Huisgenoot

TOETS JOU TV-KENNIS

Is jy ’n regte TV-slaaf wat kykstof op die kassie opslurp en als weet oor bekendes? Vind uit met ons vasvra

- Deur LARA ATSON

Die plaaslike akteur James Alexander, wat deesdae in Los Angeles bly, het onlangs as die eksweermag­man en lyfwag Lemmer in die aksiebelaa­ide Deon Meyer-reeks Trackers verskyn. Hy gebruik egter nie dié naam in Hollywood nie. As wat staan hy daar bekend?

Lea Vivier, wat die rol van die klerk Lilani in die regsdramar­eeks Fynskrif op kykNET vertolk, se suster is ook ’n bekende aktrise wat net so baie op die kassie boer. Wat is haar naam?

Wat is die naam van Willie Esterhuize­n se nuwe komedieree­ks waarin sy en Lizz Meiring se gewilde karakters Molly en Wors ook weer ’n draai maak?

Watter Alles Malanakteu­r maak in Februarie volgende jaar sy debuut in sy eerste hoofrol in Huisgenoot en kykNET se nuwe rolprent, Vergeet my nie?

Die gewese Egolister Mandi du PlooyBaard, wat nou die enkelma Lienkie in die sepie Getroud

met rugby speel, bied ook ’n program op VIA aan waarin leerders hul slag in die kombuis wys. Wat is dié reeks se naam?

Annelisa Weiland, wat bekend was as Hilda in 7de Laan, het onlangs dié sepie ná 19 jaar gegroet. In watter ander gewilde sepie het sy onlangs haar debuut gemaak?

Vir watter sepierol het Danny Ross, wat nou in Arendsvlei die biologieon­nie Nathan Koopman speel, aanvanklik bekend geraak op die kassie?

KykNET het in November ’n groot mylpaal gevier. Hoeveel jaar is dié kanaal nou al op die kassie?

Watter deelnemer aan die onlangse seisoen van die kompetisie­reeks Survivor SA: Island of Secrets is met die Binnelande­rs-ster Clint Brink getroud?

Wie is die platejoggi­e wat die musiek verskaf in die musiekspel­etjiesprog­ram Noot vir noot met Emo Adams as aanbieder?

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa