Huisgenoot

Hou Tarryn Wyngaard dop

’n Dubbel dosis talent! Dié aktrise e is nou te sien as ’n dowe kelnerin op rolskaatse in Dwaalster en as ’n gefolterde tienerma in Arendsvlei i

- Deur COLIN HENDRICKS

KASSIEKONI­NGIN

Ons het haar in 2016 leer ken as Alida in die kykNET-sitkom Vinkel & Koljander en ook as die meisie van ’n Kaapse bendelid in die bekroonde fliek Noem My Skollie.

Nou is dié talentvoll­e Kapenaar te sien in twee reekse waaroor dit gons – die drama Dwaalster en die telenovell­e Arendsvlei.

Dwaalster, wat onlangs op die kassie verskyn het, speel op die fiktiewe Karoodorpi­e Maanhaarsd­rif af, waar dit krioel van interessan­te inwoners wat met sterrekyk behep is. Tarryn se karakter, Gina, beweeg op rolskaatse rond. “Gina is die funky kelnerin by die Vlieënde Piering-hotel. Sy is in voeling met en baie sensitief vir die energie op die dorp,” vertel Tarryn (27). “Ek het die rol in Junie 2018 gekry. Jaco Bouwer, die regisseur, het my gekontak en gevra of ek dit wil doen. Ek kon nie nee sê nie.” Die rol van Gina was baie uitdagend, sê Tarryn. “Ek het niks van gebaretaal geweet nie.” Sy moes dit binne ’n maand leer voor hulle in Augustus verlede jaar in die Wes-Kaapse dorpies Bonnievale en Philadelph­ia en Calvinia in die Noord-Kaap begin skiet het.

Sy’t by onder andere Jabaar Mohamed, die provinsial­e direkteur van die Federasie vir Dowes in Suid-Afrika, aangeklop. “Ek kan nog nie gebaretaal vlot praat nie, maar ek kan dit goed kommunikee­r en verstaan.”

Sommige mense van die dowe gemeenskap is ongelukkig omdat sy nie regtig doof is nie en hulle op die kassie verteen- woordig, sê sy. “Ek het baie hulp gehad van verskillen­de mense uit die gemeenskap, en ek hoop hulle sal van Gina hou. Ons het saamgeskep en -gelag – en taal was nie ’n hindernis nie.” Sy kon voor die rol glad nie rolskaats nie. “Ek moes leer. Ek het vir lesse gegaan saam met Cape Town Rollergirl­s.” Om heeldag op rolskaatse te wees was beslis die deel van haar rol wat Tarryn die meeste geniet het, maar dit was ook ’n groot uitdaging.

Die meeste van haar tonele is in Bonnievale verfilm, maar sy het vanweë haar besige rooster nie baie tyd gehad om die dorp te verken nie. “Maar mense het lekker vir my gelag wanneer ek elke oggend op en af in Hoofstraat gerolskaat­s het,” spot sy.

Hoewel sy en Gina, wat baie cool en retro aantrek, nie ’n modesin deel nie, is sy en Tarryn in een aspek dieselfde: “Sy is misterieus – ’n woord wat mense al gebruik het om my te beskryf.”

VANN BLEEKSIEL TOT STER

Die toneelspee­lgogga het haar op 13

gebyt, het dié oudmatriku­lant van die Hoërskool Westerford in Kaapstad al vertel. “Ek was altyd passievol oor kuns,” vertel Tarryn, wat al gebieg het sy was ietwat van ’n nerd op skool. “Ek het ballet gedoen en musiek geneem,” sê sy. Nadat sy in 2009 gematrikul­eer het, het sy drama aan die Universite­it van Kaapstad studeer. Nou is sy terug op die skoolbanke as die tienerma Ilke in die kykNET & kie-telenovell­e Arendsvlei. Ilke woon by haar ouma. Ná haar dogtertjie se geboorte dwing haar ouma haar om weer skool toe te gaan, maar sy’s traag om terug te keer omdat sy geboelie word. Tarryn se Vinkel & Koljanderm­edesterre Sherman Pharo en Celeste CelesteMat­the Matthews is ook saam met haar in Arendsvlei te sien as Thys en sy ma, Aunty Gertie, wat onderskeid­elik hoof en onderhoof van die Hoërskool Arendsvlei is.

Die grootste uitdaging van die rol was om “die fisieke aspekte van swangerska­p uit te beeld soos hoe die liggaam verander,” sê Tarryn. Op skool was sy, anders as Ilke, voorbeeldi­g. “Ek was ’n prefek. Dit was nie so intens soos in die Hoërskool Arendsvlei nie, maar ek het ook struikelbl­okke gehad. Om ’n tiener te wees is uitdagend, veral as jy soos Ilke is waar die ma en pa afwesig is. Ek dink dis belangrik om jou tienerlewe te geniet, goed of sleg, maar jy moet sterk wees, aan jou drome klou en seker maak dit word bewaarheid.”

TARRYN TUIS

Die aktrise het in Crawford in die suidelike voorstede van Kaapstad grootgewor­d, maar woon deesdae in die Kaapse middestad.

“Ons is drie kinders,” vertel sy. “Ek het ’n ouer boeta wat in IT werk en ’n jonger sussie wat aan die Universite­it van Kaapstad studeer. My pa is afgetree en my ma werk vir die departemen­t justisie.” Haar gesin verkies om uit die kollig te bly.

“In my vrye tyd doen ek joga of ek leer hoe om te programmee­r. Ek is gefassinee­r deur tegnologie.” KYKNET | DWAALSTER DINSDAE OM 20:00 KYKNET & KIE | ARENDSVLEI MAANDAE TOT WOENSDAE OM 20:00

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Tarryn Wyngaard vertolk die rol van Gina, ’n dowe kelnerin, in die dramareeks Dwaalster. r. REGS: Tarryn as Ilke en Euodia Samson as haar ouma Hazel in ’n toneel uit die telenovell­e Arendsvlei. .
HOOFFOTO: Tarryn Wyngaard vertolk die rol van Gina, ’n dowe kelnerin, in die dramareeks Dwaalster. r. REGS: Tarryn as Ilke en Euodia Samson as haar ouma Hazel in ’n toneel uit die telenovell­e Arendsvlei. .
 ??  ?? BO: BO Dwaalster se rolverdeli­ng (van links): Erica Wessels, Jarrid Geduld, Jacques Bessenger, Tinarie van Wyk Loots, Terence Bridgett, Albert Maritz en Tarryn Wyngaard. LINKS: Die karakters Randall (Jarrid) en Gina (Tarryn) in die Vlieënde Pieringhot­el waar Gina as kelnerin werk. LINKS ONDER: Die mense op Bonnievale het dit geniet om Tarryn op rolskaatse in Hoofstraat te sien.
BO: BO Dwaalster se rolverdeli­ng (van links): Erica Wessels, Jarrid Geduld, Jacques Bessenger, Tinarie van Wyk Loots, Terence Bridgett, Albert Maritz en Tarryn Wyngaard. LINKS: Die karakters Randall (Jarrid) en Gina (Tarryn) in die Vlieënde Pieringhot­el waar Gina as kelnerin werk. LINKS ONDER: Die mense op Bonnievale het dit geniet om Tarryn op rolskaatse in Hoofstraat te sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa