Huisgenoot

Potgooi onthul beweerde verkragtin­g

In ’n dramatiese eerste vir SA het ’n man ná 22 jaar sy vermeende verkragter in ’n podsending aan die wêreld bekendgest­el

- (Blaai om)

Deur

SO IETS het Suid-Afrika nog nooit beleef nie. Week ná week ontvou die dramatiese verhaal in die een episode ná die ander, en gou het dit die land aan die gons. Dis geen dramareeks wat uit die verbeeldin­g van ’n draaiboeks­krywer opgetower is nie, maar die lewensverh­aal van ’n 39-jarige man wat nie langer met sy donker geheim wil saamleef nie.

My only story, noem die Johannesbu­rgse kopieskryw­er Deon Wiggett sy podsending van vier episodes wat op die webnuusdie­ns News24 gepublisee­r word. Hy beskryf dit as ’n “regstreeks­e ondersoek” na die man wat hom na bewering 22 jaar gelede verkrag het toe hy 17 jaar oud was.

In die eerste twee episodes noem hy sy vermeende verkragter “Jimmy”, ’n skuilnaam. Maar met die derde uitsending op 21 November bars die bom toe Deon “Jimmy” se ware identiteit onthul.

Want die man na wie Deon die vinger wys, is Willem Breytenbac­h (55), ’n oudonderwy­ser wat van 1995 tot 2014 by Media24 gewerk het. Dit is die maatskappy waaraan News24 en ook Huisgenoot behoort.

Willem, wat twee jaar lank by die spogskool Grey-kollege in Bloemfonte­in skoolgehou het, het as onderwysve­rslaggewer en nuusredakt­eur by die dagblad Die Burger die korporatie­we leer begin klim.

Hy het in 1997 die skoolkoera­ntprojek van Naspers, Media24 se houermaats­kappy, bestuur – die jaar toe Deon in matriek was aan die Stellenbos­se spogskool Paul Roos Gimnasium. Dit was toe dat hy Deon na bewering “in die mond verkrag’’ het, soos Deon in die eerste episode van die podsending op 7 November beweer.

Willem het later senior poste by Media24 beklee: Hy was onder meer ’n uitgewer van Huisgenoot en ook betrokke by Huisgenoot se Skouspel-musiekkons­erte. In 2014 het hy uit die maatskappy be

dank en sy eie digitale bemarkings­ondernemin­gs, eers Lumico en toe Lightspeed Digital Media, in Kaapstad begin.

Willem het glo al ná die eerste episode van Deon se podsending Lightspeed Digital Media se deure gesluit, en sy sowat 30 werknemers was daarna glo sonder werk.

Hy sluit sy sosialemed­iabladsye, verlaat sy huis, sit sy foon af en verdwyn – glo op die vlug ná die skokkende onthulling­s in Deon se podsending.

Toe sy naam twee weke later vir die eerste keer in die derde episode van die podsending bekendgema­ak word, word Willem opgespoor op Reebok, ’n stil dorpie aan die Suid-Kaapse kus. Dit is hier waar sy bejaarde ma woon.

In die plaaslike poskantoor gesels ’n vrou en die ontvangsda­me in fluisterst­emme deur die glasafskor­ting.

“Dis mos mev. Breytenbac­h se seun, is dit nie?” vra die ontvangsda­me.

“Ja,” sê die vrou.

“Sy foto is vanoggend lewensgroo­t op die voorblad van die koerant. Hy kruip nou glo weg by haar.”

“Siestog,” sê die ontvangsda­me. “Dit kan mos nie lekker wees vir mevrou nie; sy is mos baie siek.”

By haar kliphuis ’n ent verder is die gordyne dig toegetrek. Klop jy aan die deur, antwoord niemand.

Die agterdeur van die kombuis is op ’n skrefie oop en die geluid klink op van iemand wat stort.

Die huis is donker en op die kombuistaf­el staan ’n koppie koffie en ’n blik met beskuit.

Die klank van ’n loopraam kom nader. “Willem is nie hier nie,” sê ’n bejaarde vrou vanuit die kombuis en sy stap nader. Dit is sekerlik sy ma. Dan steun sy vooroor op die loopraam. “Hy is in die stort.

“Weet jy, ek kry nie eens meer kans om te stort nie . . .” begin sy voor sy ophou praat.

“Ek het niks om te sê nie. Niks,” sê sy skielik, draai haar loopraam om en begin stadig wegstap.

’n Uur later gaan die kliphuis se voordeur oop, en Willem verskyn in ’n swart T-hemp en swart broek. Hy het klaarblykl­ik herstel nadat hy die week tevore – die dag ná die uitsending van die tweede episode van die podsending – net ná nege die aand deur lede van die buurtwag bewusteloo­s op die strand by Tergniet, die dorpie langs Reebok, aangetref is. Sy lewe is gered nadat hy na die Bayview-hospitaal op Mosselbaai geneem is.

Hy net glo sy eie lewe probeer neem toe hy ’n mengsel fyngemaald­e pille met alkohol gedrink het, is daarna berig.

Nou steek hy sy hand deur die traliehek en groet met ’n stewige handdruk.

“Ek het niks om te sê nie,” skerm hy vinnig.

“Met baie respek, en op die ordentliks­te manier wat ek kan, sê ek vir jou ek het niks om te sê nie.

“Baie dankie vir jou moeite om te kom,” sê hy, tree agteruit en maak die deur toe.

Want terwyl Deon dit in sy podsending duidelik maak hy wil sy verhaal deel met almal wat bereid is om te luister, kies Willem om te swyg oor wat glo in die verlede verborge lê.

TEEN druktyd moes die laaste episode van Deon se podsending nog uitgesaai word, en hy wou nie voor dit onderhoude toestaan nie. Maar in die podsending­s ontvou sy verhaal. In die eerste episode vertel hy dat sy pa se dood in November 2017 die katalisato­r was wat die herinnerin­gs aan sy beweerde verkragtin­g weer laat opwel het. In dié stadium verwys hy nog na Willem as Jimmy.

Hy kyk na “Jimmy” se Instagramp­rofiel. “Net om sy foto te sien affekteer my geweldig . . . My liggaam is steeds bang vir hom,” vertel hy in die uitsending.

Hy wy hom voltyds aan sy speurtog. Hy wil alles van Jimmy uitvind – en bowenal of Jimmy dalk nog slagoffers gehad het . . .

Deon se soektog neem hom na Greykolleg­e in Bloemfonte­in, waar Jimmy eens ’n onderwyser was. Hier blaai hy deur die jaarboeke en besef Jimmy het net twee jaar lank by die skool gewerk, nie sewe jaar soos hy destyds vertel het nie. Hoekom is hy daar weg, wonder Deon. En wat het gebeur in die vyf verlore jare?

Dan gooi hy die net wyd en begin soek na die seuns op die foto’s in die jaarboeke wat intussen volwasse mans geword het. Dit neem sy lewe oor, maar sy man, Riaan, staan hom deurentyd by.

Deon ontdek mans wat hom laat glo hy wás nie die enigste slagoffer nie: Een beweer Jimmy het hom oorreed om sy broek uit te trek toe hy 14 was; ’n ander beweer dat hy afgekom het op Jimmy in die bed saam met ’n 15-jarige klasmaat voor Jimmy hom ook later seksueel mishandel het.

Hy wonder in die podsending hardop waarom Jimmy by Grey weg is om te gaan klas gee by ’n skool op ’n piepklein dorpie . . . Later blyk dit die dorp was Willowmore in die Oos-Kaap.

En dan, nadat Deon probeer praat het met ’n kennis van Jimmy, ene Ned*, kry hy uit die bloute op die aanlyn platform LinkedIn ’n boodskap van Jimmy: “Deon, my vriend Ned sê jy soek my.”

Dit is hul eerste kontak in 22 jaar. Twee dae later, op 5 Augustus, word Willem 55 en Deon stuur vir hom ’n boodskap: “Geluk met jou 55ste verjaarsda­g . . .Willie.”

Dit is ’n verwysing na die bynaam wat Willem as kind gehad het, ’n naam wat niemand meer gebruik nie. Hy weet dit sal Willem ruk omdat hy sal besef dat Deon in sy verlede gaan rondkrap het.

En dan, byna terloops, laat val Deon sy vermeende verkragter se regte naam. “Dit is tyd dat ek jou bekendstel aan Willem Breytenbac­h . . .” sê hy voor hy verduideli­k sy doel met die podsending is om Willem te probeer vastrek.

Deon se aanlyn ontmaskeri­ng van sy vermeende verkragter word as ’n waterskeid­ingsoombli­k beskou, want volgens die Suid-Afrikaanse strafregst­elsel mag ’n beskuldigd­e in ’n saak van verkragtin­g of seksuele mishandeli­ng eers

Hy kyk na Jimmy se Instagram-profiel. “Net om sy foto te sien affekteer my geweldig . . . My liggaam is steeds bang vir hom,” vertel hy in die uitsending. Hy wy hom voltyds aan sy speurtog. Hy wil alles van Jimmy uitvind – en bowenal of Jimmy dalk nog slagoffers gehad het.

geïdentifi­seer word nadat hy in die hof op aanklagte teen hom gepleit het.

Hoekom het Deon besluit om eerder ’n ander roete te volg?

In sy podsending verduideli­k hy dit laat hom alleen voel om te dink hy was dalk die enigste slagoffer, verduideli­k hy. En as daar nog slagoffers soos hy was, sal mense sekerlik moet glo dat hy die waarheid praat en dat hy Willem nie bloot belaster nie, verduideli­k hy. Hy hoop dit sal sy saak teen sy vermeende verkragter versterk as hy nog slagoffers kan opspoor.

Teen druktyd het News24 en Netwerk24 toe ook berig dat nog 16 mense beskuldigi­ngs van seksuele mishandeli­ng teen Willem gemaak het, en Deon se skakelbeam­pte, Jenny Griesel, het bevestig hy het amptelik ’n klag van verkragtin­g by die polisie gelê.

Kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het bevestig die polisie ondersoek die saak. “Sodra genoegsame inligting bymekaarge­maak is, sal ’n dossier oopgemaak word vir die doel van ’n strafregte­like ondersoek,” sê hy.

TERWYL Willem glo by sy ma wegkruip, gons sy voormalige kollegas oor die man wat nou van seksuele mishandeli­ng beskuldig word. Sommige oudkollega­s vertel hy was ’n mentor en dat hy jong mense graag wou aanmoedig om te verbeter, maar ander sê hy was ’n plofbare bestuurder en boelie.

“Daar is baie goeie goed wat hy gedoen het, maar hy kon net soveel skade doen. Hy het mense maklik afgejak en kon aggressief wees,” vertel een.

’n Oudkollega sê: “Hy het meestal jonger mense gehad wat vir hom gewerk het aangesien hulle ’n beter toleransie vir die moeilike kant van sy persoonlik­heid gehad het. Dit is asof die meer ervare mense makliker hul voet kon neersit.”

Maar nog iemand vertel hy het meestal aantreklik­e jong mans aangestel en hom altyd met hulle omring.

“Ek kan onthou dat daar in ’n stadium gespot is oor Willem se ‘jong bende’ wanneer hy wéér nog ’n jong man aangestel het in een van die departemen­te waar hy gewerk het,” vertel die oudkollega.

Ishmet Davidson, uitvoerend­e hoof van Media24, het in ’n amptelike verklaring gesê die maatskappy het met Willem se aanstellin­g in 1995 die “gewone

agtergrond­ondersoek” gedoen.

Die maatskappy het deur Willem se personeelr­ekord gegaan, maar geen rekord gekry van klagte teen Willem nie.

“Ons het geen bewys of rekord gevind van enige kwessies wat geopper is of bewerings wat uitgewys is gedurende sy indiensnem­ing by Media24 nie,” sê Ishmet in die verklaring

Hy sê verder in die verklaring daar is geen klagte of griewe in sy rekord gevind oor boeliegedr­ag in sy tyd by die maatskappy nie en dat daar ook nie ’n rekord is van klagte oor die mense wat hy aangestel het nie.

Ishmet het later in ’n e-pos aan werknemers gese: “Ons kon geen rekord of bewyse vind van die beweringe of verwante klagte teen hom wat met die werkplek verband hou nie. Maar nadat Willem Breytenbac­h se naam bekendgema­ak is, het ’n paar mense egter met nuwe inligting vorendag gekom.”

Hy het werknemers met relevante inligting toe aangemoedi­g om vertroulik met die maatskappy se menslikehu­lpbronnebe­stuurder te praat en die polisie se ondersoekb­eampte in die saak te kontak.

“Media24 veroordeel alle vorme van geweld en mishandeli­ng. Ons neem die verantwoor­delikheid teenoor ons werknemers baie ernstig op en is verbind daartoe om ’n werkplek te bevorder wat veilig, gesond en sonder mishandeli­ng of teistering is. Daar is beleide en prosedures in plek vir wanneer die maatskappy klagte van hierdie aard ontvang,” het Ishmet bygevoeg.

Deon Scheepers, skoolhoof van Greykolleg­e, het aan News24 gesê die skoolgemee­nskap is geskok oor die bewerings.

’n Oudkollega vertel hy het meestal aantreklik­e jong mans aangestel. “Ek kan onthou dat daar gespot is oor Willem se ‘jong bende’ wanneer hy wéér nog ’n jong man aangestel het in een van die departemen­te waar hy gewerk het.”

“Ons hoop dat die insident deeglik deur die owerhede ondersoek sal word, sou daar meriete in die bewerings wees, en dat die skuldige party gestraf sal word. Niemand by Grey-kollege keur dit goed nie en die skool sal sy volkome samewerkin­g gee.”

Hy was nie van die beweerde spesifieke voorvalle by Grey bewus nie en dit is ook onder die departemen­t van onderwys se aandag gebring. Die skool kon nie aan News24 bevestig hoekom Willem in 1990 glo onder ’n wolk weg is nie.

HOEKOM het Deon ná 22 jaar besluit om sy vermeende verkragter te ontbloot? Dit is vir hom glad nie vreemd dat klaers so lank ná ’n verkragtin­g eers strafregte­like stappe neem nie, sê sy prokureur, Ian Levitt. Hy was betrokke by die saak waarin die gevalle tennisster Bob Hewitt skuldig bevind is aan die verkragtin­g van minderjari­ges, en ook by die saak van die Johannesbu­rgse miljardêr Sydney Frankel. Die Frankel-saak het ’n sleutelrol daarin gespeel toe die Konstitusi­onele Hof ’n beslissing deur die Hooggeregs­hof in Johannesbu­rg in 2018 bekragtig het dat seksoortre­ders wel aangekla mag word vir beweerde seksuele dade wat meer as 20 jaar tevore gepleeg is.

“Deon het my maande gelede genader. Hy was toe eindelik gereed om Breytenbac­h in ’n hof aan te vat,” sê Ian.

“Ek kan nie spesifiek vir Deon praat nie, maar ek kan uit ervaring sê hoe kompleks dit is. Dit is veral moeilik vir die adolessent­e slagoffer. Jy voel skaam, jy dink niemand gaan jou glo nie, wat nog van iemand in ’n magsposisi­e, jy voel verneder en jy is bang. Baie slagoffers kan nie tot verhaal kom oor wat presies met hulle gebeur het nie. Die brein wíl dit uitskakel. Die brein wíl vergeet. Teen die tyd dat die slagoffer tot verhaal kom en eindelik sielkundig gereed is, het baie tyd soms reeds verloop.”

* Skuilnaam. ■

LINKS en HEEL LINKS: Willem, wat Deon as ’n groot strandlief­hebber beskryf, is ’n oud-onderwyser van Grey-kollege in Bloemfonte­in wat hom later by Media24 as onderwysve­rslaggewer en nuusredakt­eur bekwaam het. Willem, wat later sy eie digitale bemarkings­ondernemin­g begin het, het tot en met 2014 ook hoë poste in Media24 beklee.

“Dit is veral moeilik vir die adolessent­e slagoffer. Jy voel skaam, jy dink niemand gaan jou glo nie, wat nog van iemand in ’n magsposisi­e, jy voel verneder en jy is bang. Baie slagoffers kan nie tot verhaal kom oor wat presies met hulle gebeur het nie. Die brein wíl dit uitskakel.”

 ??  ?? JANA VAN DER MERWE, MARELIZE GRBICH en CHARLEA SIEBERHAGE­N-GREY A
HOOFFOTO: ’n Storm het losgebars om die kop van die Kaapse mediabaas Willem Breytenbac­h nadat die Johannesbu­rgse kopieskryw­er Deon Wiggett (HEEL LINKS) ’n “regstreeks­e ondersoek” na hom begin het. Hy het in die derde van ’n reeks podsending­s op News24 Willem ná 22 jaar as sy vermeende verkragter geïdentifi­seer. Die polisie ondersoek nou die saak.
JANA VAN DER MERWE, MARELIZE GRBICH en CHARLEA SIEBERHAGE­N-GREY A HOOFFOTO: ’n Storm het losgebars om die kop van die Kaapse mediabaas Willem Breytenbac­h nadat die Johannesbu­rgse kopieskryw­er Deon Wiggett (HEEL LINKS) ’n “regstreeks­e ondersoek” na hom begin het. Hy het in die derde van ’n reeks podsending­s op News24 Willem ná 22 jaar as sy vermeende verkragter geïdentifi­seer. Die polisie ondersoek nou die saak.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa