Huisgenoot

DIE MEISIE AGTER THE GIRL FROM ST. AGNES

-

Intelligen­t, manipulere­nd, sterk en vurig. Dis hoe die aktrise Jane de Wet (22) vir Lexi Summerveld, haar karakter in The Girl from St. Agnes, beskryf. Sy is die meisie in die titel: die mooi, gewilde student wat dood aangetref word.

Dit was wonderlik om so ’n rol te kry teenoor gesoute akteurs en met ’n span wat hoofsaakli­k uit vroue bestaan, sê die aktrise.

“Wat ’n voorreg. Ek het myself twee maande lank daaraan toegewy om die kennis, ervaring en wysheid op die stel en weg daarvan te absorbeer. Ek het akteurs soos Rob Hobbs en Ty Keogh in aksie gesien. Dit was ’n kans om te leer en werk te doen waarvoor ek lief is terwyl ek in die geselskap van medeakteur­s is wat nou familie geword het.”

Jane het in 2017 aan die Universite­it Stellenbos­ch gegradueer met ’n B.Com. in bestuurswe­tenskap, maar toe besluit om haar eerste liefde te volg: dans en toneelspel.

Snaakse oomblikke op die stel?

Te veel! Die een wat nou by my opkom, is toe ek ’n sigaret vir ’n toneel moes aansteek. Vir ’n nieroker was dit bedrieglik moeilik. Om die aansteek met die inaseming en dialoog te koördineer wil gedoen wees. Ek het gehoes. Cindy Lee, die regisseur, was histeries.

Jou gunsteling­fliek?

Die feminis in my sê Thelma & Louise. Die romantikus in my sê Pretty Woman.

Na watter musiek luister jy tans?

As danser luister ek na ’n groot verskeiden­heid musiek. Onlangs het dit gewissel van Tom Walker tot Leonard Cohen, Jessie Ware en LP.

Wat is jou huidige obsessie?

E-leer. Ek kyk gedurig video’s en lees oor toneelspel, rolprentve­rvaardigin­g, skryfwerk, sielkunde, voeding en kos. En ook Bradley Cooper. Ek hoef nie meer te sê nie, of hoe?

Wat omtrent jou sal mense verras?

Ek is eintlik ’n introvert. Ek kry my energie van alleen wees, verkieslik iewers in die natuur, met ’n goeie boek en ’n koppie tee.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa