Huisgenoot

MAN KAN NIE BESLUIT NÁ HUL AFFAIR

-

Ek was al ’n paar jaar getroud en ons het kinders gehad toe ek iemand anders ontmoet het. Ons het ’n affair gehad en ek het van my man geskei. Die ander man het ná ’n ruk sy vrou gelos en by my en die kinders ingetrek, maar daarna by ’n familielid gaan bly. Hy was meer as 20 jaar getroud en het nie kinders nie. Hy sê hy weet nie meer wat hy met sy lewe wil maak nie. Tog vertel hy my hoe lief hy nog vir my is. Ek dink ons kan gelukkig saam wees, maar sy besluitelo­osheid maak dit moeilik. K op G

Die werklikhei­d van die gebeure met sy egskeiding het moontlik nou eers tot hom deurgedrin­g. Om meer as twee dekades getroud te wees laat lewenslank ’n merk op jou. Tensy hy sy emosies – onder meer met ’n berader se hulp – kan verwerk, gaan hy nog lank besluitelo­os bly.

As jy nog altyd die leiding in die verhouding geneem het, is dit nou tyd om terug te tree en niks van hom te verwag nie. Stille steun kan wys jy gee om, maar vir eers moet jy hom toelaat om teen sy eie pas vorentoe te beweeg. Net hy kan die antwoorde op sy vrae vind.

As hy wil, kan julle mekaar gereeld sien, maar nie by jou tuiste nie, want dan kan jy weer verwagting­s by jou kinders skep. Hernu intussen ou vriendskap sbande – nie om hom jaloers te probeer maak nie, maar om aan jouself te bewys die lewe gaan voort ten spyte van teleurstel­lings. Ook jy kort ’n blaaskans om jou gevoelens te verwerk. Gebruik die tyd om nader aan jou kinders te kom en vir goeie selfsorg.

Jou grootste vrees kan dalk wees dat hy na sy eks wil teruggaan. Moenie dié vrees of enige ander desperate gedagtes met hom deel nie; gesels eerder met ’n vriendin daaroor.

As hy na jou en jou gesin wil terugkom, moet dit op jul voorwaarde­s wees. Een daarvan is dat hy ’n verbinteni­s moet maak om dié keer regtig te probeer voor hy weer na ’n familielid verkas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa