Huisgenoot

Rita Ora is ouer en wyser op haar tweede album

Die Britse sangeres is ouer, wyser en het meer selfvertro­ue op haar langverwag­te tweede album, Phoenix

- BRONNE: PEOPLE.COM, NYLON.COM, NME.COM

Saamgestel deur NICI DE WET Feniks uit die as

Rita (28) se jongste album volg op haar debuut van 2012, Ora. Phoenix, wat einde verlede jaar die rak getref het, het enkelsnitt­e soos Girls en Let You Love Me opgelewer. “Ek het dit Phoenix genoem omdat dit ’n vars begin was,” sê sy. “Dis my eerste wêreldwye uitreiking en voel dus asof ek weer van voor af begin.” Die negatiewe reaksie op Girls, waarop sy die eerste keer onthul sy is biseksueel, het haar onkant gevang. “Ek het nooit daaroor gepraat nie omdat ek kom van ’n plek (Kosovo in Suidoos-Europa) waar mense nog nie openlik daaroor is nie,” sê Rita. “Ek sou nie hier gewees het as dit nie vir die LGBT-gemeenskap was nie.”

Die Avicii-skakel

Die Sweedse platejoggi­e en danstreffe­rkoning wyle Avicii was een van haar grootste inspirasie­s. Die laaste liedjie waaraan hulle saam gewerk het, Lonely Together, is ook op Phoenix ingesluit. “Hy was ’n ongeloofli­ke mens en het baie talent gehad. Ons was goeie vriende, en hy’t my lewe verander. Op ’n manier is die album aan hom opgedra.”

Wat’s volgende?

Sy gaan volstoom aan die werk spring met haar volgende album. En waar kry sy deesdae inspirasie vir haar musiek? “Al die nuwelinge . . . Ek is veral mal oor Billie Eilish en Rosalía.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa