Toelaes vir enkelouers
Jy moet aan sekere vereistes voldoen
’NENKELMA wil weet hoe die staat se kinderondersteuningstoelae werk en of sy daarvoor in aanmerking kom. Ons kyk dus wie daarvoor kwalifiseer, hoe om aansoek te doen, wat jou inkomste moet wees, vir hoeveel kinders jy aansoek kan doen, watter dokumentasie benodig word en hoeveel uitbetaal word.