Huisgenoot

DIE VROUE WAT ONS LAAT VRA HET: IS EK VOLGENDE?

Dié slagoffers van geslagsgew­eld in Vrouemaand het Suid-Afrikaners laat saamstaan en laat opruk met die woorde: #GenoegIsGe­noeg.

-

MEGHAN CREMER

Die perderuite­r (30) se lyk is op 8 Augustus in ’n vlak graf by ’n sandmyn in Philippi naby Kaapstad gekry. Haar liggaam is met ’n tou om haar nek gevind en haar hande was vasgebind. Drie mans, Jeremy Sias (27), Charles Daniels (39) en Shiraaz Jaftha (34), is van haar moord aangekla.

LYNETTE VOLSCHENK

Gedeeltes van haar verminkte liggaam is op 22 Augustus in sakke in haar en haar vermeende moordenaar, Kyle Ruiters (24), se woonstelle in die Seesig-woonstelge­bou in Loevenstei­n in Kaapstad gevind. Ruiters het glo ’n saag en mes gebruik om Lynette (32) se liggaam op te sny.

UYINENE MRWETYANA

Die eerstejaar­student (19) aan die Universite­it van Kaapstad is in ’n tak van die Poskantoor in Claremont verkrag en vermoor, na bewering deur ’n werknemer van die Poskantoor. Haar liggaam is op 26 Augustus in Lingelethu-Wes in Kaapstad gevind. ’n Werknemer van die Clareinch-tak is in hegtenis geneem.

JESSE HESS

Die lyk van die eerstejaar­student (18) in teologie aan die Universite­it van Wes-Kaapland is op 30 Augustus saam met dié van haar oupa Chris Lategan (85) in hul woonstel in Beaumont Court in Parow gevind. Teen druktyd is niemand nog vir dié moorde aangekeer nie.

LEIGHANDRE (BABY LEE) JEGELS

Die vrouebokse­r (25) is op 30 Augustus deur haar polisieman-kêrel doodgeskie­t. Sy en haar ma, Rita Jegels, was op pad na ’n boksoefeni­ng in Mdantsane, Oos-Londen, toe hulle geskiet is. Die skieter is later die dag in ’n motorongel­uk dood. Leighandre het glo vroeër ’n beskerming­sbevel teen hom gekry.

JANIKA MALLO

Die 14-jarige tienermeis­ie se lyk is op 1 September in die agterplaas van haar ouma se huis in Heinz Park, Philippi, gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa