Huisgenoot

MY STORIE

Se Irma vertel hoe haar Sampie voluit geleef en liefgehad het

-

LIEWE Huisgenoot-familie

Die laaste twee weke ná Sampie se heengaan was baie hartseer. Maar daar was ook die ongeloofli­kste ondersteun­ing. Duisende boodskappe, honderde oproepe en ’n deurtrapte drumpel getuig van die liefde waarmee julle my toegevou het. Ek is uit my hart uit dankbaar!

Sampie het voluit geleef. Hy het die groot fietsrenne soos die Argus gery, sterre gekyk op Sutherland, op Tafelberg gestaan, in die Karoo voëls gekyk, diere gesoek in die Krugerwild­tuin. Ons platteland­se dorpies en die Knysnawoud­e was na aan sy hart. Boekfeeste en Aardklop het hom genot verskaf.

Hy het hees huis toe gekom van krieketen rugbytoets­e af. Coldplay se konsert was ’n hoogtepunt. Die tweejaarli­kse Stars of Sandstone-fees naby Ficksburg was vir hom vet pret. Ritte op ou oorlogtenk­s het hom uit sy maag laat lag. Hy het die jaarlikse Memel-loop gedoen, vis leer vang, messe, kieries en ketties gemaak.

Huisgenoot se fliek oor ons romanse, Vir die voëls, was vir hom ’n fantasties­e en ongeloofli­ke ervaring.

Sampie was ’n magneet vir honde en kinders. Mense was sy groot liefde. Hy het altyd tyd gehad om te gesels. Vriende en familie was baie belangrik vir hom. Ons gesin was sy grootste prioriteit. Hy’t geweet wat dit beteken om lief te hê. Hy het nooit eie belang eerste geplaas nie. Hy was my en sy seun se grootste ondersteun­ers in alles wat ons aangepak het.

Daar is baie te leer by Sampie. Ek weet nie hoe ek hierdie weduwee-ding gaan benader nie, maar ek hoor Sampie se stem so duidelik soos altyd: “Go for it, Ir!”

Met liefde en opregte dank aan almal. IRMA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa