit­sbedryf nadat sy haar modeontwer­pdrome laat vaar het.
 ??  ?? As jy my in ’n skoonheids­alon sit, sal ek seker in ’n panic ingaan, sê Carla.
As jy my in ’n skoonheids­alon sit, sal ek seker in ’n panic ingaan, sê Carla.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa