Huisgenoot

Sohetprins­Andrewgeva­l

Ná ’n rampspoedi­ge TV-onderhoud het die koningin Andrew van sy koninklike pligte onthef – en nou is hy ’n verstotene

- Saamgestel deur JANE VORSTER BRONNE: THESUN.CO.UK, TELEGRAPH.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK

DIS veilig om te sê 2019 was nie een van koningin Elizabeth se gunsteling­jare nie . . . Die vorige aanspraakm­aker vir ’n aaklige jaar in die Britse monarg se lewe was 1992 – toe het sy in ’n toespraak gesê dit was haar “annus horribilis”. Die huwelike van drie van haar kinders het in 1992 verbrokkel – prins Charles s’n met Diana, prins Andrew s’n met Sarah Ferguson en prinses Anne s’n met kapt. Mark Phillips. ’n Boek deur Andrew Morton, Diana: Her True Story, het skokkende besonderhe­de oor Charles se affair met Camilla Parker-Bowles ontbloot. En toe duik foto’s op waarop Fergie bostukloos sonbaai terwyl die miljoenêr John Bryan haar tone suig.

Maar 2019 kan dit dalk net regkry om 1992 te onttroon. Die koningin se tweede “annus horibilis” het begin toe haar man, prins Philip, in Januarie teen ’n motor bots met twee vroue en ’n baba in, en daarvandaa­n het dinge net vererger.

’n Skeuring tussen haar kleinseuns prins William en prins Harry, die eindelose omstredenh­eid oor die hertog en hertogin van Sussex, Brittanje wat weens die vooruitsig van Brexit tot op die rand van ’n grondwetli­ke ineenstort­ing gedruk is – die lys hou net aan.

Maar dié kopsere lyk klein vergeleke met die yslike migraine wat haar gunsteling­seun haar besorg het.

Dit kon nie vir die koningin maklik gewees het om haar geliefde Andrew (59) na Buckingham­paleis te ontbied en hom in te lig hy word van al sy koninklike pligte onthef nie.

Maar sy het nie eintlik ’n keuse gehad nie: Andrew se onlangse televisieo­nderhoud oor sy verbinteni­s met die veroordeel­de seksmisdad­iger Jeffrey Epstein was ’n ramp, en dit het die koninklike familie soveel oneer aangedoen dat hy die trekpas moes kry.

Die onderhoud met die BBC se hardekoeja­wel joernalis Emily Maitlis was deurspek met flou en ongeloofwa­ardige verskoning­s en het die familie tot in sy fondament geskud.

“Dis moeilik om aan enigiets skandalige­rs in die geskiedeni­s van die koninklike familie te dink,” skryf die kommentato­r A.N. Wilson in Daily Mail.

Die enigste ding wat naby kom, sê die sosiale historikus prof. Judith Rowbotham, is die skandaal van 1936 toe koning Edward VIII geabdikeer het om met Wallis Simpson, ’n geskeide Amerikaner, te trou.

En nou gaan Andrew nes sy grootoom uitvind hoe dit voel om verstoot te word.

Die prins het in ’n verklaring gesê hy onttrek “vir die afsienbare toekoms” van koninklike pligte, maar mense in die binnekring sê daar sal geen terugkomka­ns wees nie.

“Dis onwaarskyn­lik dat hy ooit weer koninklike pligte sal verrig,” sê ’n bron in die paleis. “Hy het in onguns verval.”

SO VAL DIE HELDE

In die 1980’s het Andrew na ’n heldeontva­ngs teruggekee­r nadat hy ’n heli

kopter gevlieg het om sy land die Falklandoo­rlog teen Argentinië te help wen. Maar sedert sy uittrede uit die vloot in 2001 het hy van die een krisis na die volgende gesteier.

As ’n Britse spesiale handelsges­ant het hy hegte bande met twyfelagti­ge oligarge van Kazachstan en Saif Ghaddafi, seun van die Libiese diktator Moeammar Ghaddafi, gesmee.

’n Paar jaar gelede het dit aan die lig gekom hy het miljoene se kommissie verdien deur sakemanne winsgewend­e ooreenkoms­te te help beklink met behulp van sy kontakte.

Maar dit was sy vriendskap met Epstein (66) wat werklik die wenkbroue laat lig het. Andrew ontken hy het geslaap by enige van die vroue wat die Amerikaans­e sakeman in sy sekshandel­sindikaat gehad het en wou dít in die onderhoud sê – pleks daarvan het hy ’n wêreldwye bespotting en ’n verleenthe­id vir sy familie geword.

Andrew het glo agterna vir sy ma gesê die onderhoud het “taamlik goed verloop” – en toe bars ’n storm los.

MUISHONDPR­INS

Binne dae het baie van die 230 liefdadigh­eidsorgani­sasies waarvan hy ’n beskermhee­r was hul vennootska­p met hom beëindig. ’n Rits ondernemin­gs wat sy liefdadigh­eidspoging­s geborg het, het bande met hom verbreek en studente aan die Huddersfie­ld-universite­it, waar hy kanselier was, het geëis dat hy verwyder word. Hy het uit sy pos bedank.

Intussen het Andrew uit alle oorde onder skoot gekom.

Jacqui Smith, ’n voormalige Arbeiders-kabinetsli­d, het vertel hoe Andrew tydens ’n 2007-staatsbank­et vir die Saoedi-Arabiese koninklike gesin rassisties­e grappe oor Arabiere gemaak het.

Ná verskeie ontmoeting­s met Andrew, sê Jacqui, het sy tot die gevolgtrek­king gekom hy “is nie baie slim nie”.

“Ek dink nie hy verstaan regtig hoe jy jou moet gedra nie, en in sommige opsigte is dit nie verbasend nie, want jy is taamlik geïsoleer in die koninklike familie,” het sy aan Daily Mail gesê. “Maar ek dink hy is aan die slegste punt van die koninklike familie.”

Dan Wootton, uitvoerend­e redakteur van The Sun, stem saam.

“Daar is ’n rede waarom Andrew die publiek se mins geliefde senior koninklike is,” skryf hy. “Hy is ’n verwaande verneuker wat die monargie veel meer kwaad as goed aangedoen het.”

’N KONINKLIKE HERRIE

Hoewel Andrew aan die BBC-kameraspan gesê het die koningin het die onderhoud vooraf goedgekeur, blyk dit hy het miskien oordryf.

Volgens paleisbron­ne was sy “bewus” van die onderhoud, maar sy het nie geweet dit sou geheel en al op die Epsteinska­ndaal fokus nie.

“Sy het die nadraai gesien en was baie ongelukkig,” sê ’n assistent. “Sy het die monargie haar lewe lank beskerm, en binne net een week het haar seun se optrede gedreig om dit uitmekaar te skeur.”

Prins Charles was woedend. Ná die onderhoud het hy en die koningin gereeld gekommunik­eer, en prins William is ook geraadplee­g oor wat gedoen moet word.

Charles (71) was nog altyd ten gunste van ’n meer vaartbelyn­de monargie, en blykbaar was dit hý wat besluit het Andrew moet sy tassies pak.

WAT’S VOLGENDE VIR ANDREW?

Andrew se lewe gaan soos handomkeer verander. “Daar sal geen betrokkenh­eid by enige liefdadigh­eidsorgani­sasies wees nie. Geen openbare aktiwiteit­e hoegenaamd nie,” het ’n paleisbeam­pte gesê.

Dit beteken hy sal nie meer sy jaarlikse salaris van nagenoeg R4,7 miljoen kry nie, hoewel hy steeds ’n toelae van die koningin sal ontvang.

Hy en sy familie sal ongetwyfel­d ’n stemmiger leefstyl moet begin volg. Prinses

Beatrice is glo bekommerd oor die impak daarvan op haar eersdaagse troue met die Italiaanse eiendomsma­gnaat Edoardo Mapelli Mozzi.

Hoewel sy glo ’n meer beskeie troue as dié van haar suster, Eugenie, s’n verlede jaar wil hê, is dit nou haar enigste opsie.

Aangesien haar pa nou nie meer ’n werkende koninklike is nie, hoef belastingb­etalers nie vir die troue op te dok nie – anders as die R38 miljoen wat hulle vir sekuriteit by Eugenie se troue betaal het.

Andrew is steeds ’n lid van die koninklike familie, maar hy sal grootliks op die agtergrond verdwyn. Dieselfde geld vir sy dogters, vir wie hy lank geveg het vir meer vername posisies in die rangorde.

“Andrew sal steeds by groot geleenthed­e op die balkon verskyn,” het ’n paleisbron bevestig. Maar dis omtrent al.

Die Epstein-drama sal waarskynli­k vir die afsienbare toekoms al sy aandag vereis. Hoewel Andrew volhou hy het nooit iets onwelvoegl­iks sien gebeur nie, wil die Amerikaans­e speurdiens met hom praat. Die prins het aangedui hy sal sy samewerkin­g in enige ondersoek gee.

Hy weet wel hy kan op sy eksvrou se steun staatmaak. Fergie is die dag ná sy bedanking gewaar toe sy by Buckingham­paleis aankom om saam met hom na ’n vergaderin­g te gaan.

Sy het Andrew op Twitter geloof as ’n “ware en opregte heer” en verskeie foto’s van hom in uniform gedeel.

“Ek is trots op hierdie beginselva­ste man wat stewig staan met sy sin vir eerbaarhei­d en waarheid,” het sy geskryf. “Hy het soveel jare lank sy pligte vir Brittanje en die monargie uitgevoer.”

Dis net jammer hy het in dieselfde tyd ook ’n paar ongure vriende gemaak. ■

 ??  ?? HOOFFOTO: Koningin Elizabeth moes noodgedwon­ge haar seun prins Andrew van sy koninklike pligte onthef. REGS: In die 1980’s was die prins ’n oorlogshel­d.
HOOFFOTO: Koningin Elizabeth moes noodgedwon­ge haar seun prins Andrew van sy koninklike pligte onthef. REGS: In die 1980’s was die prins ’n oorlogshel­d.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die koningin in 1976 saam met haar drie seuns, (van links) Charles, Edward en Andrew. REGS: Saam met sy eksvrou, Sarah Ferguson.
BO: Die koningin in 1976 saam met haar drie seuns, (van links) Charles, Edward en Andrew. REGS: Saam met sy eksvrou, Sarah Ferguson.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa