Huisgenoot

Ons plakkaat is eindelik hier

Huisgenoot se nuwe fliek, Vergeet my nie, word op Valentynsd­ag uitgereik

- Deur MARISA FOCKEMA

Romkom. Met Marguerite van Eeden, Sean-Marco Vorster, Fiona Ramsay en Pietie Beyers. Regisseur: André Velts. A. Begin op 14 Februarie 2020.

DIE plakkaat vir die langverwag­te fliek Vergeet my nie is eindelik bekendgest­el! Dié goedvoelro­lprent, wat deur die ware liefdesver­haal van die Huisgenoot-lesers Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis in Namibië geïnspiree­r is, is propvol drama, humor en romanse.

Sean-Marco Vorster, bekend vir sy rolle in die kykNET-reeks Alles Malan en die fliek Susters, speel Hugo. Marguerite van Eeden, wat die hoofrol in die rolprent Vaselinetj­ie vertolk het, speel Mardaleen.

Hugo en Mardaleen het mekaar op universite­it in Potchefstr­oom ontmoet en toevallig later in dieselfde kommune in Londen, Huis Konnetie, beland. Hier het hulle avonture saam met hul vriende beleef – en het die vonke gespat.

Maar ná hul Londense romanse keer Mardaleen terug Kaapstad toe om haar loopbaan na te jaag, en Hugo gaan boer in Namibië . . .

Die fliek is vanjaar in Potchefstr­oom, Johannesbu­rg, Kaapstad, Namibië en Londen verfilm – en dis ’n fees vir die oog. Kykers gaan met talle kleurryke inwoners van Huis Konnetie kennismaak.

Daar is die ernstige Dieter (Pietie Beyers), die opstandige Nicky (Elani Dekker), die vrygees Lara (Kenley Swart), die immer aanpasbare Thea (Amalia Uys), asook Stephanie (Leché Joubert) en Albert (Rikus Strauss). En dan is daar ook die wonderlike hygromansk­rywer Vivian (gespeel deur Fiona Ramsay) wat Mardaleen ’n bietjie wysmaak oor die sake van die hart en die dinge van die vlees . . .

Sean-Marco het vir sy rol ’n gedaantewi­sseling ondergaan. Hy het twee maande lank ’n tamaai baard gekweek en fluks saam met ’n persoonlik­e afrigter geoefen om aan Hugo se blokkiesma­ag te werk.

“Ek voel geëerd dat so ’n manlike ou gekies is om my te speel,” laat Hugo hoor.

Die sterk vrouekarak­ters wat die aktrise Marguerite van Eeden tot dusver in haar loopbaan gespeel het, inspireer haar, en Mardaleen is geen uitsonderi­ng nie.

“Toe ek haar ontmoet, het ek dadelik besef sy is fenomenaal,” sê Marguerite.

Mardaleen was ewe in haar skik dat Marguerite haar gaan speel. “Ai, jinne, sy het bruin hare en blou oë, en ek kan iets van my jonger self in haar sien,” het sy gedink toe die regisseur, André Velts, die nuus met haar deel.

Op Gobabis vra mense Mardaleen en Hugo gedurig wanneer die fliek uitkom.

“Almal is baie opgewonde. Net sodra jy dink jy het van die opwinding vergeet, keer ’n oom of tannie op die dorp ons voor en vra: ‘So, wanneer is jul fliek klaar?’ ” vertel Mardaleen.

Vergeet my nie is in samewerkin­g met kykNET en The Film Factory gemaak en word op 14 Februarie 2019 landwyd uitgereik. Maak dus sommer al vroeg jou Valentynsd­agplanne. ■

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa