Huisgenoot

HY KIES PORNO BO HAAR

-

Ons is al ’n paar jaar getroud en my man kyk elke dag na pornografi­e, maar maak nie met my liefde nie. Wanneer ons daaroor praat, vertel hy my dis oor hy siek is. Hy is oorgewig. Hy het ook baie sulke pornografi­ese blaaie op sy foon. Ek weet nie of hy die vroue ken nie. Ek wonder of ek die skuld moet kry. A op D

Pornografi­e vernietig ’n huwelik wanneer ’n verhouding­smaat dié kykstof bo sy bedmaat in die werklike lewe verkies. Die gevoel van verwerping is nog erger as hy daarmee sou voortgaan, al word hy voor ’n ultimatum soos ’n egskeiding gestel.

Daar kan talle redes hiervoor wees. Seks is moeite vir lui mense sonder energie. Daarteenoo­r is pornografi­e onmiddelli­k beskikbaar, gerieflik en anoniem. Jy hoef niemand te ondersteun of emosionele bande met hulle te smee nie. Dit is kitskos vir die lyf.

Jy is nie die oorsaak van die probleem nie. Soos sake nou in jou huwelik staan, is daar min hoop dat jou emosionele en seksuele behoeftes vervul sal word, en nog minder jou begeerte dat jou huweliksma­at jou hartstogte­lik moet begeer. Dit is soos om met ’n muur te praat.

Berading kan ’n verskil maak en julle die moontlikhe­de help ondersoek wat vir julle as ’n paartjie – nie as individue nie – kan werk. Hy weet reeds wat vir hom werk en dit sluit jou uit. Die liefdespel is ’n ervaring vir twee. ’n Besoek aan ’n huisdokter kan help om hom op ’n gesonde manier te laat gewig afskud en ook as hy moontlik aan erektiele disfunksie ly.

’n Openhartig­e gesprek tussen julle kan dit vir jou makliker maak om besluite oor die toekoms te neem, veral as jy indringend­e vrae sou stel soos of hy jou nog begeer.

As jy dit alles probeer het en niks werk nie, los hom. Aanvaar dan dat hy kies om nie te verander of sy huwelik te red nie. Seks is nie alles in ’n verhouding nie, maar min verhouding­s kan werklik daarsonder vervullend wees. Gun jouself nog ’n kans tussen die lakens met ’n liefdevoll­e huweliksma­at wat elke keer wanneer hy die slaapkamer­deur toemaak ’n keuse vir jul verhouding maak.

‘Stille steun wys jy gee om, maar laat hom teen sy eie pas vorentoe beweeg’

– ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa