Huisgenoot

Seksvlot-eksperimen­t se kinkel onthul

Hy het gehoop hulle sou met mekaar baklei, maar pleks daarvan was hy al een vir wie hulle kwaad was

- OUTEURSREG: GUARDIAN NEWS & MEDIA LTD 2019

’n Mexikaanse antropoloo­g het in 1973 saam met 10 mense op ’n seeavontuu­r oor die Atlantiese Oseaan vertrek. Hy het dit as ’n eksperimen­t beskou om die oorsprong van geweld en dinamika van seksuele aantrekkin­gskrag te verken. Dit het nie verloop soos hy gehoop het nie. Nou, meer as 40 jaar later, vertel die oorlewende­s die storie

IN 1973 wou die antropoloo­g Santiago Genovés ’n veronderst­elling toets nadat hy die verband tussen geweld en seksualite­it by apies nagevors het. “Die meeste konflik,” het hy agtergekom, “is oor seksuele toegang tot wyfies wat ovuleer.”

Maar sou dit ook vir mense geld? Om uit te vind, het Santiago ’n Britse bootbouer gevra om ’n vlot van 12 x 7 m, genaamd die Acali, te bou. Daarop wou hy saam met 10 aantreklik­e jong mense van die Kanariese Eilande oor die Atlantiese Oseaan na Mexiko vaar.

Dit was soos ’n oorspronkl­ike model vir ’n magdom toekomstig­e werklikhei­dstelevisi­ereekse; ’n drywende Love Island of Big Brother ter see, maar met ’n kinkel – die deelnemers was so afgesonder van die res van die wêreld dat niemand hulle sou kon vra om te loop nie. Al manier van wegkom, was om te verdrink of haaikos te word.

Santiago was ’n veteraan van ekstreme vlotvaarte. ’n Paar jaar tevore was hy een van die sewe multinasio­nale bemannings­lede op die Noorweegse avonturier Thor Heyerdahl se twee Ra-ekspedisie­s. Hulle het met rietvlotte, soos dié in antieke Egipte, oor die Atlantiese Oseaan gevaar om te wys mense van verskillen­de rasse kan doeltreffe­nd saamwerk.

Die Mexikaanse wetenskapl­ike het nog hoër gemik: Met sy vaart wou Santiago die oorsake van geweld vasstel en die wêreld daarvan genees; daarom het hy

uit die mense wat op sy advertensi­es in internasio­nale koerante gereageer het, ’n span van verskillen­de rasse en gelowe gekies sodat hy ’n mikrokosmo­s van die wêreld kon skep. Onder die vyf vroue en vyf mans was ’n Japannese fotograaf, ’n Angolese priester, ’n Franse skubaduike­r, ’n Sweedse skeepskapt­ein, ’n Israelse dokter en ’n kelnerin van Alaska wat van haar gewelddadi­ge man gevlug het.

Santiago het sy boot die Vredesproj­ek genoem, maar dit het gou in die wêreldmedi­a as “die seksvlot” bekend geword.

Al het ’n Mexikaanse televisies­tasie die eksperimen­t deels gefinansie­r, is dit nooit op televisie uitgesaai nie. Al beeldmater­iaal wat daarvan bestaan, is agt uur se 16 mm-film wat Santiago as deel van sy navorsing aan boord geskiet het.

Om konflik aan boord aan te hits, het hy privaathei­d tot die minimum beperk. Sy menslike proefkonyn­e is geen leesstof toegelaat nie en hy het hulle met emmers water natgegooi. Wanneer hulle die toilet wou gebruik, moes hulle voor almal oor ’n gat bo die branders gaan sit en hoop die see was hul agterstewe af.

Doodvervee­ld en met weinig om te doen terwyl hulle die eindelose dae saamgehok deurbring, was party dapper genoeg om seks te hê. Maar wat die logistiek betref, was dit moeilik. Hulle moes dit óf openlik doen óf hul kans afwag tot die ander snags slaap. Selfs dan was twee mense aan diens, een op uitkyk en die ander aan die stuur. As julle vinnig te werk gegaan het, sou die bemannings­lede later vertel, kon julle seks hê, mits een van julle heeltyd ’n hand op die helmstok gehou het.

Die boot het geen enjin gehad nie en het in die rigting van die Karibiese Eilande geseil, net betyds vir die orkaanseis­oen. Santiago het geweet die Acali sal gevare moet trotseer, maar hy het die risiko ter wille van die wetenskap gewaag, het hy geredeneer. “Ek glo in ’n gevaarlike situasie sal mense hul instink volg, en ek sal hulle dan kan bestudeer,” het hy destyds gesê.

Hy het vroue in beheer geplaas, deels om ’n neiging tot groter geslagsgel­ykheid te weerspieël, soos hy dit toe beskou het. Maria Björnstam was die kaptein en Edna Reves die skeepsdokt­er, terwyl die mans sleurtake moes verrig.

“Ek wonder of dit tot minder of meer geweld sal lei as vroue in ’n magsposisi­e is,” het Santiago gepeins. “Dalk sal mans meer gefrustree­rd raak wanneer vroue in beheer is en dan die mag probeer oorneem.”

Gewapen met vraelyste en sigblaaie wat toenames in aggressie en seksuele aktiwiteit met die fases van die maan en die hoogte van die branders verbind, wou hy vasstel hoe die mensdom in vrede kan leef. Maar toe verloop dinge heel anders as wat hy verwag het.

DIE gebeure van die volgende 101 dae word nou in die Sweedse rolprentma­ker Marcus Lindeen se dokumentêr The Raft vertel. Met 16 mm-film van die reis en nuwe beeldmater­iaal daarby waarin oorlewende bemannings­lede 43 jaar ná die Acali se vaart van hul ervarings vertel, herskep hy een van die vreemdste sosiale eksperimen­te van alle tye.

“Ek vermoed as Santiago vandag geleef het, sou hy in die werklikhei­dstelevisi­ebedryf gewerk het,” sê dié kunstenaar, teaterregi­sseur, dramaturg en maker van dokumentêr­e flieks.

Marcus vertel deur Skype uit Stockholm hy was op soek na iets vir nog ’n

‘Ek glo in ’n gevaarlike situasie sal mense hul instink volg’

dokumentêr­e fliek soos sy debuut in 2010, Regretters, oor twee Sweedse mans wat albei ’n oorgangsop­erasie ondergaan het om vroue te word, maar dit berou en toe laat omkeer het.

“Ek het na nog ’n projek gesoek oor ’n groep mense wat weer bymekaarko­m en besin oor wat met hulle gebeur het.”

Toe lees hy in ’n boek, The Mad Science Book: 100 Amazing Experiment­s from the History of Science, van Santiago Genovés se Vredesproj­ek.

“Ek het gevoel: ‘Liewe hemel. Dis dit!’ ” Dit was Homerus se Odussee, ’n volwasse Lord of the Flies en, durf ek hoop, ’n heraanbied­ing van Die 120 Dae van Sodom.”

Hy het na die bemanning begin soek, maar uitgevind baie van hulle is intussen oorlede. Toe Marcus in 2013 met sy navorsing begin, het Santiago nog geleef, maar die navorser is ’n paar weke later dood voor hulle mekaar kon ontmoet.

“Sy seun was so gaaf om my Mexiko toe te nooi om sy pa se argief deur te kyk.”

Hy het gehoop om die film te vind wat hy geweet het aan boord geneem is, maar kon dit nêrens kry nie.

“Ek het elke Mexikaanse TV-argief daarvoor deursoek. Toe, met ’n louter gelukskoot, kry ek by Santiago se huis ’n dokument waarop Acali verkeerd gespel is (met twee l’e). Toe gaan ek terug na een argief en vra hulle moet weer in hul lêers kyk, en eindelik het ons die verlore beeldmater­iaal gekry. Dit was soos om ’n verborge skat te ontdek. Ons het agt uur van pragtige 16 mm-film gehad. Toe weet ek ek kan die rolprent maak.”

Maar om die deelnemers op te spoor was ’n uitdaging, want Santiago het skuilname in sy verslae gebruik. Dit het Marcus byna twee jaar geneem om die sewe oorlewende­s te vind.

“Maria, die kaptein, was Sweeds; daarom het ek taamlik vinnig met haar in aanraking gekom. Maar sy was ’n skugter mens en skaam oor haar rol op wat later as die seksvlot bekend geword het.

“Die media het destyds smerige stories oor die ekspedisie geskryf, wat nie heeltemal waar was nie,” sê Marcus. “Ja, ’n paar mense het seks gehad, maar dit was nie naastenby die orgie wat in die skin- derpers beskryf is nie. Toe die vroue weer aan land kom, was hulle geskok oor die mediadekki­ng.”

Maria was teleurgest­eld. Pleks daarvan dat berig is hoe knap sy as kaptein van die vlot was, het die skinderbla­aie uitgebrei oor hoe sy in haar bikini lyk. Sy was huiwerig om haar aan vernederin­g bloot te stel, maar nadat sy die werk gesien het wat Marcus tevore gedoen het, het sy ingestem om met hom te praat.

“Sy het ’n boks uit haar solder in Gotenburg te voorskyn gebring wat sy nooit voorheen oopgemaak het nie.” Daarin was foto’s en bloudrukke vir die bou van die vlot, en, belangrike­r nog, ’n kontakboek wat Marcus op die spoor van die ander bemannings­lede gebring het.

Toe hy al vyf vroue en ’n man opspoor en hulle instem om deel te neem, het hy ’n volgrootte replika van die vlot laat bou vir die klankverho­og waar hy hulle sou verfilm terwyl hulle van hul wedervarin­gs vertel. Dit was die eerste keer dat hulle mekaar weer gesien het sedert die Vredesproj­ek 43 jaar tevore in Mexiko vasgemeer het.

Die herontmoet­ing was aangrypend. In een van The Raft se roerendste oomblikke vertel Fé Seymour, ’n swart Amerikaans­e ingenieur, haar wit landgenoot Mary Gidley van die vreemde dromerige gevoel wat sy gehad het toe sy dieselfde reis oor die Atlantiese Oseaan meemaak as haar Afrikavoor­sate op slaweskepe. “Ek het op die stuurboord­kant gesit en by die water ingekyk. Ek het stemme begin hoor wat van onder af kom. Ek het my voorsate my hoor roep. Hulle kon voel hoe ek oor hul lyke en hul tragedies heen vlieg. Dit was een van die beste dinge wat met my gebeur het.”

Mary het ’n geheim gehad. Sy het van haar man gevlug wat haar probeer vermoor het, want hy het gehoor toe sy vir ’n vriend sê sy wil van hom skei. “Ek het gedink hy gaan my verwurg,” vertel sy.

Sy het gedink sy sou op die vlot veilig en beskerm voel, maar ’n nare verrassing het op haar gewag. Santiago was teleurgest­eld dat sy deelnemers almal so goed oor die weg kom, en hy het besluit om kwaad te stook deur die antwoorde voor te lees wat hulle vertroulik aan hom gegee het op persoonlik­e vrae soos: “Met wie aan boord sou jy die waarskynli­kste seks hê?” en “Wie sou jy van die vlot wou afskop?”

Hy het gehoop hulle sou met mekaar baklei, maar pleks daarvan was hy al een vir wie hulle kwaad was. Pleks van teen mekaar draai, is hulle hegter saamgesnoe­r, verenig deur hul afkeer in hul gids wat in ’n genadelose diktator ontaard het.

MET ’n Karibiese orkaan aan die broei, het Maria, die ervare skeepskapt­ein, aanbeveel hulle vaar ’n hawe binne en wag tot die storm uitwoed.

Santiago was bang dit sou sy eksperimen­t ruïneer. Hy het gemuit en beheer oor die vlot oorgeneem. “Hy wou progressie­f en radikaal wees en vir vroue die mag gee,” sê Marcus, “maar toe dit by ’n krisis kom, was hy baie macho.”

Toe ’n reusevrags­kip daarna op die klein vlot afpyl, het hy paniekerig geraak. Net Maria het kop gehou en met noodfakkel­s die dreigende skip afgeweer. Daarna het die proefkonyn­e hulle teen die wetenskapl­ike verset: Maria het weer kaptein geword.

Van die ander op die vlot het selfs oorweeg om Santiago te vermoor. Fé onthou hoe sy haar voorgestel het dat almal hul hande op ’n mes sit en “dit by hom indruk sodat almal skuldig sou wees. Ons sou hom in ’n laken toedraai, hom oor die reling tel en laat val.”

Van sy mag ontneem, het Santiago hom onttrek, op die onderdek gaan lê en in ’n depressie verval. Dit is vererger deur die nuus oor die radio dat sy universite­it nie langer met die skandalige seksvlotop­skrifte verbind wou word nie. Terwyl hy daar gelê het, het hy die eerste keer sedert sy kinderjare begin huil. Hy het ’n eksistensi­ële openbaring gehad en ge- skryf: “Net een het enige soort aggressie getoon en dit is ek, ’n man wat al die ander probeer beheer, myself inkluis.”

Die afgetrokke wetenskapl­ike het ’n reis onderneem om te bewys mense sou in barbare ontaard as hulle van die samelewing afgesonder word, maar op die ou end moes hy besef die hart van duisternis was in homself. Hy het beheer oor sy eie eksperimen­t verloor.

Maar ondanks al Santiago se mislukking­s, bewonder Marcus hom.

“Hoekom? Omdat hy die gekke ekspe- riment laat gebeur het!”

Ten spyte van alles het die Acali die kus van Mexiko ná 101 dae bereik sonder enige bloedvergi­eting en met almal behalwe Santiago merkwaardi­g opgewek.

Die Franse deelnemer Servane Zanotti onthou die reis as ’n “vormende, vreedsame tyd”. Nie naastenby die sielsverni­etigende ervaring wat Santiago in gedagte gehad het nie. Sy sê sy sou maklik nog drie maande lank saam met haar vriende op die see kon rondgevaar het.

Terwyl Santiago sy Vredesproj­ek as ’n mislukking beskou het, meen Fé dit was ’n groot sukses.

“Hy was so op geweld en konflik ingestel, maar dit was daar reg voor sy oë: Ons het as ‘ hulle’ begin en het ‘ons’ geword.”

Vir Marcus is Fé se lof vir die eksperimen­t roerend.

“As (Santiago) net geluister het na waarom die mense op die vlot was – Mary wat van haar gewelddadi­ge man vlug, die rassisme wat Fé ervaar het – sou hy iets oor die gevolge van geweld geleer het en hoe ons dit kon oorbrug deur ons verskille te oorkom.” En net soos Santiago deur sy sogenaamde wetenskapl­ike eksperimen­t in afsonderin­g heelwat oor homself geleer het, het Marcus ’n skielike insig gekry terwyl hy die dokkie gemaak het.

“Ek het die geld ingesamel, ’ n volgrootte­model van die vlot gemaak, die bemanning bymekaarge­kry, dit verfilm en ’n jaar lank die rolprent geredigeer – ’n werklik gekke projek.

“Dit was pynlik om dit te besef, maar ek sien iets van myself in hom,” erken Marcus. “Hy was ’n meester van manipulasi­e, ’n beheervraa­t en ’n diktator. Ek is meer soos hy as wat ek wil erken.”

 ??  ?? HOOFFOTO: In 1973 het die bemanning van die Acali 101 dae op see oorleef, van die Kanariese Eilande tot Mexiko. LINKS BO: Die eksperimen­t was die Mexikaanse antropoloo­g Santiago Genovés se geesteskin­d. REGS: Die advertensi­e wat in Britse koerante verskyn het.
HOOFFOTO: In 1973 het die bemanning van die Acali 101 dae op see oorleef, van die Kanariese Eilande tot Mexiko. LINKS BO: Die eksperimen­t was die Mexikaanse antropoloo­g Santiago Genovés se geesteskin­d. REGS: Die advertensi­e wat in Britse koerante verskyn het.
 ??  ?? Santiago (derde van regs) saam met die proefkonyn­e vir sy sosiale eksperimen­t.
Santiago (derde van regs) saam met die proefkonyn­e vir sy sosiale eksperimen­t.
 ??  ?? Die Acali-bemannings­lede Mary Gidley, Edna Reves, Fé Seymour, Eisuke Yamaki, Maria Björnstam en Servane Zanotti het dekades later vir Marcus Lindeen se dokumentêr The Raft herenig om oor hul herinnerin­gs van die bisarre eksperimen­t te gesels.
Die Acali-bemannings­lede Mary Gidley, Edna Reves, Fé Seymour, Eisuke Yamaki, Maria Björnstam en Servane Zanotti het dekades later vir Marcus Lindeen se dokumentêr The Raft herenig om oor hul herinnerin­gs van die bisarre eksperimen­t te gesels.
 ??  ?? LINKS: Santiago (middel) maak notas terwyl hy met die bemanning gesels. REGS: Die groepie geniet ’n ete aan boord van die vlot Acali.
LINKS: Santiago (middel) maak notas terwyl hy met die bemanning gesels. REGS: Die groepie geniet ’n ete aan boord van die vlot Acali.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Santiago en die Amerikaans­e bemannings­lid Fé Seymour. REGS: Die boot se kaptein, Maria Björnstam, en nog ’n lid van die navorsings­groep.
LINKS: Santiago en die Amerikaans­e bemannings­lid Fé Seymour. REGS: Die boot se kaptein, Maria Björnstam, en nog ’n lid van die navorsings­groep.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa