Huisgenoot

Minmoeite-idees vir onthaal

Moenie oor die feestyd onnodig swoeg en sweet as gasvrou nie

-

DIE meeste van ons nooi in die vakansiety­d mense oor. Dikwels woel en werskaf jy dan so in die kombuis dat jy skaars jou eie blaaskans of partytjie geniet. Dit hoef gelukkig nie so te wees nie. Hier’s ’n paar tydspaarwe­nke vir jou volgende feestelike kuier.

KOEL BALLONNE Vul ballonne met water, sit dit in die vrieskas en dan in ’n houer met drankies om die drinkgoed koud te hou én feestelik te laat lyk. Boonop is jou yskas dan nie oorvol nie en hoef jy minder sakke ys te koop.

VINNIG VRIES Het jy vergeet om iets in die yskas te sit wat jy nou blitsvinni­g moet verkoel? Vou dit in ’n nat papierhand­doek toe en plaas dit in die vrieskas – dit behoort binne 15 min. of minder koud te wees.

KITSVERKOE­LER Het jy nie meer plek om drankies koud te hou nie? Omskep jou wasmasjien in ’n verkoeler. Sit hope ys in – dit sal smelt en bloot wegdreinee­r. Wanneer die partytjie verby is, laat ’n vinnige spoelsiklu­s loop om die masjien skoon te maak.

’N BLOK VIR PONS ’n Groot blok ys in jou partytjiep­ons sal op ’n warm dag stadiger smelt en nie die pons so vinnig verwater soos ysblokkies nie. Maak ’n ysblok deur ’n houer met water te vul en dit oornag te vries – jy kan ’n brood- of koekpan of plastiekho­uer gebruik. Haal die ys uit deur die houer oor die wasbak om te keer en warm water oor die basis te laat loop tot die blok uitgly.

SKEP VOORAF Wil jy roomys voorsit? Skep vooraf porsies in ’n muffinbakp­an en sit dit in die vrieskas. Sodoende sal jy gemors verminder en tyd bespaar. En as jy die roomysbak in ’n plastieksa­k sit voor jy dit in die vrieskas bêre, sal dit keer dat die roomys kliphard vries en moeilik uitgeskep word.

GEEN LEKKE MEER NIE Sit jy roomyshori­nkies voor? Gooi ’n paar mini-malvalekke­rs onder in elke horinkie om te keer dat die roomys uitlek.

ROOM SONDER KLITS Wie het nou tyd vir room klits wanneer die gaste op pad is? Los die klitser en gaan haal ’n glasfles. Giet die room in, voeg ’n teelepel suiker (verkieslik strooisuik­er, maar gewone suiker sal ook werk) en ’n druppel vanieljege­ursel by, skroef die deksel op en sit dit 15 min. in die vrieskas. Dit maak die wande van die bottervets­elle in die room fermer sodat dit lugborrels kan vasvang en behou. Skud die

fles sowat 3 min.

WEG MET MIERE

Verlos jou somerparty­tjie van lastige miere met dié niegiftige afweermidd­el. Gooi gelyke hoeveelhed­e water en witasyn in ’n spuitbotte­l en skud dit. Spuit die oplossing op plekke waar miere algemeen is, soos kombuisvlo­ere en piekniekta­fels, voor familie en vriende bymekaarko­m.

 ?? Saamgestel deur LINDSAY DE FREITAS ??
Saamgestel deur LINDSAY DE FREITAS
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa