Huisgenoot

HARRY STYLES

DIÉ POPSTER SE LANGVERWAG­TE TWEEDE ALBUM IS NET BETYDS VIR DIE FEESTYD

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

FINE LINE

Harry Styles, ’n voormalige lid van die Britse groep One Direction, het vroeg in November sy aanhangers se harte laat jubel toe hy aangekondi­g het sy tweede album, Fine

Line, is op pad. Dié album word op 13 Desember uitgereik – net betyds om kliphard te speel by al wat ’n Desember-partytjie is!

Die album volg op Harry (25) se debuutalbu­m met sy naam as titel wat in 2017 uitgereik is met die treffer “Sign of the Times” daarop. Sy nuwe album het al oorwurms soos Lights Up en Watermelon Sugar opgelewer.

PRINS HARRY

Harry is oorweeg vir die rol van prins Eric in die “regte lewe”-weergawe van The Little Mermaid – maar het dit nie aanvaar nie. Die sanger het onlangs gesê “’n hele “paar dinge” sou met die fliek se produksies­kedule bots.

“Hulle skiet vir so lank en ek wil dalk volgende jaar gaan toer.”

BEDRYWIG VERBY

In die twee jaar sedert sy debuutsolo­album het hy nie net oor die hele wêreld opgetree nie; hy het hom ook met ander groot dinge besig gehou. Hy het die rol van Alex in die historiese drama Dunkirk vertolk en met sy unieke gendervloe­ibare uitrusting­s as ’n stylvolle mode-ikoon naam gemaak. Harry was selfs ’n uitvoerend­e vervaardig­er vir die Amerikaans­e sitkom Happy Together.

LIGHTS UP

Harry het in Oktober die eerste enkelsnit van die nuwe album, “Lights Up”, uitgereik.

“Dit gaan oor vryheid, nadenke en selfontdek­king. Dis vir my ’n baie positiewe liedjie,” sê Harry oor dié treffer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa