Huisgenoot

Geweld: Tyd vir aksie ná optogte

Duisende SuidAfrika­ners het teen geweld teen vroue en kinders betoog. Ons kyk na oplossings vir die probleem

- Deur VERSLAGSPA­N

EERS het die vraag vanuit verskillen­de oorde in die sosiale media begin opklink: #AmINext? En toe het Suid-Afrikaners in hul duisende opgeruk en ook aanlyn die stem saam dik gemaak oor geweld teen vroue en kinders: #GenoegIsGe­noeg. Want nadat die soveelste vrou hier aan die hand van ’n man gesterf het, weier vroue én mans om te swyg oor die vlaag geweld wat so verwoesten­d deur ons land vee.

Die gruverhale oor die dood van ’n hand vol vroue in afsonderli­ke moorde was die laaste strooi, en nou sal Meghan

Cremer, Lynette Volschenk, Uyinene Mrewetyana, Jesse Hess, Leighandre Jegels en Janika Mallo altyd onthou word as die vroue wie se dood hul landgenote laat besluit het: Ons ruk op; ons dring aan op ingryping en veranderin­g.

Voor die dood van dié vroue was daar baie ander slagoffers. Tussen 1 April 2017 en 30 Maart 2018 is 2 930 volwasse vroue in Suid-Afrika vermoor, bevestig die organisasi­e Africa Check, wat plaaslike statistiek­e nagaan en bevestig. Dit beteken daar is elke drie uur ’n vrou vermoor.

Net in Augustus vanjaar, amptelik Vrouemaand, is 30 vroue deur hul lewensmaat­s vermoor, het Maite NkoanaMash­abane, minister van vroue, jeug en mense met gestremdhe­de, in die parlement gesê. En ook daarna het die bloed aanhou vloei.

In Kaapstad het vroue en mans op 4, 5 en 6 September in hul duisende opgeruk om hul weersin in dié bloedvergi­eting te wys. Die betogers was in swart geklee toe hulle in die Moederstad aan die protesopto­g deelgeneem en saamgedrom het by die parlement en die Kaapstadse Internasio­nale Konferensi­esentrum, waar die Wêreld- Ekonomiese Forum in dié tyd vergader het.

Buite die parlement het pres. Cyril Ramaphosa die skare toegespree­k: “Ek stem heeltemal saam dat die moord op vroue moet stop,” het hy gesê. “Mans wat

‘Sulke mans hoort nie in die samelewing nie en moet ook nie vir borgtog in aanmerking kom nie’

hulle aan dié misdade skuldig maak, moet lewenslank tronk toe gaan. Sulke mans hoort nie in die samelewing nie en moet ook nie vir borgtog in aanmerking kom nie.”

Hy het die situasie as ’n keerpunt in Suid-Afrika beskryf, maar sy paaiwoorde kon die gemoedere nie kalmeer nie. Waar voorheen ’n gevoel van magteloosh­eid was, wil vroue die owerhede nou aanspreekl­ik hou en mekaar bystaan om geslagsgew­eld hok te slaan. As ons onsself moet afvra #IsEkVolgen­de?, is dit beslis tyd om te sê #GenoegIsGe­noeg en ons is #SterkerSaa­m.

 ??  ?? HOOFFOTO: Suid-Afrikaners betoog teen die vlaag geweld teen vroue. INLAS: Meer as 5 000 betogers, die meeste in swart geklee, het op Donderdag 5 September na die parlement in Kaapstad opgeruk en aangedring om ’n griefskrif aan pres. Cyril Ramaphosa te oorhandig.
HOOFFOTO: Suid-Afrikaners betoog teen die vlaag geweld teen vroue. INLAS: Meer as 5 000 betogers, die meeste in swart geklee, het op Donderdag 5 September na die parlement in Kaapstad opgeruk en aangedring om ’n griefskrif aan pres. Cyril Ramaphosa te oorhandig.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Daar is drie dae lank in die Moederstad betoog teen die geweld teen vroue. B K m gr
Daar is drie dae lank in die Moederstad betoog teen die geweld teen vroue. B K m gr

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa