Huisgenoot

Mej SA mik na Heelal-kroon

Mej. SA, Zozi Tunzi, wil op die Mej. Heelal-verhoog stereotipe­s oor skoonheid afbreek

- Deur GABISILE NGCOBO Foto’s: LUBABALO LESOLLE

WANNEER sy ons land vandeesmaa­nd in die Mej. Heelalkomp­etisie verteenwoo­rdig, sal dit met die gerusstell­ende wete wees dat haar pa daar in Atlanta, Georgia, in die gehoor is om haar aan te moedig.

“Ek moet erken ek is ’n pappa-sedogter,” sê Zozibini Tunzi, ons huidige Mej. Suid-Afrika, kort voor haar vertrek na Amerika aan Huisgenoot.

Vir Zozi, soos sy genoem word, is haar pa, Lungisa, haar steunpilaa­r sedert sy as ’n skaam sesjarige die eerste keer aan ’n skoonheids­kompetisie deelgeneem het. Deur die jare was hy ook vir haar ’n toegewyde chauffeur, haar grootste ondersteun­er en haar rots.

“Ek is altyd daar vir haar,” beaam Lungisa (55) en straal van trots op sy langbeendo­gter se prestasie hier waar ons in Zozi (26) se stylvolle woonstel in Sandton met hulle gesels.

Hy sal nooit die aand in Augustus vergeet toe sy dogter se naam as die wenner van die Mej. Suid Afrika-kompetisie uitgeroep is nie. “Ek het dit opgeneem en kyk dikwels daarna om myself te herinner aan hoe ongeloofli­k dit was.”

Nou hoop Lungisa, wat vir die departemen­t van hoër onderwys en opleiding in Pretoria werk, Zozibini se naam sal weer op 8 Desember uitgeroep word – dié keer as die nuwe Mej. Heelal.

Ook haar ma, Philiswa (50), ’n skoolhoof van Idutywa in die Oos-Kaap, sal daar wees om die oomblik saam met hulle te beleef. En selfs al wen Zozi nie, is die prestasie om Suid-Afrika daar op ’n wêreldverh­oog te verteenwoo­rdig genoeg om haar pa se hart van liefde en vreugde te laat oorloop.

NMENS kan jou kwalik indink die glansryke skoonheid wat met soveel grasie en sjarme hier sit, was as klein meisie pynlik skaam. Om haar selfvertro­ue ’n hupstoot te gee, het haar ouers haar oorreed om vir haar eerste skoonheids­kompetisie in te skryf toe sy ses was.

“Jy kan niks in die wêreld word as jy nie selfvertro­ue het nie,” sê Lungisa.

Zozi het gou haar voete in die mededingen­de wêreld van skoonheids­kompetisie­s gevind; sy het haar eerste titel gewen en nooit ophou deelneem nie.

Tog was sy ’n eenkantkin­d in haar jeugjare op die dorpie Tsolo in die Oos-Kaap en het sy nie maklik maats gemaak nie. Haar susters, Yanga (30), Sibabalwe (24) en Ayakha (13), was “my alles”, vertel sy.

Zozi het nie aan sport deelgeneem nie en was op haar gelukkigst­e met haar neus in ’n boek. Haar pa onthou sy het dit geniet “om mooi te lyk”. Haar ma het soms haar eie rokke ontwerp en ’n kleremaker moes dit dan vir haar maak.

Haar ouers is in 2011 geskei, maar die gesin het steeds geheg aan mekaar gebly.

Ná skool het sy in die skakelwese aan die Kaapse Skiereilan­d Universite­it van Tegnologie (KSUT) studeer. Sy het steeds aan skoonheids­kompetisie­s deelgeneem en is as Mej. KSUT en Mej. Mamelodi Sundowns gekroon. Toe begin sy daarvan droom om Mej. Suid-Afrika te word.

Haar kroning in Augustus was vir haar verstommen­d. “Die een oomblik was ek ’n skakelwese-intern; die volgende oomblik Mej. Suid-Afrika. Dit was ’n 360°-ommekeer,” vertel sy blinkoog.

Zozi was vroeër vanjaar ’n paar maande lank ’n intern by die bemarkings­firma Ogilvy, waar sy met van digitale bemarking tot kommunikas­ie gewerk het. Pleks van ’n nege-tot-vyf-werk begin haar dag nou soms al drieuur soggens wanneer sy haar vir promosies of sosialemed­ia-fotosessie­s voorberei. Dan volg borgskapwe­rk, verskyning­s by geleenthed­e, onderhoude en ’n gimsessie. Sy het ook die #HeForShe-veldtog bekendgest­el, haar maatskapli­ke projek om mans en vroue te laat saamspan om ’n gendergely­ke wêreld te skep.

Wat was tot dusver vir haar die hoogtepunt­e as Mej. Suid-Afrika? Daar was talle, maar as sy een moet uitsonder, was dit toe sy tydens die New Yorkse Modeweek op die loopplank verskyn het.

Haar kortgeknip­te hare is haar kenmerk. Lungisa erken hy was skepties toe Zozi besluit het om haar pruik vir ’n natuurlike voorkoms te verruil. Daarmee wil sy stereotipe­s oor skoonheid afbreek. “Die samelewing is baie lank gekondisio­neer om skoonheid te beskou as iets wat verwesters is,” verduideli­k sy.

Zozi glo haar voorkoms is ’n ware verteenwoo­rdiging van die SuidAfrika­anse vrou; daarom het sy dit nie persoonlik opgeneem toe daar ná haar aanwysing as Mej. Suid-Afrika in die sosiale media met haar gespot is nie.

“Dit het my net ’n bietjie op ’n negatiewe manier geraak,” erken sy, “maar ek het teruggebon­s.”

Sy het meer positiewe as negatiewe terugvoer gekry, voeg sy by. “Ek het nooit besef hoe oorweldige­nd dit kan wees as mense wat jou nie eens ken nie jou liefhet.”

Haar Afrosentri­ese voorkoms wil sy nou vir die wêreld gaan wys. Sowat ’n miljard kykers sal na verwagting op die Mej. Heelalkomp­etisie inskakel, en Zozi staan reeds uit:

Sy is al deelnemer wat op haar profielfot­o op die kompetisie se webtuiste ’n kopdoek dra – ’n smaraggroe­n een nogal. Dié “gewaagde” stap is goed ontvang. “Die doek,” sê sy en gebruik die Afrikaanse woord, “is die storie van baie Suid-Afrikaanse vroue. Dis vir ons mooi; waarom dit nie aan die heelal bekendstel nie?” Begin die senuwees knaag noudat die groot dag nader kom? “Glad nie,” antwoord sy kalm. “Ek is baie opgewonde.” Sy is druk besig met voorbereid­ings soos om na vorige Mej. Heelal-kompetisie­s te kyk. Sy neem ook les oor hoe om op die loopplank te loop en onderhoude te hanteer. Drie keer per week gaan sy gim toe – iets waaraan sy moes gewoond raak, want sy is nie ’n oefenslaaf nie. “Dit is soos om na die Wêreldbeke­r van skoonheids­kompetisie­s te gaan,” sê Zozi laggend. Sy leer ook hoe om haar eie stilis te wees, want sy sal self moet sorg dat sy in Atlanta op haar beste lyk in die aanloop tot die finale beoordelin­g. “Die enigste keer dat jou hare en grimering vir jou gedoen word, is op die dag van die kompetisie,” vertel sy.

Sy sien daarna uit om ná die Mej. Heelal-kompetisie Kersfees saam met haar gesin tuis deur te bring. Haar vol program bring mee dat sy haar geliefdes nie so gereeld sal sien soos sy graag wil nie. “Sy behoort nie meer aan ons nie,” sê haar pa met ’n tikkie hartseer in sy stem. Lungisa sal nog minder van sy dogter sien as sy wen, want dan sal sy vir haar jaar as Mej. Heelal New York toe trek. “Ek wil hê wat ek ook al doen, moet doelgerig wees,” sê die skoonheid. “Ek wil nie elke dag wakker word en voel of ek my tyd mors nie.” Voormalige Mejj. SuidAfrika soos Peggy-Sue Khumalo, Basetsana Kumalo en Amy Kleinhans is ’n bron van inspirasie.

“Ek het nie vir Mej. Suid-Afrika ingeskryf omdat ek gedink het ek is die mooiste vrou in SuidAfrika nie,” sê Zozi. “Ek het ingeskryf, want dit is een van die min platforms wat vroue die kans gee om te lei, en ek weet ek het ’n sterk stem en boodskap om uit te dra.” ■

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Zozi Tunzi en haar pa, Lungisa. BO: Nadat sy in Augustus die Mej. SA-kompetisie gewen het. REGS BO: Saam met haar ouers, Philiswa en Lungisa.
HOOFFOTO: Zozi Tunzi en haar pa, Lungisa. BO: Nadat sy in Augustus die Mej. SA-kompetisie gewen het. REGS BO: Saam met haar ouers, Philiswa en Lungisa.
 ??  ?? Die nasionale kostuum wat Zozi eersdaags vir die Mej. Heelal-kompetisie gaan dra.
Die nasionale kostuum wat Zozi eersdaags vir die Mej. Heelal-kompetisie gaan dra.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa