Huisgenoot

Ontbyt met ’n plaaslike kinkel

Ons span bestanddel­e in wat buitelande­rs dalk nie ken nie vir lipleklekk­er oggendkos

- Resepte en stilering: ESTHER MALAN Foto’s: JACQUES STANDER

ONTBYTSKON­S MET AMASI

Amasi gee dié skons ’n veerligte tekstuur. Rond dit af met avokado, bros spek en ’n geposjeerd­e eier vir ’n spogontbyt.

LEWER 8-12 GROOT SKONS

BEREIDING: 30 MIN.

BAK: 10-15 MIN.

SKONS

500 ml (2 k) bruismeel 5 ml (1 t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) sout 60 ml (¼ k) botter 1 eier

160 ml (²⁄₃ k) amasi

melk, om bo-oor te verf

FYN AVOKADO

2 avokado’s

2 stingeluie, gekap

15 ml (1 e) suurlemoen­sap sout

VIR VOORSIT

brosgebraa­ide spek

geposjeerd­e eiers

Voorverhit die oond tot 220 °C. Bestrooi ’n groot bakplaat liggies met meel.

1 Skons Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Voeg die botter by en vryf dit met jou vingerpunt­e in tot die mengsel soos growwe broodkrumm­els lyk. Maak ’n holte in die middel van die mengsel.

2 Klits die eier en amasi saam en giet in die holte van die meelmengse­l. Meng met ’n vurk tot die deeg begin saamkleef. Keer die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en druk liggies tot ’n bal vorm; moenie knie nie.

3 Rol die deeg uit tot 2 cm dik. Druk sirkels (of enige ander vorm wat jy verkies) met ’n glas of koekiedruk­ker uit en pak op die bereide bakplaat.

4 Verf die skons liggies met die melk en bak 10-15 min. of tot goudbruin, uitgerys en gaar. Haal uit die oond en pak die skons op ’n draadrak om af te koel.

5 Fyn avokado Druk die avokado’s fyn en meng die stingeluie en suurlemoen­sap deur. Geur met die sout na smaak.

6 Vir voorsit Breek die skons oop en skep van die avokado bo-op. Pak ’n paar stukkies spek en ’n geposjeerd­e eier bo-op elk en sit voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa