Huisgenoot

Help jou kind so vriende maak

Wat doen ’n mens as jou skaam kind nou nie juis die klas se sosiale vlinder is nie?

- Deur MARELIZE POTGIETER

AAN die begin van ’n nuwe jaar het ouers van veral jong kinders meer as genoeg aanpassing­s om hulle oor te kwel. Benewens die gewone akademie, sport, skoolunifo­rms en nuwe roetine, kan jou voorskools­e en laerskoolk­ind se sosiale lewe jou ook slapelose nagte besorg.

Jy wil graag hê jou kind moet maats maak en nie ’n eensame eenkantblo­edjie wees nie.

Vriendskap­pe het inderdaad die potensiaal om ’n kind se geluk en selfvertro­ue op skool en later in hul lewe te maak of breek, meen kenners.

Dit is wat Dunay, vrou van die sanger Kurt Darren, aan die vooraand van die nuwe skooljaar op die hart gehad het.

“Ek het vanaand na ons kinders gestaar terwyl hulle slaap en honderd gedagtes het deur my kop gemaal. Hoewel akademie en alles wat daarmee saamgaan baie belangrik is, maak vriendskap my vanaand emosioneel. eel. Ek het vir hul vriendskap­pe gebid,” het sy op Instagram geskryf.

Sy vertel hul oudste, Kyrah (4), het verlede jaar ’n besonder hegte band met ’n maatjie gevorm. Hulle is vanjaar in verskillen­de klasse ingedeel, en dit laat haar hart vir haar dogtertjie pyn. Kyrah het ’n jonger boetie, Kade (2).

“Ek kan nie help om te bid en te hoop dat ons kinders van jongs af hegte, opbouende vriendskap­pe sal vorm nie.”

Dunay, wat ’n meestersgr­aad in sielkunde het, sê aan Huisgenoot sy glo kinders moet leer dat om ’n goeie maat te kry, jy eers ’n goeie maat moet wees. Sy hoop om haar spruite te leer om ander vriendelik te behandel en altyd maats se gevoelens in ag te neem.

Ons het by kenners gaan uitvind wat ’n mens kan doen om jou kind by te staan as hulle sukkel om maats te maak.

HOEKOMISHO­EKOMIS VRIENDSKAP­PE BELANGRIK?

Ons het ons lewe lank verbinteni­sse met ander mense nodig vir ons welstand, sê Naomi van Wyk, ’n kliniese sielkundig­e van Stellenbos­ch.

“Vriendskap­pe gee kinders nie net vermaak en steun nie; dit skep ook vir hulle die geleenthei­d om te leer hoe jy betekenisv­ol met ander mense omgaan.”

’n Kind se portuurgro­ep is soos ’n spieël waarin hulle kan sien hoe ander hulle ervaar.

Om deur die maats aanvaar te word, moet die kind dan sosiale vaardighed­e ontwikkel, sê Ilhaam Solomons, ’n kliniese sielkundig­e van Kaapstad.

“Die kind leer so om ongemaklik­e gevoelens te verwerk, asook hoe om te gee en neem – alles lewensvaar­dighede wat nodig is vir gesonde verhouding­s in die toekoms,” sê sy.

HOE KAN JY JOU KIND HELP AS HULLE SUKKEL OM MAATS TE MAAK?

Alle vriendskap­pe begin by ’n vriendelik­e bekendstel­ling, sê Genevieve da Silva, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Bellville; daarom moet jy jou kind leer hoe om mense te groet, oogkontak te maak, hulself voor te stel en die ander mens se naam te vra.

Dit klink dalk eenvoudig, maar vir sekere kinders is dié basiese dinge moeiliker as vir ander. Vra jou skaam kind of hulle graag iemand wil bevriend en moedig hulle aan om dié maatjie gereeld te groet, langs hulle in die klas te sit en te nooi om te kom speel.

Sê ook vir jou kind om die maat te vra waarvan hulle hou of wat hulle graag doen, want dalk deel hulle ’n belangstel­ling en kan hulle dinge saam doen.

“Vaardighed­e soos om belangstel­ling in ander te toon en hoe om iemand oor hul belangstel­lings, sport en troeteldie­re uit te vra, is iets wat die gesin om die etenstafel kan oefen,” is die raad van Carina van Vuuren, opvoedkund­ige sielkundig­e van Johannesbu­rg.

As ’n kind sukkel om hulself in woorde uit te druk, kan dit ’n invloed op verhouding­s hê. Cara Blackie, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Johannesbu­rg, sê as jou kind sukkel om maats te maak, moet jy hul verbale vermoëns by ’ n spraaktera­peut laat toets. Indien hulle ’n probleem het, kan die terapeut dit behandel en ook oefeninge voorskryf wat julle by die huis kan doen. Ouers moet ook geleenthed­e buite die skoolomgew­ing skep waar kinders kan maats maak. Benewens speelafspr­ake kan jy jou kind aan sport of kultuur laat deelneem sodat hulle kinders met dieselfde belangstel­lings kan ontmoet.

WANNEER MOET JY BEKOMMERD RAAK?

As jou kind angstig en ongelukkig word oor skool toe gaan, moet jy ondersoek instel. Gesels met jou spruit, en sodra jy agterkom dis omdat hulle sukkel om maats te maak, is dit ’n goeie idee om met die onderwyser­es te praat. Sy kan die situasie dophou en jou help planne maak, sê Ilhaam.

“Praat met ander ma’s sodat jy steun kan kry sonder dat hulle inmeng.”

Wanneer jou kind psigosomat­iese simptome soos ’n seer maag, naarheid of hoofpyn toon, oon, is dit tyd om ’n n kundige se hulp in n te roep, meen Nicolette Liddell, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Kaapstad. tad.

“Skoolwerk werk wat agteruitga­an, is s ook dikwels ’n teken van ongelukkig­heid.”

WAT MOET JY DOEN AS JOU KIND MET ’N MAAT BAKLEI?

Jy as ouer kan jou kind as’t ware emosioneel afrig om konflik te hanteer, sê Cizelle Louw, ’ n kliniese sielkundig­e van Pretoria. Sy stel voor jy doen dit in vyf stappe: Let fyn op na jou kind, en vra wat pla. Op dié manier voel die kind jy as ouer sien hul ongelukkig­heid raak en probeer help. Help jou kind om name te gee vir al die emosies wat hulle voel – gevoelens soos woede, frustrasie, ongelukkig­heid of alleenheid. Normalisee­r die emosies deur aan jou kind te verduideli­k baie mense raak dikwels kwaad of voel so. Stel ’n duidelike grens en verduideli­k aan jou kind al is hulle soms hoe kwaad, moet niks of niemand seergemaak of beskadig word nie. Help jou kind om ’n plan te maak om die konflik of die probleem op te los of die beste van ’n situasie te maak. Met ’n jonger kind moet jy leiding gee en by ’n ouer kind moet jy die kind uitlok om self aan idees te dink. “Jy kan byvoorbeel­d sê: ‘Ek verstaan jy is hartseer en kwaad omdat daardie maatjie jou geskop het, maar jy sal ook onthou dat mamma vir jou verduideli­k het almal maak soms foute, selfs jy,’ ” stel Cizelle voor. “Dan moet julle saam aan ’n plan dink wat jou kind kan laat beter voel, of aan wat hulle kan doen wanneer ’ ’n n maatjie hulle weer seermaak. “Kinders moet ook leer die wêreld hanteer ons nie sagkens nie, dat spanning in sommige verhouding­s kan inkom, dat almal nie altyd net lief en vriendelik is nie en dat dit in die haak is as maats foute maak omdat dit deel van die lewe en die mens se aard is,” sê Cizelle. “En hoe gouer hulle dit besef, hoe beter.”

Vriendskap­pe kan jou kind se geluk en selfvertro­ue maak of breek

 ??  ?? Kurt Darren by sy vrou, Dunay, en hul kroos, Kyrah en Kade. Dunay bid vir goeie vriendskap­pe vir hul kinders.
Kurt Darren by sy vrou, Dunay, en hul kroos, Kyrah en Kade. Dunay bid vir goeie vriendskap­pe vir hul kinders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa