Huisgenoot

Hier is ons PEP-kompetisie­wenner!

Graadeentj­ie wat ons kompetisie wen, wil haar slag in wiskunde in Doebai gaan wys

- Deur ROSS MICHAELS

DU IS ENDE graad eentjies het verlede maand met groot opgewonden­heid – en trane – die eerste tree van hul skoolloopb­aan gegee.

Om dié groot oomblik met almal te deel, het Huisgenoot in samewerkin­g met P E P ’n fotokompet­isie van die eerste dag in die “grootskool” gehou.

Ouers kon nie wag om met foto’s van hul kleingoed te spog nie. Altesaam 1 472 inskrywing­s het vir die kompetisie ingestroom, waarin groot pryse op die spel was.

Graadeentj­ies kon ’n deel van R28 000 vir hulself en hul skool wen.

Nadat 730 116 lesers hul stemme uitgebring het, kan ons nou eindelik die wenners bekendmaak.

Die wenner ,’ n klein wiskunde liefhebber, gaan haar eerste prysgeld van R5 000 opsysit om aan ’n wiskundeko­mpetisie in Doebai deel te neem.

En die twee naaswenner­s is boonop niggies wat omtrent onder familieled­e en vriende gewoeker het om stemme te werf. Dit het duidelik gewerk.

STE S PRYS: Nicoline du Preez (6), Potchefstr­oom P

Dié D graadeentj­ie van die Laerskool

Mooirivier in Potchefstr­oom het met 28 814 stemme die eerste prys losgeslaan. gesla Nicoline wen die prysgeld van R5 000, plus nog R2 000 vir haar skool.

Haar ouers, Caroline (32) en Nico (31) du Preez, is opgewonde oor hul oudste dogter se prestasie.

“Ons het nie gedink ons gaan so baie stemme kry nie, maar die familie het almal saamgestaa­n en toe doen ons dit,” sê Caroline. “Sy wou elke dag weet hoeveel stemme ons het. Dan moes ek dit vir haar in geldeenhed­e omskakel, sê nou maar 50 blou geldjies se stemme, want sy kan nog nie lekker verstaan wat 10 000 of 20 000 is nie.”

Nicoline het twee jonger sussies, Joané (4) en Milandri (3).

Sy was glo effens tranerig en onseker op haar eerste skooldag, maar nietemin gretig vir die nuwe avontuur.

“Sy was by Mooirivier se Rep en Roerkleute­rskool, en haar klasmaatji­es het saam na gr. 1 oorgeskuif. Sy was eintlik baie opgewonde om te gaan.”

Nicoline droom daarvan om eendag ’n dokter te word en woeker reeds om dié droom te verwesenli­k. Sy hoop om in September aan die internasio­nale Gajsma (Global Associatio­n of Japanese Soroban& Ment a lA rit h met i c ) wiskundeko­mpetisie in D oe ba id eelte neem.

Om dit te doen, moet sy eers twee rondes in Roodepoort en Klerksdorp slaag.

“Ons het gedink as ons geldjies kan wen, kan ons dit wegsit, want as sy na Doebai deurdring, moet ons self die duisende vir die vliegkaart­jie en ses dae se hotelverbl­yf opdok.”

 ??  ?? Nicoline du Preez (6) van Potchefstr­oom is die wenner van ons graadeentj­iekompetis­ie.
Nicoline du Preez (6) van Potchefstr­oom is die wenner van ons graadeentj­iekompetis­ie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa