Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

VISSE

19 FEB – 20 MRT Die spraaksame Mercurius beweeg dié week jou teken binne, wat sake kan vergemakli­k wat met die gesproke en geskrewe woord verband hou. Dit behoort nuttig te wees, of jy nou soete woordjies in jou geliefde se oor wil fluister, met jou baas moet onderhande­l of ’n geskrewe opdrag moet uitvoer. As jy kunssinnig is, wil jy dalk die pen op papier sit en jou kreatiwite­it laat uitvloei. GELUKKIGE NOMMERS 32, 26, 7, 21, 37, 2

RAM

21 MRT – 19 APR As ’n selfgemoti­veerde Ram het jy nie aansporing nodig om die bal aan die rol te sit nie; ’n eienskap waaruit jou vriende dié week kan voordeel trek. Jou geesdrif sal aansteekli­k wees, of jy nou avonture op tou sit, projekte aan die gang kry of vuur en vlam is om jou doelwitte te bereik. Dit sal ’n wen-wensituasi­e wees, want jy sal by hul kameraderi­e baat vind. Al hou jy soms daarvan om ’n alleenlope­r te wees, is jy ook altyd bang jy loop iets mis. GELUKKIGE NOMMERS 3, 11, 51, 46, 48, 50

BUL

20 APR – 20 MEI Jy is nou in die kollig. Dit sorg vir ’n goeie week om jou ondernemin­g te bevorder, die aandag van jou base te trek of jou talente ten toon te stel. Maar dit is ook ’n tyd wanneer jou reputasie op die spel is; dus kan ’n misstap jou duur te staan kom. ’n Verskuilde swakheid kan onverwags kop uitsteek. Dit is tyd om op jou hoede te wees, anders kan ’n karakterfo­ut tot blywende skade lei. GELUKKIGE NOMMERS 8, 14, 19, 20, 41, 35

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Jou planeet, Mercurius, beweeg in jou loopbaanho­roskoop in, wat dit die regte tyd maak om jou aandag na jou beroepslew­e te verskuif. Dit is ’n gunstige tyd om jou gedagtes te laat gaan wat jou werk betref en jou netwerkvaa­rdighede te gebruik om jou plek in die samelewing te bekragtig. Jy kan verstrooid wees; waak teen te veel hooi op jou vurk. GELUKKIGE NOMMERS 34, 47, 52, 12, 33, 50

KREEF

21 JUN – 21 JUL Mercurius, die planeet van kommunikas­ie, beweeg vandeeswee­k ’n medewatert­eken binne. Dit behoort jou gemaklik te laat voel om jou gevoelens uit te druk. Jy sal nie na woorde soek wanneer jy jou griewe wil lug nie, ook nie wanneer jy ’n sensitiewe saak met jou lewensmaat moet bespreek, onderhande­lings met jou baas moet aanknoop of die kinders moet dissipline­er nie. GELUKKIGE NOMMERS 17, 16, 27, 24, 36, 4

LEEU MAAGD

S 22 JUL – 22 AUG Reis bly in die vooruitsig, of jou nou jou tasse vir ’n vakansiewe­gbreek of ’n sakereis pak. Maak nie saak of dit ter see, lug of pad is nie; dit kan ’n opwindende reis en stimuleren­de ervaring wees. Jy sal nie net vreemde plekke sien en nuwe mense ontmoet nie; jy sal ook insig kry in verskillen­de kulture. ’n Romantiese ontmoeting kan deel van die pakket wees. GELUKKIGE NOMMERS 43, 44, 52, 39, 18, 9 23 AUG – 22 SEP Mercurius, jou planeet, beweeg dié week jou liefdeshor­oskoop binne en maak die kommunikas­iekanale tussen jou en jou maat oop. Dit kan die ideale tyd wees om haakplekke in jul verhouding uit te stryk, toekomspla­nne te bespreek of ’n gesprek oor geld te voer. Terwyl dit ’n goeie tyd vir opbouende gesprekke is, moet jy probeer om nie in die strik van haarklower­y te trap nie. GELUKKIGE NOMMERS 9, 30, 42, 1, 50, 43

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Dit is ’n week om jou kreatiwite­it te laat vloei. Verskeie moontlikhe­de kan opgeweeg word, maar om in jou tuisomgewi­ng kreatief te wees, blyk ’n goeie keuse te wees. Jy wil dalk jou talente gebruik om jou leefgebied te verfraai, die tuin op te knap of ’n kunsatelje­e in te rig. Nog ’n idee is om ’n kalm hoekie te ontwerp as ’n ruimte waarna jy kan ontvlug. GELUKKIGE NOMMERS 4, 45, 6, 40, 34, 17

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Mercurius, die meester van die verstand, beweeg dié week ’n medewatert­eken binne en versterk jou waarneming­s en denkproses­se. Die gemak waarmee jy die stemming van jou omgewing waarneem, word versterk; so ook jou sesde sintuig. Dit is ’n week om uit jou insig en begrip munt te slaan, of dit nou in jou privaat lewe is of wanneer jy dit as hulpmiddel­s by die werk inspan. GELUKKIGE NOMMERS 36, 10, 25, 23, 8, 3

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Dit is ’n opwindende week wat ontspannin­gsaktiwite­ite, sportgelee­nthede en kreatiewe belangstel­lings betref. Dit pas ’n Boogskutte­r met ’n voorliefde vir avontuur. Aangesien dit ook ’n tyd is waarin jy tot ongelukke geneig kan wees, is dit raadsaam om ’n afskeephou­ding of sorgelose gewoontes te beteuel. Jou kroos kan jou aangenaam verras. GELUKKIGE NOMMERS 35, 29, 28, 5, 51, 32

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Dit kan ’n goeie week vir ’n Steenbok wees met die ambisie om hul finansiële doelwitte te bereik. Met ’n sterbelaai­de finansiële horoskoop en Venus, die planeet van aantrekkin­g, in jou teken, lyk dit of die weg gebaan is. ’n Ywerige benadering en spaarsame leefstyl is die sleutels tot sukses, of jy nou geldmaakvo­oruitsigte aantrek of gedissipli­neerde geldgewoon­tes het. GELUKKIGE NOMMERS 41, 13, 22, 15, 52, 20

 ??  ?? Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.
Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa