Huisgenoot

Geniespogm­etgraadop9­jaar

Op nege word hy binnekort die jongste mens ooit om ’n universite­itsgraad te kry

- Saamgestel deur KIM ABRAHAMS

ENIGEEN wat al die verhoog op hul gradeplegt­igheid betree het, sal jou vertel dis ’n trotse oomblik – die hoogtepunt van jare se harde werk. Behalwe as jou naam Laurent Simons is. Hy het net nege maande nodig gehad om iets reg te kry wat die deursneest­udent drie jaar neem om te bereik, en wat sy prestasie nog merkwaardi­ger maak, is dat hy net nege jaar oud is.

Laurent word as ’n kindergeni­e bestempel en word met groot geeste soos Albert Einstein en Stephen Hawking vergelyk. Hy praat vier tale vlot en het ’n intelligen­siekwosiën­t (IK) van 145, terwyl die meeste mense s’n tussen 70 en 130 is.

En nou is dié slimkop goed op pad om die wêreldreko­rd te verbeter vir die jongste persoon om by ’n universite­it graad te vang. Laurent, wat in België gebore is, ontvang waarskynli­k in Desember sy graad in elektriese ingenieurs­wese aan die Tegniese Universite­it van Eindhoven in Nederland. In sy pad is net sy finale projek – oor ’n breingekop­pelde elektriese skyfie.

Die huidige rekordhoue­r is Michael Kearney van Hawaii, wat net 10 jaar oud was toe hy in 1994 sy B.A.-graad in antropolog­ie aan die Universite­it van Alabama behaal het. Michael (nou 35) het glo op vier maande sy eerste woorde gesê en op ses maande aan sy pediater gesê: “Ek het ’n linkeroori­nfeksie.”

Hy het eindelik sy eerste meestersgr­aad in chemie aan die Staatsuniv­ersiteit van Middle Tennessee behaal en vier jaar later nog ’n meesters agter sy naam gehad, dié keer in rekenaarwe­tenskap aan die Vanderbilt-universite­it. Op 22 het hy sy doktorsgra­ad in chemie behaal.

Dit lyk of Laurent dieselfde onverklaar­bare gawe vir studeer en presteer het. Sy ouers, Alexander (37) en Lydia (29), skryf dit toe aan ’n fotografie­se geheue, en

Lydia skerts sy “het baie vis tydens die swangerska­p geëet”.

Sjoerd Hulshof, direkteur van die voorgraads­e program vir elektriese ingenieurs­wese aan die Eindhoven-universite­it, beskryf Laurent as “uitsonderl­ik”.

Hy sê Laurent se IK stem ooreen met sy emosionele intelligen­sie.

“Hy is nie net hiperintel­ligent nie; hy is ook ’n uiters simpatieke seun,” het hy aan die nuuskanaal CNN gesê.

DIT was Laurent se grootouers wat die eerste keer iets unieks omtrent hul kleinseun opgemerk het. Hulle het vir Lydia, ’n kantoorbes­tuurder, en Alexander, ’n tandarts, gesê hul seun is begaafd, maar sy ouers het gedink hulle oordryf. Eers toe sy laerskool bevestig Laurent se ontwikkeli­ng is vinniger as dié van sy klasmaats, het hulle begin kennis neem.

Die onderwyser­s het ’n toets saamgestel om die omvang van Laurent se talente te bepaal. “Hulle het vir ons gesê hy is soos ’n spons,” sê Alexander.

Laurent het op vier met laerskool begin en op agt sy hoërskool-studie voltooi – nadat hy ’n vyf jaar lange hoërskoolp­rogram in net 18 maande voltooi het.

Daarna is hy universite­it toe. Prof. Peter Baltus, een van Laurent se dosente, beskou hom as drie keer so slim as die intelligen­tste student wat hy al in sy loopbaan ontmoet het.

Dis nie verbasend dat Laurent, wat veral versot is op wiskunde en wetenskap, die aandag van vername tersiêre instelling­s in Engeland soos die Oxford- en Cambridge-universite­it getrek het nie.

Maar hy het sy visier op Amerika gestel – en om ander redes as die akademie.

“Ek wil graag Kalifornië toe gaan. Die weer is lekker daar,” het die seun aan die koerant The Daily Telegraph gesê.

Hy droom daarvan om eendag kunsmatige organe te ontwikkel en ’n omwentelin­g in hartoperas­ies te maak omdat sy grootouers hartsiekte­s het.

“Laurent beoog om ’n doktorsgra­ad in lewensverl­enging te behaal deur navorsing oor kunsmatige organe en robotika te doen,” sê Alexander.

Hy is dalk ’n genie, maar sy ouers is vasbeslote om vir hom normale kinderjare te gee. Wanneer hy nie studeer nie, geniet hy die videospele­tjies Fortnite en Minecraft, kyk Netflix of bring tyd deur saam met sy hond, Sammy.

“Ons wil nie hê hy moet te ernstig raak nie,” sê Alexander. “Ons moet ’n balans tussen sy kindwees en sy talente kry.” ■

 ??  ?? HOOFFOTO: Die genie Laurent Simons by ma Lydia en pa Alexander. LINKS: Dié negejarige is goed op pad om die jongste gegradueer­de ooit te word.
HOOFFOTO: Die genie Laurent Simons by ma Lydia en pa Alexander. LINKS: Dié negejarige is goed op pad om die jongste gegradueer­de ooit te word.
 ??  ??
 ??  ?? Michael Kearney was 10 toe hy graad vang; dis tans die wêreldreko­rd.
Michael Kearney was 10 toe hy graad vang; dis tans die wêreldreko­rd.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa