Huisgenoot

BITTER OOR KINDERS SE ERFPORSIE

-

Ek is bitter oor dinge wat ná die dood van familieled­e van my man gebeur het. Erfgoed wat na my kinders toe moes kom, het nie by hulle uitgekom nie. Nou is ons geskei en ek het geen manier om dit vir hulle te bekom nie. Dit maak my kwaad, want die mense wat ons benadeel het, is skynheilig. Hulle sien neer op my en maak asof hulle reg is. Ek wil nie met hulle praat nie. Ek sal ook nie my eks sover kry om te help nie. Elke keer wanneer ek daaraan dink, is ek van voor af kwaad. G op L

Jy het die volste reg om die eksekuteur van die boedel van jou eks se familieled­e te nader en uit te vind of daar enigiets aan jou kinders in die testament bemaak is. Jy kan namens jou kinders enigiets opeis wat hulle toekom. As ander mense die erfgoed wederregte­lik bekom het, sal jy bes moontlik ’n eis teen hulle moet instel. ’n Prokureur kan jou hiermee help.

As jou pogings nie vrugte afwerp nie, sal jy ’n voorbeeld vir jou kinders moet stel deur jou slegte herinnerin­gs te verwerk. Anders kan jou bitterheid jou kinders beïnvloed en hulle leer om ook wrokke te koester. Dikwels kan ’n mens dit net regkry om van wraaksugti­ge gedagtes ontslae te raak as jy die mense vergewe wat jy voel jou te na gekom het.

Moenie op ’n verskoning of ’n skulderken­ning wag om te vergewe nie. Sê gereeld vir jouself dat jy niemand se slagoffer is nie. Stap ter wille van jouself en jou kinders van ou wonde weg.

‘Dis onwettig om intieme beelde of foto’s van mense sonder hul toestemmin­g op WhatsApp te versprei’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa