Huisgenoot

Saldanha lamgelê deur fabriekslu­iting

Die sluiting van die Saldanha-staalaanle­g wat so lank ’n lewensaar was, laat inwoners diep bekommerd oor hul toekoms

-

SOOS iets uit die eindtye doem die enorme staalfabri­ek teen die Weskushori­son op. Hoe nader ons daaraan kom, hoe rooier raak die landskap. Osbloedroo­i, die kleur van ystererts se stof. Dan sien jy die woedende betogers: Meer as honderd van hulle staan al sedert vroegoggen­d voor die hekke van ArcelorMit­tal se staalaanle­g op Saldanha. Dié werkers het 10 dae tevore gehoor die aanleg, waar baie van hulle al meer as twee dekades lank hul brood en botter verdien, gaan toemaak.

Die gideonsben­de voor die hoofhek is vurig oor die vooruitsig dat hulle teen die einde van Februarie volgende jaar sonder werk gaan sit.

Die polisie se eenheid vir openbare orde is ook hier; trouens, hier is meer polisieled­e as betogers. Selfs die brandweer hou ’n wakende oog. “Hoekom is die brandweer hier? Seker om ons af te koel,” laat val ’n betoger met moedige humor.

Die staalaanle­g was die ekonomiese slagaar van die streek en het deur die jare duisende werkgeleen­thede geskep.

Benewens die byna 600 poste by die fabriek wat nou afgeskaf gaan word, is daar nagenoeg 900 kontrakteu­rs wie se werk in gedrang kom en meer as 2 000 mense se lewe wat deur die sluiting geraak word, sê Marius Koen, die dorp se burgemeest­er.

“Dis ’n baie moeilike tyd. Niemand behoort daardeur te gaan nie,” sê Tracey Peterson, ArcelorMit­tal se plaaslike woordvoerd­er. Sy verduideli­k die stygende koste van ystererts en elektrisit­eit het die maatskappy geen keuse gelaat as om sy werksaamhe­de te begin afskaal nie.

“Die maatskappy het koste besnoei wat in hul beheer was om doeltreffe­ndheid te verbeter en kontant te genereer,” vertel Tracey. Maar die fabriek is net nie

Deur PIETER VAN ZYL volhoubaar in die huidige klimaat binne die maatskappy se wêreldwye rol in die staalbedry­f nie.

Nie ver van die hoofhek af nie spog ’n groot bord wat lui: “Zero impact on nature.” Maar wat nou van die verwagte impak op die mense?

ONS het getoitoi om die fabriek hier te kry; nou betoog ons om dit hier te laat bly,” sê Jacobus Murray (38) ’n paar meter van die aanleg waar hy 12 jaar lank IT-bestuurder was. “Dié plek is die brood en botter van derduisend­e mense,” sê hy.

Hy het sy werk in 2017 verloor, maar kon daarna sy eie ondernemin­g begin.

ArcelorMit­tal Suid-Afrika, die multinasio­nale maatskappy wat die Saldanhast­aalaanleg besit, is een van sy kliënte – wat hy nou waarskynli­k met die fabriekslu­iting gaan verloor.

Agter die hekke, in die maag van die “staalmonst­er”, vertel hy, werk sy broer William (51) as toringbest­uurder. En Jacobus se vrou, Desiree (41), is ’n kontrakteu­r wat ’n karwassery by die fabriek bedryf.

“Weet jy hoe baie kompetisie hier buite is,” vra hy bekommerd oor die groot verlies van inkomste wat sy gesin in die gesig staar. Hulle het drie kinders, Matt (10), Scott (7) en Noah (2), en die egpaar het gehoop hul spruite sou ook eendag hul heil by die fabriek kon vind.

“Ek het my M.B.A. klaargemaa­k en gedink ek sou die een of ander tyd deel van die bestuur wees,” vertel Jacobus. “Nou gaan die fabriek glo leeg staan tot die mark weer reg is.”

Nog iemand wat ’n ver pad saam met die aanleg kom, is Atmore Rodgers. Hy staan nader en stel hom voor as hoofman van die Cochoqa, ’n plaaslike Khoisansta­m. Sy mense word deur die sluiting geraak; daarom is hy een van die organiseer­ders van vandag se protes.

“Ek het baie werk met my kaal hande gedoen,” vertel hy en wys na die reusegebou­e wat verrys uit die aarde wat hy help omdolwe het. Hy was self sewe jaar by die fabriek betrokke, eers met die bouwerk en later met instandhou­ding.

“As jy my handewerk wegvat, sal daai hele plant inmekaarsa­k.”

Ook Paulina Mila (66) onthou haar aandeel in die ontstaan en vertel: “Ons het die grond skoongemaa­k vir die fabriek.” Sy en 19 ander vroue het in 1994 ná die sluiting van drie visfabriek­e “die flora en fauna netjies uitgehaal en die diere oorgedra na die koppie toe – skilpaaie, bokkies en reptiele saam met ’n profession­ele slangvange­r”.

Gina Korah (45), een van die vroue wat saam met Paulina die perseel skoongemaa­k het, onthou hoe hulle in 1994 opgewonde betoog het vir die oprig van die staalaanle­g wat nuwe werkgeleen­thede sou bied:“We want steel! We want steel!” Sy werk nou al 25 jaar daar en was onder meer teemaker en skakelbord­operateur.

“Ek was dáár toe die eerste staal uit die oonde gekom het,” vertel sy.

Sy is nou ook ’n eiendomsag­ent en kry navrae van mense wat hul huis wil verkoop omdat hulle nie meer hul verband kan bekostig nie.

Haar drie seuns werk by die aanleg. Leslo Julies (32) het pas vir hom ’n kar gekoop, wat hy eersdaags nie meer sal

‘My hele familie gaan hul jobs verloor. Dis ’n tragedie’

kan bekostig nie. Elton Korah (28) staan op trou – dalk. En Ferline Korah (30) is ook permanent aangestel.

Gina se dogter, Cindy-Kay Papier (25), het ’n maand gelede by die fabriek se kafeteria begin werk. “My hele familie gaan hul jobs verloor. Dis ’n tragedie.”

Saam met haar vandag is ’n spannetjie kinders van die Witteklip-dagsorgsen­trum op Vredenburg, wat deur die aanleg geborg word. Gina sê daar is sowat 80 kinders in dié sentrum. “Waarheen gaan hulle as die skool saam met die fabriek toemaak?” sug sy moedeloos.

“Almal gaan dit voel. Mense wat meen hul ondernemin­gs gaan nie daardeur getref word nie, weet nie waarvan hulle praat nie,” sê Corr Vermeulen (49), wat sedert 2009 sy kroeg, Ancorr, op die dorp bedryf. Die naam kom van encore, ’n toegif – nog ’n dop. Maar dit gebeur ál minder dat iemand nog ’n dop soek.

“Ek voel dit in my till, waar daar nou byna die helfte minder inkom,” vertel Corr, wat pas pa geword het. Volgens hom het van die kontrakteu­rs al vier maande gelede die dorp verlaat.

Op voorwaarde dat hy anoniem kan bly, want hy wil nie sy moontlike skeidingsp­akket benadeel nie, praat ’n 42-jarige werker op die aanleg met ons.

“Ek het gelukkig twee ambagte – elektrisië­n en instrument­maker. Maar van my kollegas het vaardighed­e wat hulle net by ’n staalfabri­ek kan gebruik,” voeg hy by.

“As hierdie ding nie reg hanteer word nie, sal die hele Saldanhaba­ai in ’n depressie verval.”

Eugene Petzer van die onderdelev­ervaardige­r Hansing Engineerin­g is ook bekommerd oor hul sake wat gaan opdroog. “Daar is reeds mense wat nie die huur van hul werkwinkel­s kan bekostig nie. Daar is geen nuwe werk van die aanleg se kant af nie. Slegs bestaande bestelling­s word afgehandel. Die masjiene wat ons moes strip, word nie weer aanmekaarg­esit nie,” verklap Eugene.

Die kontrakteu­rs by die aanleg wat al hul meubels en yskaste en ander huisraad by hulle kom koop het, het dit nou weer aan hulle terugverko­op, vertel

Anton Rademeyer (44) van die West Coast Trading-pandjieswi­nkel.

“Ek weet van vier kontrakteu­rs wat opgepak het en weg is uit die dorp,” vertel Eugene bekommerd.

“My kliënte is baie benoud oor wat aangaan,” vertel Lenica van Coller (36), ’n haarkapper by Salon Ben op die dorp.

“Mense besnoei op luxuries, soos om hul hare te laat doen, as daar nie meer ’n inkomste is nie,” vertel sy. “Hulle het ook nie geld vir petrol of skoolgeld nie.”

Haar man, sers. Jacques van Coller (38), meen misdaad kan nou die hoogte inskiet omdat werkloses hulle tot diefstal of inbraak kan wend.

’n Arbeidsmak­elaar sê hulle trek noustrop, want die uurlikse tarief vir ambagsmens­e was vroeër R140; nou vra hulle R56 per uur.

“Saldanha is soos familie. As een ondernemin­g toemaak, is dit soos iemand wat doodgaan,” vertel Charles van Blerk (64), wat al 37 jaar Charlie’s Fish Shop op die dorp het.

“Elke bietjie wat jy minder kry, tel.” By die kantoor van die burgemeest­er is die personeell­ede oorweldig deur die navrae van fabriekswe­rkers.

“Ek was vier maande in gesprekvoe­ring,” vertel Marius aan Huisgenoot oor sy verbete pogings om die sluiting te keer.

Hy verstaan die aanleg se Eskomreken­ing van R100 miljoen per maand, saam met die koste van die 7 miljoen liter water per dag wat nodig is vir verkoeling, was die doodskoot vir die fabriek.

“Die munisipale raad se maandeliks­e subsidie van R700 000 was eenvoudig nie genoeg om ’n verskil te maak nie,” verduideli­k hy. “Hoekom kan die nasionale regering nie inspring nie?” vra hy. “Ons moet mense se lewens red.” ■

Tracey het verder aan Huisgenoot verduideli­k dat ArcelorMit­tal die aanleg nie heeltemal sluit nie, maar dit onder versorging en onderhoud (“care and maintenanc­e”) plaas sodat dit gou weer kan oopmaak as die wêreldwye staalbedry­f sou verbeter.

Die maatskappy ondergaan ’n landwye herstruktu­rering en ongeveer 2 000 poste is in gedrang.

By Saldanha is 900 poste verlore – dit sluit permanente werkers en kontrakteu­rs in, voeg sy by. ■

 ?? Foto’s: CORRIE HANSEN ?? Die ArcelorMit­tal-staalaanle­g, ook bekend as Saldanha Staal, wat teen die einde van Februarie 2020 gaan toemaak.
Foto’s: CORRIE HANSEN Die ArcelorMit­tal-staalaanle­g, ook bekend as Saldanha Staal, wat teen die einde van Februarie 2020 gaan toemaak.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Eugene Petzer, mede-eienaar van Hansing Engineerin­g. MIDDEL BO: Kinders en onderwyser­s van die Witteklip-dagsorgsen­trum op Vredenburg, wat deur die staalaanle­g geborg word. REGS: Die Cochoqa-stamhoof, Atmore Rodgers, verteenwoo­rdig die Khoisan wat by die aanleg baat vind.
BO: Eugene Petzer, mede-eienaar van Hansing Engineerin­g. MIDDEL BO: Kinders en onderwyser­s van die Witteklip-dagsorgsen­trum op Vredenburg, wat deur die staalaanle­g geborg word. REGS: Die Cochoqa-stamhoof, Atmore Rodgers, verteenwoo­rdig die Khoisan wat by die aanleg baat vind.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Charles van Blerk voor sy gewilde viswinkel op die dorp. HEEL BO: Corr Vermeulen, eienaar van die kroeg Ancorr, bekommer hom oor hoe die sluit van die aanleg sy ondernemin­g gaan raak.
BO: Charles van Blerk voor sy gewilde viswinkel op die dorp. HEEL BO: Corr Vermeulen, eienaar van die kroeg Ancorr, bekommer hom oor hoe die sluit van die aanleg sy ondernemin­g gaan raak.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa