Huisgenoot

Aktrise vind vrede op klein dorpie

Op ’ n klein dorpie het Tinarie van Wyk Loots vrede gevind en kan sy saans na die sterre kyk

- Deur MARISA FOCKEMA Foto’s: JACQUES STANDER

MET ’n doodsdreig­ement wat soos ’ n swaard bo haar kop hang, vlug die ondersoeke­nde joernalis Annabel in die kykNET- dramareeks Dwaalster uit Kaapstad na haar tuisdorp in die Karoo. En in die werklike lewe bevind Tinarie van Wyk Loots, wat dié rol speel, haar ook ver van die stadsliggi­es.

Maar anders as haar TV-karakter, wat vir haar lewe vrees nadat sy ’n storie oor ’n korrupte minister oopgekrap het, is die donkerkopa­ktrise nie aan die weghardloo­p nie.

Hier op Riebeek-Kasteel in die Swartland, waar sy vier jaar gelede kom nesskop het, kan sy haar haar hande in die grond druk, rustig raak en vreugde vind in die eenvoud van doodgewone dinge soos die hoenders wat in haar tuin skrop.

“Toe my ma siek word, het ek opnuut besef hoe belangrik dit is om ’n plekkie te hê waar jy in die tuin kan sit, tee drink en net kan wees – hoe belangrik dit is om ’n huis te hê en hoe helend ’n gesonde ruimte om jou is. Ek huil sommer nou,” sê sy en haar bruin oë blink met ’n nattigheid oor haar ma, Ansie Loots, se dood in 2013 weens kolonkanke­r.

“Verskillen­de mense het verskillen­de maniere om dinge te verwerk, en vir my is dit terapeutie­s om te bou en met my hande te werk.” En dit is wat sy hier kom doen het. “Ek het die plaveiklip in die tuin met my eie twee hande gelê,” sê sy trots.

Die rakke, kaste en toonbanke in die kombuis het sy saam met haar stiefpa, Gerrit Loots, uit houtkratte van ’n sapfabriek in Ceres gebou. “Ek het dit self geskuur en met vernis afgewerk,” vertel Tinarie (38) waar ons om ’n tafel onder ’n boom in haar tuin sit en koffie drink.

Om haar lê die katte Ethel, Evette, Snoop en Mia, luilekker in die middagson. Drie hoenders, Spikkels, Meraai en Amelia, pik op die erf rond. Voëls tjirp en sonbesies roep in die middaghitt­e.

Terwyl Tinarie in die twee jaar voor haar ma se dood by haar in Stellenbos­ch gebly en haar help versorg het, het hulle “soveel spesiale tyd” saam in die tuin deurgebrin­g. “Sy wou so graag hê ek moet ’n plekkie van my eie kry,” onthou sy.

En nou het haar ma se droom vir haar hier op ’n lappie aarde in Riebeek-Kasteel waar geword . . .

TOE sy ná haar ma se dood in Kaapstad begin huis soek, het ’n eie tuin na ’n onmoontlik­e droom gelyk. Toe ry sy een middag dié dorpie binne met sy wynlande en kerktoring wat bo die dorp uittroon.

Terwyl sy rondkyk, beland sy op die stoep van’ n eiendoms agentskap. V oorsy haar oë kon uitvee, het sy ’n erf op die dorp gekoop.

Haar stiefbroer Arno Loots, ’n argitek, het die huisplan opgestel. “Ek het dit met al my idees vervorm,” vertel Tinarie. Van oraloor het sy boumateria­al en meubels daarvoor begin versamel. “Die huis se deure en vensters kom van ’n ou hotel wat in 2007 gesloop is; die banke was in my grootwordh­uis; die trap het ek in ’n pottebakke­r se agterplaas op Kleinmond gekry,” vertel sy.

Ook die rakke loop oor van nostalgie: ’n ou teepot wat haar ouma en oupa aan moederskan­t, Tienie en Berrie Havenga, nog as trougesken­k gekry het, ’n gemmerbroo­dman-ornament van oupa Diek en ouma Marie van Wyk . . .

Hier weg van die stadsligte kan Tinarie met haar teleskoop ook haar liefde vir sterrekyk uitleef. In haar slaapkamer is ’n ou geraamde sterrekaar­t wat sy as 11-jarige met haar sakgeld gekoop het.

“My oupa Berrie was ’n skoolhoof en aardryksku­nde onderwyser en het my baie oor die sterre geleer,” vertel Tinarie. “Wanneer ek voel ek is op ’n moeilike

plek in my lewe, kyk ek net op na die e sterre om myself te herinner hoe ongeloofli­k groot die heelal is en hoe klein alle ander dinge in vergelykin­g daarmee is.” .” Sy’t juis verlede jaar “’n seer en pynlike e tyd” beleef toe haar en die akteur Erik k Holm se paaie ná ’n verlowing van twee e jaar skei.

Erik, wat die sakemagnaa­t Rian Mal- lherbe in die kykNET-sepie Binnelande­rs s gespeel het, is ’n kwadruplee­g sedert hy y 11 jaar gelede by ’n dam ingeduik en sy y nek gebreek het. Sy en Tinarie se romanse het in 2014 begin toe hulle verliefdes in die bekroonde toneelstuk Dogma gespeel het. Die verbrokkel­ing van hul l verhouding wil sy privaat hou, sê Tinarie, e, “om ons albei te beskerm”.

Nes sy word die inwoners van Maanhaardr­if, die fiktiewe Karoodorp waar Dwaalster afspeel, geboei deur die sterre en bekyk hulle die naghemel ywerig.

“Dit was nogal uitdagend om Annabel te speel, want dis nie maklik om haar persoonlik­heid te lees nie,” sê Tinarie. “Sy wil die mense om haar beskerm en daarom hou sy haar gevoelens terug.”

In dié reeks speel Tinarie weer teenoor Jacques Bessenger, wat in die kykNETregs­drama Fynskrif die rol van haar karakter, Lara, se man vertolk het. Dié keer is ihh hy haar jeugliefde, j li fd Stian, Sti wat t uit itK Kanada teruggekee­r het om sy oorlede pa se dokterspra­ktyk op die dorp oor te neem. “Dis was lekker om op ’n ander manier teenoor mekaar te speel,” sê Tinarie. “In Fynskrif het Jaco en Lara ’n soliede huwelik, maar in Dwaalster deel Annabel en Stian hul kinderjare en ’n geskiedeni­s wat op ’n manier traumaties is.

“Ek geniet Lara verskrikli­k omdat sy so ’n teenpool van my is,” sê Tinarie oor haar karakter. “Lara praat net wanneer dit nodig is en dra wit klere, maar niks bly vir lank wit aan my nie,” voeg sy laggend by. by Daarvoor is sy te lief om in gemaklik like klere in haar tuin te werskaf.

Dis danksy haar oorlede ma dat die to toneelgogg­a Tinarie vroeg-vroeg gebyt he het. In haar kinderjare in Port Elizabeth be was sy teruggetro­kke, en haar ma het he haar dramalesse laat neem om haar ha uit haar dop te help kruip. Daarna was wa daar geen keer aan haar nie.

“Ek “het op hoërskool die wonderliks­te Engelsonde­rwysers gehad wat my liefde lie vir Shakespear­e aangevuur het.”

N Ná matriek het sy aan die Universite­it Stellenbos­ch Ste drama gaan studeer. Haar eerste eer profession­ele rol was in die e.tvsepie sep Backstage, en kykers sal haar veral ver as Beulah in Vallei van Sluiers onthou. th Maar wanneer sy op haar loopbaan terugkyk, staan haar teaterwerk – waarvoor sy al verskeie kere bekroon is – vir haar uit.

Tinarie het aan die einde van verlede jaar ook haar debuut as regisseur gemaak met die toneelstuk Swerfgoed. Dis in Maart op die Woordfees in Stellenbos­ch op die planke. En in April is sy terug voor die TV-kameras wanneer die verfilming van die tweede en derde seisoen van Fynskrif begin.

Met so ’n bedrywige jaar wat voorlê, het sy aan die einde van verlede jaar vir die eerste keer in 10 jaar met vakansie gegaan – na Japan, Kanada en Doebai.

Juis omdat vakansies in die toneelbedr­yf ’n seldsame verskynsel is, wou sy ’n huis hê waar sy oor naweke ’n vakansiege­voel kan kry. “Wanneer vriende by my kom kuier, kry hulle dieselfde gevoel,” sê Tinarie van haar tuiste ver van die stadsgewoe­l. “Dit voel altyd hier soos daardie tyd tussen Kersfees en Nuwejaar.”

Dwaalster word op Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

 ??  ?? Die aktrise Tinarie van Wyk Loots woon die afgelope vier jaar op die Wes-Kaapse dorpie RiebeekKas­teel.
Die aktrise Tinarie van Wyk Loots woon die afgelope vier jaar op die Wes-Kaapse dorpie RiebeekKas­teel.
 ??  ??
 ??  ?? Tinarie as die ondersoeke­nde joernalis Annabel in die kykNET-reeks Dwaalster. In die werklike lewe bevind sy haar ook ver van die stadsliggi­es. KYKNET
Tinarie as die ondersoeke­nde joernalis Annabel in die kykNET-reeks Dwaalster. In die werklike lewe bevind sy haar ook ver van die stadsliggi­es. KYKNET
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die natuurlike swembad het sy eie ekosisteem en huisves twee goudvisse, Bronwyn en George. NAASLINKS: Die rakke, kaste en toonbanke in die kombuis is uit houtkratte gebou. INLAS: ’n Ou sterrekaar­t in haar slaapkamer.
LINKS: Die natuurlike swembad het sy eie ekosisteem en huisves twee goudvisse, Bronwyn en George. NAASLINKS: Die rakke, kaste en toonbanke in die kombuis is uit houtkratte gebou. INLAS: ’n Ou sterrekaar­t in haar slaapkamer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa