Huisgenoot

Ameer Hendricks trek ál meer aandag

DIÉ KAPENAAR IS DALK NUT IN DIE MUSIEKBEDR­YF MAAR HY TREK REEDS AANDAG - EN SY NUWE EP IS BYNA HIER

- DeurCOLIN HENDRICKS

NUWE MUSIEK

Die sanger is oraloor die radio en stroomdien­ste met sy nuwe musiek en onlangse kookwater enkelsnit, “Feel Good”. Ameer Hendricks (21), van Crawford in die suidelike voorstede van Kaapstad, het sedert 2018 ons dansvloere met sy enkelsnitt­e besig gehou. Maar hy gaan ons vroeg in Desember behoorlik laat dans wanneer sy EP met vyf nuwe liedjies uitgereik word. Die titel vir sy eerste EP is Seasons.

“Die EP gaan oor hoe ek my eie klank gevind het en die verskillen­de ervarings wat ek deurgemaak het. Oukei, dit gaan hoofsaakli­k oor my vorige verhouding,” sê

Ameer en lag. “Met my nuwe liedjie wil ek hoop vir my jong luisteraar­s gee wat deur dieselfde geestespro­bleme as ek gaan en ook wys dat ek nou weer goed voel,” sê hy oor “Feel

Good”.

SKOP EN SLAAN

Ameer is ’n koeng foe-meester. Hy was vier jaar oud toe hy begin karateless­e neem het. “Ek doen dit vandag steeds,” sê hy. Hy het al drie Suid-Afrikaanse karate-kampioensk­apstitels gewen. “Ek wil in 2021 aan die wêreldkamp­ioenskapsb­yeenkoms deelneem.”

KAAPSE WORTELS

Hoewel Ameer ’n opkomende musiekster is, is die Kapenaar hard besig om sy graad in die regte aan die Universite­it van die WesKaap

te verwerf. Hy is tans in sy tweede jaar. “Ek het net daarop besluit en toe daarvoor aansoek gedoen,” sê Ameer, een van drie kinders. Sy pa, Sharief (48), is ’n entreprene­ur, en sy ma, Gadija (45), ’n radioterap­eut. Sy jonger broer, Raees (15), is in gr. 10 en hul suster, Mingha (18), is vanjaar in matriek.

SY KLANK

Hy beskryf sy musiek as “meestal pop”. “Maar ek probeer ander goed soos R&B en house ook. Ek het ’n baie veelsydige klank, maar sien myself as ’n popsanger.” Hy skryf sy eie liedjies. “Ek skryf gewoonlik oor ’n mens of situasie.” Hy het al geskryf oor sy stryd teen angstighei­d in sy liedjie “Ruin”, wat vroeër vanjaar uitgereik is. “Dit is vanjaar by my gediagnose­er as gevolg van alles in my lewe wat net te oorweldige­nd geraak het – die musiek, my studie en persoonlik­e lewe.”

Maar dit gaan deesdae baie beter met hom.

RUGBY EN DIE PRINS

Ameer is ’n kranige rugbyspele­r. “Toe ek nege jaar oud was, het ek vir ’n klub in Mitchells Plain begin rugby speel.” Hy het later uitgedraf vir die kollege waar hy was. “In gr. 11 is ons genooi om rugby in Maleisië te gaan speel. Drie jaar later is ek deur Maleisië genooi om weer daar te gaan speel.” Terwyl hy in September verlede jaar daar was, is Ameer gevra om voor een van die prinse, Tunku Naquiyuddi­n, van dié land te sing. “Ek het toe net “Run With You” uitgereik en daar was sowat 1 000 mense by die geleenthei­d saam met die prins. Ek was erg op sy senuwees.” Gelukkig was die prins beindruk. “Hy het gesê ek het ’n mooi stem en dat hy van my liedjie hou.”

Terwyl hy daar was, het hy besluit om sy musiekvide­o vir sy nuwe liedjie, “Ride or Die”, te skiet. “Ek het toe die liedjie en die musiekvide­o twee maande later uitgereik.”

Twee dae nadat dit in November 2018 bekendgest­el is, het ’n groot Kaapse radiostasi­e dit reeds begin speel. Die liedjie was selfs in die top-40-trefferlys van ’n Amerikaans­e radiostasi­e, Hits Only Radio, in Chicago. “Ek was so opgewonde om my musiek oor die radio te hoor,” sê Ameer.

BLINK TOEKOMS

“Ek wil eendag in ’n stampvol Kaapstadst­adion optree en op ’n wêreldtoer gaan met my musiek,” vertel hy.

Hy beskryf hom as stylvol, met sy eie unieke modestyl. “Ek gee baie aandag aan my voorkoms, want as jy goed lyk, gaan jy goed voel.” Sy straatstyl-uitrusting­s deel hy gereeld op Instagram. “Ek wil volgende jaar my eie klerereeks begin.” Hy sal ook in 2020 in Wes-Kaapse skole optree.

 ?? MOODY VISUALZ/FAYROS JAFFER ??
MOODY VISUALZ/FAYROS JAFFER
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa