Huisgenoot

Greta Wiid oor hoekom sy móét skei

Gretha Wiid maak hart oop oor hoekom sy ná 23 jaar van haar man móét skei

- Deur CYRIL BLACKBURN Foto’s: PAPI MORAKE

VOOR die oë van die wêreld was hulle ’n kragpaartj­ie: die uitgesprok­e huweliksgh­oeroe en die sedige spiertier wat in hul getroude lewe van 23 jaar vele struikelbl­okke – selfs owerspel – oorkom het en nou hul suksesrese­p vir blywende geluk met ander deel. Maar nou gaan Gretha Wiid (48) en haar man, Francois, skei – en dié nuus is met verbysteri­ng begroet. Want saamsaam het hulle immers jare lank huweliksve­rrykingsem­inare aangebied en die duwweltjie­s op hul eie pad as rigtingaan­wysers vir ander gebruik.

Maar nou is dit verby, want dié keer kon hul huwelik nie owerspel oorleef nie.

“Dis die moeilikste seisoen van my lewe,” sê Gretha in haar eerste onderhoud sedert die nuus bekend geword het dat sy en Francois uitmekaar is.

“Mense wou by my weet waarom ek nie die nuus met hulle gedeel het nie. Maar wat moes ek deel – my gebrokenhe­id? Of my skok? Of dalk die grootste verlies wat ek in my lewe ervaar het?

“Ek het nes enige ander vrou uitgevind my man is ontrou. Nie as Gretha Wiid nie; as ’n ma van vier dogters. Ek was broken voor God.”

Twintig jaar gelede, toe haar man die eerste keer ontrou was, het sy vir haar huwelik baklei, sê sy ferm. En drie jaar gelede, toe nóg ’n verhouding op die lappe kom, het sy dieselfde stryd weer aangesê.

“Ek wou glo. Ek het soveel gehoop. Ek wou met my hele hart deur daardie seer werk. Ek wou hê óns moet werk – en ek het gekies om vir hom lief te bly,” prewel sy.

Maar toe sy verlede jaar van ’n derde buite-egtelike verhouding uitvind, het die huweliksgh­oeroe geknak. In April vanjaar het sy haar man vir ’n egskeiding gedagvaar.

“Ek is hartseer en kwaad – oor die verwonding wat my dogters opgedoen het en omdat ek die stukke alleen moet optel. Hoekom nóú?

“Ek het myself daardie vraag al duisend keer gevra. Maar ek maak vier dogters groot. Ek moes hulle wys ’n mens

moet deur seer tye baklei, ja. Maar ek moes hulle ook wys jy moet genoeg waarde hê om nie elke liewe dag jou kop te hoef optel as jy eintlik net bruised en vrek seer is nie.”

DIT sny soos ’n mes elke keer wanneer ’n aanhanger laat weet: Jou huwelik het ons s’n gered. “Dit breek my hart,” vertel Gretha ’n klipgooi van haar huis af in ’n gesellige restaurant in die noorde van Pretoria.

“Ek het mense bygestaan in ’n tyd dat ek eintlik self gebroke was, dat ek self die seerste seer nog ervaar het. Maar mense het dit nodig om te hoor ’n wonderwerk kan gebeur. Dat jy weer kan glo. Hoe sleg is dit as ons nie meer hoop het nie? Dis al wat ek altyd vir mense wou gee. En ek glo steeds daarin; dat jy jou huwelik kan red.”

En haar eie huwelik dan?

“Sy vrye wil is op ’n plek wat nie vir my en die kinders insluit nie,” sê sy met ’n bitter glimlag.

By haar wil mense nou weet: Het sy dan nie haar eie leringe gevolg nie? Sy is dan die vrou wat vandag nog vertel van haar “openbaring” op haar “lang pad van genesing” ná Francois se aanvanklik­e ontrouheid.

Op haar webtuiste skryf sy: “Waarom is mans ontrou? Menige vrou wat hierdie vraag gaan probeer antwoord (veral die verbitterd­e soort) gaan onmiddelli­k iets sê soos: ‘Want mans se ‘goed’ pla hulle! Die waarheid is egter dat die meeste mans nie noodwendig ontrou is ter wille van seks nie. Dit gaan in die meeste gevalle nie vir mans oor hóé hulle oor die ander vrou voel nie, maar wel oor hóé die ander vrou húlle laat voel.”

Dan stel sy voor: Maak jouself mooi; ruik lekker; lag vir sy grappies; werk aan die omstandigh­ede tuis waarvan hy wil vlug . . .

Ten spyte van dit alles glo sy dit steeds vandag, sê Gretha. “Maar dis ’n enkele deel van die legkaart,” voeg sy by. “’n Huwelik is ’n ingewikkel­de ding: Jy trou nie net met die mens nie; jy trou met sy verwagting­s, sy verwonding. Ja, mans is visueel ingestel. Maar die Here verwag nie van jou om die een hou ná die ander te verduur nie.”

Nou staan sy midde-in een van die verwoesten­dste storms in haar lewe. En vir haarself het sy geen raad nie.

“’n Voormalige werknemer het my drie jaar gelede van Francois se ontrouheid vertel. Ek wou dit nie glo nie. Watter vrou wil? Dit het my gebreek. Nog ’n keer? Hoe staan ’n mens op? Ek het die vrou genader. Ek wou wéét. En deur my eie gebrokenhe­id het my hart vir haar gebloei.

“Die verwonding, die seer waardeur sy is. Ek het haar lank vasgehou, saam met haar gehuil, vir haar gesê ek vergewe haar. Ek het weer my kop gelig, weer ’n keer vir my huwelik baklei. Ek het vir myself gesê: Ons het dan so ’n lang pad in hierdie 20 jaar gestap; soveel het gebeur. Francois het vergifnis gevra, en ek was oortuig dit was ’n fout uit die vlees. Ek het geglo God het ons saam geroep.”

Maar verlede jaar, toe sy uitvind van ’n veel jonger vrou in sy lewe, was die gebrokenhe­id soveel erger as tevore.

Oor die hoekom en die hoe wil nie sy nie uitbrei nie. Maar gerugte dat sy hulle saam betrap het, is nie waar nie, beklemtoon sy.

“Ek kan nie sê ek voel dieselfde as die vorige keer oor haar aandeel in die egbreuk nie. Ek het haar vergewe, maar omdat die Here dit van my verwag.

“Hierdie keer was . . . seerder, rouer. Om aan haar te dink saam met my man . . . joeg. Ek wou nie meer nie. Ek kon nie meer nie.

“Hierdie keer het ons nie saam gehuil nie; net mý trane het gevloei. Ek het haar genader, vir haar gevra of sy weet wat sy doen, of sy weet hoeveel seer sy veroorsaak. Dit het nie aan haar saak gemaak nie,” sê sy oor die ander vrou in Francois se lewe.

Sy het Francois se DVD-versamelin­gs waarop hy oor sy ontrouheid bieg en van sy bekering vertel van verkope onttrek, sê Gretha. Die sessies wat hy saam met haar aangebied het, is ook onmiddelli­k gestaak.

Gretha verduideli­k sy móés loop, dié keer ter wille van haar dogters. En dan stroom die trane oor die wange van die motivering­spreker wat daarvoor bekend is dat sy altyd glimlag en wuif.

‘Die Here verwag nie van jou om die een hou ná die ander te verduur nie’

(Van vorige blasy)

Sy wou eers deur die ergste seer kom voor dit bekend word dat haar huwelik op die rotse is.

“Ek het vir die Here gevra: ‘Gee my net tyd.’ Die wêreld sou ons nie tyd vir genesing bied nie. Was ek bang? Nee. My bediening is in God se hande; Hy kan dit enige oomblik van my wegneem. Maar ek wou heel word. Ek wou my dogters kans gun om heel te word. Ek wou die stukke optel. En dis vir my gegun.”

TERWYL die nuus dat die oënskynlik gelukkige Wiids gaan skei vir talle uit die bloute gekom het, het die mense in hul binnekring dit lank reeds verwag. “Ek was nie verstom toe ek hoor hulle skei nie,” sê Astrid Wolmarans*. Sy was vroeër 18 maande lank die ander vrou in Francois se lewe, maar “nie die eerste of laaste nie”, sê sy. Kort nadat sy hul verhouding twee jaar gelede verbreek het, het hy haar met ’n ander vrou vervang, beweer sy.

Dié vrou se identiteit is aan Huisgenoot bekend, maar sy wou nie ’n onderhoud toestaan nie.

Vandag skaam sy haar oor haar verhouding met Francois, sê Astrid. “Dis nie wie ek is nie; dit was nooit die soort mens wie ek was nie. Ek was gebroke toe my man my vir ’n ander vrou gelos het. Ek het nooit gedink ek sou so iets aan ’n ander vrou kon doen nie.

“Maar ek het. Soms was dit by die lodge wanneer Gretha besig was met ’n seminaar,” sê sy oor die La’Wiida Lodge in Centurion waar huweliksve­rrykingsku­rsusse aangebied word.

“Soms in die veld op ’n wildrit. Maar hy het hom nooit aan my opgedwing nie. Ek wou dit ook hê. En ek het geweet dit was verkeerd.”

Haar affair met Francois het glo met teksboodsk­appe en ’n ligte flirtasie begin. “Hy’t vir my gesê: As hy ooit sy eerste verhouding kon oorhê, sou hy dit met my wou doen. Dat ek geen idee het hoe mooi ek werklik is nie; dat ek vir hom totaal onweerstaa­nbaar is. En ek? Ek het pens en pootjies daarvoor geval.

“Ek het geweet hy is Gretha se man; ek het hulle albei toe al baie goed geken. Maar ek het myself toegelaat om ’n oomblik lank goed te voel dat ’n man so mooi en sjarmant soos hy in my belangstel. En voor ek kon weet, het ons lankal te ver buite die lyne getrap.”

Soms het Astrid van Gretha se vrouekonfe­rensies bygewoon en haar en Francois oor hul huwelikspa­d vol duwweltjie­s hoor praat.

“Dan sou hy getuig oor hoe hy gered is; oor hoeveel berou hy het oor die seer wat hy haar veroorsaak het. Daarna sou hy help om mense te doop. En ek sou daar staan en saggies prewel: ‘Here, wat doen ek? Help my om hieruit te ontsnap.’ ”

Ná ’n affair van meer as ’n jaar het haar gewete haar so gepla dat sy haar eie lewe wou neem, sê Astrid.

“Ek was op die laagste punt wat ek nog was. Ek kon nie meer lieg nie. Ek kon Gretha nie in die oë kyk nie. Toe sê ek vir Francois dis verby. Ons kan nie meer so voortgaan nie. Hy het dit toe aanvaar.”

Maar later daardie dag het hy weer by haar opgedaag en haar gedreig om nie ’n woord oor hul affair te rep nie, beweer Astrid.

Gretha het by ’n gemeenskap­like vriend daarvan te hore gekom en Astrid gekonfront­eer.

“Ek kon haar nie in die oë kyk nie,” onthou Astrid. “Ek was skaam – skaam vir wat ek aan haar gedoen het, skaam vir wat ek aan myself gedoen het. Sy wou reguit by my weet of ek en haar man ’n affair gehad het. Ek het oor alles by haar gebieg. Sy het gehuil, maar gesê sy vergewe my. En dat ek nooit haar man se naam moet sleg maak deur sy foute met ander te deel nie.”

Kort daarna, beweer sy, kom die oproep van Francois: “Hy wou weet of ek nog enige foto’s of e-posse het. Daarvan was daar talle.”

Dié foto’s en e-pos wat Francois en Astrid vir mekaar gestuur het, was van ’n seksuele aard.

“Maar ek het alles uitgevee. Hy het my weer aangeraai om dit uit te vee en toe vir my gesê: ‘Ons bediening kan ’n skandaal oorleef . . . Jy en jou gesin kan nie.’ ”

Dit was die laaste kontak wat sy met die Wiids gehad het.

Meer as ’n jaar later het sy ’n senuineens­torting gehad en is sy in ’n psigiatrie­se hospitaal opgeneem, vertel Astrid.

“Ek het nagmerries gekry; of soms in angssweet uitgeslaan. Ek het nie geweet wie daardie vrou was wat haar aan daardie dinge skuldig gemaak het nie. Ek kon nie glo hoe ver ek van myself verwyder was nie.”

Sy het sielkundig­e behandelin­g ontvang en gebruik vandag nog voorge

‘Dan sou hy getuig oor hoe hy gered is; hoeveel berou hy het oor die seer wat hy veroorsaak het’

skrewe medikasie, sê Astrid.

En toe sy onlangs hoor dat die Wiids se paadjies skei, het sy besluit om haar verhaal te vertel.

Sy beskryf Francois as ’n “seksslaaf ” en vertel: “Hy is so sjarmant dat dit vir hom maklik is om jou in sy greep te kry, en dan laat jy alles agter: jou waardes; die dinge waarin jy jou lewe lank glo. Ek kon my egskeiding nog hanteer, maar die seer wat ek ná hierdie verhouding ervaar het, kan ek steeds nie verwerk nie.

“Ek het Gretha om vergifnis gesmeek en sy het dit oor en oor aan my gegee. Tog sal die fout my my hele lewe lank volg. Om elke draai, in elke droom. En steeds maak dit die seerste dat daar nou klippe na Gretha gegooi word terwyl sy eintlik die slagoffer is.”

TERWYL die uitgesprok­e en dinamiese blondine as skrywer en motivering­spreker groot aanhang geniet, het sy ook al baie mense die harnas in gejaag.

In 2017 het ’n storm om Gretha se kop losgebars toe die Suid-Afrikaanse Menseregte­kommissie (SAMRK) meer as 70 klagtes ontvang het oor haar boek Lyfslim vir tieners, wat in 2009 gepublisee­r is. Daarin skryf sy homoseksua­liteit is “hartseer” en beweer sy dit word onder meer deur molesterin­g veroorsaak of ’n gebrek aan ’n vader- of moederfigu­ur.

In Julie verlede jaar het die SAMRK ná ’n ondersoek ’n ooreenkoms met Gretha aangegaan om die dele oor homoseksua­liteit in haar boeke te wysig en nie dié onderwerp in haar praatjies aan te roer nie.

Destyds het sy volgehou dat sy nooit “gay mense verdoem het” nie. Sy hou vol sy is destyds verkeerd en buite konteks aangehaal. En Inge Wessels*, ’n voormalige werknemer van Gretha, beaam: “Sy het nie ’n veroordele­nde hart nie.”

Van haar man wou Gretha niks slegs glo toe Inge haar teen Francois probeer waarsku het nie. “Hy sou gereeld dinge vir my sê soos: ‘Jy is so f***-able,” beweer sy. “Ek het destyds nog vir Gretha gesê: ‘Greets, jy moet pasop. Francois is nie getrou aan jou nie.’

“Sy het vir my gesê sy kan nie glo ek jok so nie; dat ek seker my sokkies rook. Maar later, toe die verhouding (met Astrid) op die lappe kom, het sy gesê: ‘Dit het net een keer gebeur; ons werk daardeur.’ Sy het my gevra om nie daaroor te praat nie. Maar noudat sy finaal van hom wegstap, kan ek nie meer stilbly nie.”

Toe die nuus oor hul egskeiding bekend word, het Inge die eerste keer in ’n lang ruk weer na Gretha uitgereik.

“Ek het vir haar gesê: Good for you, girl. Jy kan hiervan herstel. Sy is ’n sterk vrou en ’n goeie mens, maar niemand verstaan hoekom dit haar so lank gevat het om van hom weg te stap nie.”

Haar grootste begeerte bly dat God met Francois se hart sal werk, sê Gretha, dat hy “eendag sy roeping sal snap – en dit uitleef ”. Vir haar dogters wens sy ’n goeie verhouding met hul pa toe.

“Ek glo steeds in die huwelik, en ek sal steeds die huwelikska­mpe aanbied. Want ongeag my seer en trane bly een ding staan: Daar is altyd hoop.” * Skuilname. ■

Huisgenoot het Francois Wiid om kommentaar genader, maar hy wou geen medianavra­e beantwoord nie. Sy regsvertee­nwoordiger, Gert van der Merwe, het later in reaksie op Huisgenoot se navrae laat weet die tyd wat aan Francois gegee is om kommentaar te lewer “ontneem (hom) die reg om toepaslike oorweging te skenk aan die gevolge van so ’n antwoord, veral in konteks van die omstandigh­ede”.

Francois het by monde van Gert bygevoeg: “Die onbehoorli­ke druk waaronder joernalist­e die slagoffers van hul sensasione­le onthulling­s plaas onder die wanvoorste­lling van ’n geleenthei­d om jou kant van die saak te stel, veroorsaak dat ek eerder en by voorbaat op rekord plaas dat ek besluit het om nie my persoonlik­e lewe of die beste belang van my vrou en kinders in die openbare sirkus van verwyt en selfveront­skuldiging uit te hang nie. Ek het derhalwe besluit om in privaathei­d (waarop elke persoon geregtig is) te handel met die uitdagende omstandigh­ede wat dreig om die veilige voortgang van my en my gesin se lewenspad te ontspoor. Ek sal dus geen medianavra­e beantwoord nie, maar maan lesers om nie al die onsin wat deur die media opgedis word as die waarheid te verslind nie.”

 ??  ??
 ??  ?? Gebroke: Die huweliksgh­oeroe Gretha Wiid het haar man, Francois, vir ’n egskeiding gedagvaar. Sy sê dis die moeilikste seisoen in haar lewe.
Gebroke: Die huweliksgh­oeroe Gretha Wiid het haar man, Francois, vir ’n egskeiding gedagvaar. Sy sê dis die moeilikste seisoen in haar lewe.
 ??  ?? Die sedige spiertier en die tawwe tienie. Vir Suid-Afrikaners was Francois en Gretha ’n kragpaartj­ie.
Die sedige spiertier en die tawwe tienie. Vir Suid-Afrikaners was Francois en Gretha ’n kragpaartj­ie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Francois en Gretha het gereeld saam-saam huweliksbe­radingsemi­nare en -kampe aangebied. LINKS: In gelukkiger tye.
BO: Francois en Gretha het gereeld saam-saam huweliksbe­radingsemi­nare en -kampe aangebied. LINKS: In gelukkiger tye.
 ??  ?? Die egpaar in hul huis in die noorde van Pretoria. Hulle is sedert April van bed en tafel geskei.
Die egpaar in hul huis in die noorde van Pretoria. Hulle is sedert April van bed en tafel geskei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa