Antarktika, die ysvasteland
Het jy geweet Antarktika is ’n woestyn? Ons leer jou meer oor dié ysvasteland
WAARAAN dink jy as jy die woord “woestyn” hoor? Heuwels van sand en versengende hitte? Die wêreld se grootste woestyn bestaan eintlik uit ys! Ja, Antarktika word as ’n woestyn geklassifiseer, hoofsaaklik omdat dit minder as 250 mm reën per jaar kry asook baie min plantegroei en diere het. Die plante en diere wat daar voorkom, is spesiaal aangepas om in die uiters koue omstandighede te oorleef.
YSIGE VASTELAND
Die ysvasteland, omring g deur die Suidelike Oseaan, is skouspelagtig maar ongenaakbaar. kb Antarktika is feitlik onbewoonbaar weens die koue en wind – op sekere plekke bereik die wind snelhede van tot 320 km/h! Antarktika word deur die Transantarktiese berge in twee verdeel: WesAntarktika (wat suid van die Amerikas lê), en Oos-Antarktika (wat suid van Afrika, Asië en Australië lê). Die laagste temperatuur ter wêreld is op Antarktika aangeteken: -94,7 °C. Op die ysvasteland, wat uit dik ysplate op p ’ n rotsbodem bestaan, kom ook m massiewe gletsers voor. Antarktika is die vasteland met die la laagste gemiddelde lugvogtigheid en d die winderigste plek op aarde. Dis die a aarde se vyfde grootste vasteland, n naas Asië, Afrika, Noord- Amerik ka en Suid- Amerika, en die groots ste woestyn ter wêreld. Antarktika is groter as Australië en Europa . Seevaarders het Antarktika w waarskynlik sowat 200 jaar gele lede die eerste keer bespied. In die 1800’s het die jag op robbe en walv walvisse mense na die yskontinent gelok, lk en later het ontdekkingsreisigers en wetenskaplikes gevolg. Die gebied is toe die eerste keer werklik verken. Die Noorweegse ontdekkingsreisiger Roald Amundsen het die Suidpool op 14 Desember 1911 bereik.
BESKERMDE GEBIED
Die Antarktiese grondgebied behoort aan niemand. In 1959 is besluit dit moet beskerm word deur ’n verdrag wat verseker dat geen van Antarktika se ryk minerale neerslae ontgin mag word nie. Dit verbied militêre aktiwiteite en beskerm die ekologie. Die verdrag bevorder ook wetenskaplike navorsing.
Baie lande, insluitend Suid-Afrika, het wetenskaplike navorsingstasies op Antarktika. Gedurende die somermaande werk tot 4 400 wetenskaplikes van sowat 28 lande daar.
MIDDERNAGSON EN POOLNAG
Gedurende die somer gaan die son omtrent 186 dae lank nooit volkome onder nie. Dit is as gevolg van die manier hoe die aarde na die son gekantel is.
Daarteenoor is die wintermaande weer donker aangesien die son nie opkom nie en dit dan dikwels heeldag skemer is.
Van al die ys op aarde kom 90% op Antarktika voor. Dié vasteland se ys bevat boonop 70% van al die planeet se vars water.