Huisgenoot

OP ONS SPEELLYS ONE EYE IS KING STIAAN REYNIERSE ALMAL HIER OM DIE VUUR VANILLA

’n Groep gevestigde sangers en ’n paar nuwelinge met ’n musikale allegaartj­ie wat wissel van rockballad­es tot elektronie­se pop

- Deur JACO HOUGH-COETZEE ENKELSNITT­E

NABY MY NABY JOU VALESKA MULLER

Dié liedjie het ’n elektronie­se dansgevoel en meng pop, reggae en house. Die ballade bring die boodskap dat ewige liefde, wat ’n mens net een keer in jou lewe raakloop, regtig bestaan. “Ek kan myself verbeel hoe ek gaan voel wanneer ek vir die eerste keer aan sy hand vat en in sy liefdevoll­e oë kyk,” sê Valeska.

SANDKASTEL­E JULANIE J

“Sandkastel­e” is hierdie 21-jarige sangeres se tweede enkelsnit wat sy vanjaar uitreik. Die liedjie herinner ’n mens daaraan om die tyd te geniet en mekaar te waardeer terwyl julle kan. Die wysie het ’n ligte pop-inslag met ’n ritmiese koordeel wat goed op die dansbaan sal werk en beslis die voete sal laat jeuk.

Die sanger bring in dié sielvolle snit hulde aan sy pa. Die inslag is countryen folk-gedrewe wat aan party Kris Kristoffer­son-treffers herinner. Die verwerking is van oordadighe­id en elektronie­se klanke gestroop, wat dit ’n eerlike gevoel gee. Dis nie vir die dansbaan bedoel nie; eerder saam met ’n nostalgies­e glasie wyn.

JOU FOTORAAM EMIL PAUL EN SAMANTHA LEONARD

Dié duet deur die twee deelnemers van die sangkompet­isiereeks The Voice is die eerste enkelsnit van Emil se debuutalbu­m. Dit word vertel vanuit die perspektie­f van iemand wat ’n geliefde aan die dood afgestaan het en sukkel om met hul lewe aan te gaan. ’n Foto beteken soveel meer as heimwee daaraan gekoppel word.

KANS VAN ’N LEEFTYD JAUNI M

Dié sterk romantiese ballade gaan oor die geleenthei­d om ’n leeftyd saam met ’n spesiale persoon te kan deel en “daardie deksel vir jou pot” te vind. Dis die perfekte liedjie wanneer jy en jou geliefde stadig close dans en die meesleuren­de koortjie saamsing. Dis beslis radiotreff­ermateriaa­l.

LUISTER JACOBUS SILWER

“Luister” is ’n intieme en gestroopte liefdeslie­d met ’n sagte intensitei­t waar ’n klassieke inslag met ’n moderne aanslag vermeng word. Die sanger som die betekenis en boodskap van die snit so op: “Die liedjie sal mense roer om daardie ou vlam weer op te steek, want ons is nie vir altyd hier nie.”

KONTRAS MIDDELKLAS MIDDELMAN

Dié nuwe rockgroep van Stellenbos­ch beïndruk met die intrapslag. Die filosofies­e woorde van die snit wil weet wat dit beteken om ’n middelklas-middelman te wees. Dit ondersoek ook die verhouding tussen verskillen­de generasies. Die akoestiese verwerking sal mense in ’n rokerige kroeg in vervoering hê.

Dié vierstuks van Kaapstad het aanvanklik veral in die Engelse liedjiemar­k onder die jeug naam gemaak met optredes in klubs en op feeste. Dit is maar hul tweede Afrikaanse liedjie, wat beslis ’n nuwe gehoor sal bereik. Die genre is poprock, op die jong klomp gemik en bring hulde aan kuiers saam met vriende. ■

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa